Vrou vas oor verkragting

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou van Limpopo is in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn man verkrag het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die 46-jarige vrou van Bolobedu het glo Dinsdag die 26-jarige man verkrag. Volgens hom het die vrou glo die man gevra om vir haar ʼn paar takies rondom die huis te verrig. “Sy het hom in die huis ingelok, die deur gesluit, sy klere uitgetrek en hom glo die hele aand lank verkrag.”

Ngoepe het gesê die man se geslagsdeel was die volgende dag erg geswel en hy is na ʼn hospitaal geneem. Die polisie is ontbied en die vrou is in hegtenis geneem.

Die vrou sal binnekort in die Bolobedu-landdroshof verskyn. Ngoepe het gesê die man en vrou se geestestoestande sal ook tydens die ondersoek bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eish! ·

En nou gaan almal lag! Hoe kan ‘n man verkrag word? Jammer ekt baie lank terug in ‘n destydse gevangenis gewerk en baie van dit gehoor. Selfs sulke verslae gelees.

MartinLJ ·

Mense wat dink dit kan net met vrouens gebeur, is baie verkeerd. Hoop die antie sit vir lank.

Adele ·

Regtig. Ek besef seun/man kan ook verkrag word. Ek dink regtig nie hy het dit teen gestaan nie. Die tannie was seker bietjie rof die dat boeta se oepsa bietjie seer was. Nee wat glo dit nie vir een oomblik nie. Jammer!!!!

Deon ·

Confusious se: “woman with skirt up, can ran faster than man with pants down”.. Wou hy hardloop?

Superman ·

Heng! Sou graag wou verneem hoe sy dit reggekry het om die oom heelnag lank regop te hou. Mens kan dalk tips vang!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.