Vrou vas oor ‘wonderbaba’ in afvoerpyp

Sibanisethu word in die hospitaal behandel. Foto: ANA

ʼn 27-jarige vrou is Maandag in hegtenis geneem nadat reddingspanne verlede week ure lank moes spook om ʼn pasgebore babadogtertjie uit ʼn stormwaterafvoerpyp in Newlands-Oos in Durban te red.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is Maandag by ʼn plaaslike hospitaal in hegtenis geneem. Sy staan tereg op aanklag van poging tot moord.

“Die vrou is tans onder polisiebewaking en sal binnekort in die hof verskyn,” sê Mbele.

Maroela Media het vroeër berig die babadogtertjie, wat ná die beproewing die “wonderwerk-baba” genoem is, het ure lank in die koue, vuil stormwaterpyp oorleef terwyl reddingswerkers gespartel het om by haar uit te kom. Haar naelstring was ten tyde van die reddingsoperasie nog nie verwyder nie en sy kon nie ouer as drie dae wees nie.

Reddingswerkers grawe ʼn sloot om by die stormwaterdreinpyp uit te kom om die baba te red. Foto: Rescue Care Paramedics

Nadat sy uiteindelik uit die pyp gered is, is sy na die Inkosi Albert Luthuli Central-hospitaal gehaas waar dokters gevind het sy het slegs ʼn paar skraap- en vuil merke ter bewys van haar noue ontkoming. Dokters het gesê dit is ʼn wonderwerk dat sy die beproewing oorleef het.

Die kleinding is sedertdien Sibanisethu gedoop, ʼn isiZoeloe naam wat beteken “ligstraal”.

Sy is sedertdien na ʼn ander hospitaal oorgeplaas en is nou in die sorg van maatskaplike dienste. Die provinsiale departement van gesondheid sê dat Sibanisethu goed aansterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nadeahna ·

Doen met haar wat sy met daai klein lewe gedoen het. Geen mens het die reg om lewe in eie hande te neem nie. Maak nie saak wat nie.

Speedguard ·

Armoede , mishandeling en swaarkry, Mans en Vrouens wat mekaar herhaaldelik aanrand, verkragting , baie mense sit sonder kos en verblyf, wat sy gedoen het is totaal onmenslik maar deperate mense vang enige iets aan !

pb ·

Wat n wonderlike verhaal vir daardie klein mensie…soos n brandende stomp is sy uit die vuur geruk. God leef!! Sy sal ewig dankbaar wees vir n tweede kans op lewe. ?

Derick ·

Hoe sleg moet n mens wees om jou baba op so n manier weg te gooi?
Hoe laag kan n mens daal?

Abel ·

Ai weet jy en as mens dink hoeveel vrouens daar is wat alles sou gee om ñ kindjie van haar eie te hê….. die ma kon mos die ou lyfie eerder opgegee het vir aanneming as om haar te probeer dood maak!!! Wat gaan aan met ons mensdom? Dit maak mens briesend kwaad en aan die ander kant so hartseer dat die ou duiwel so met die mense besig is!!!

nannie ·

My dogter se baba is verlede September dood gebore en sy moes agterna n histerektomie gekry het. Sy huil nog elke dag om n baba van haar eie te he. Hoe kan n ma so iets doen? Hoeveel vrouens is daar wat smag na n baba? Gee liewers die baba vir iemand wat bid vir n kindjie.

Gesiggie ·

Watse Ma kan so iets doen aan haar baba? sy verdien nie om Ma geboem te word… die Here het die klein baba gespaar en ek hoop dat sy van nou af die beste ouers sal kry, wat vir haar soveel liefde gee en dat haar Ma nooit weer naby haar sal kom. Geen kind verdien seer.

CAROL ·

Skip sommer die hof storie – sluit haar toe en gooi sleutel weg!!!

Lindtjies ·

As julle nie babatjies wil hê nie, voorbehoeding is volop. Daar sal dan nie babas in asblikke of vullishope opeindig nie. Wees voorbereid, ek staan eendag in die apteek toe ‘n knaap die “morning after” pil kom koop asof dit lekkergoed is. As beide die nodige voorsiening maak dan is sulke goed nie nodig nie.

Joe ·

Plaas bietjie n foto van die monster, dat die wereld kan sien hoe lyk n verskoning van n mens.

Rozel ·

Waarom word albei ouers nie gestraf? Die man is net so verantwoordelik soos die vrou. Dalk as hulle albei straf sal dit ander twee keer laat dink, en voorbehoed gebruik. Wat die ma gedoen het is so verkeerd en nes Abel se daar is soveel mense wat enige iets sou gee om so n kosbare geskenk te kan he. Maar ek dink dat altwee gestraf moet word.

Essie ·

Ek kom van n skaapwêreld af en geen ooi sal sy lam hoe moeilik dit ook al sy,haar lam verlaat nie hoeveel te meer is ons as mens wat jou kleindtjie nt weggooi.

Riena ·

Ek kom ook van `n skaapplaas af en hanslammertjies is `n bekende begrip by my. Mamma ooi wat haar kleintjie sommer net weggooi as dit swaar gaan,…..droogte byvoorbeeld.
Ek wonder hoekom almal so kwaai teen die ma uitvaar…. sy kry swaar, sien geen uitkoms nie, niemand is daar om haar te ondersteun nie. Maar die duisende aborsies wat gedoen word en selfs voorbehoeding binne gesonde huwelike word nie aangespreek nie. Ons is besig om onsself uit te wis gewoon deur kinderbeperking. Die probleem is veel groter as net een ma wat `n lewendige baba weggegooi het.

Marieta ·

Gee haar vir my. Ek sal haar vat en grootmaak soos my eie. Want as jy nie kan he nie is so n storie altyd n pyn in d hart agv sulke mense wat konder so verniel.
Enige stappe wat gevolg moet word?

E.K. die eerste ·

@Riena, daar is vele oplossings. Daar iis hope plekke wat, sou jy nie jou baba wou hê jy die kleinding in tipe “posbus” om dit so te noem, te sit by die skuiling en dit word pal gemonitor en sou die kleinding dadelik ingeneem en versorg word – “no questions asked”. Hoevele kere lees mens nie van babas wat so weggesmyt word asof dit net ‘n ou stuk lap is, baie van hulle sterf so. Ek sal jou sê wat in bae gevalle gebeur – die ma kry baba en geboortesertifikaat en gaan eis welsynstoelaag. Sy wil nie regtig die kind hê nie, net die geld. Nie in alle gevalle nie, maar in baie hoor. As daar nie so plek naby jou is en jy gee enigsins om en weet nie watter kand toe, maak arme kindjie minstens toe, gaan los by polisiestasie of hospitaalingnag of êrens ordentlik waar hy/sy dadelik hulp sal kry. Andersins gaan na maatskaplike werkers of kerk toe as jy nie weet waarheen nie. Daar is ALTYD ander oplossings, maar nee dit kleinding word weggesmyt. Skandalig. Soos iemand anders opgemerk het voorbehoeding is oral by klinieke ens gratis beskikbaar. Geen verskoning vir ongewenste swangerskappe nie. Sulke vrouens moet gesteriliseer word sodat dit nooit weer kan gebeur nie. Hoe gaan daardie kindjie eendag voel om te hoor haar ma het haar net weggesmyt.

JohanL ·

MM het ‘n kort rukkie gelede ‘n storie gepublisser oor ‘n man wat sy ouers dagvaar oor hy gebore is (in Indie as ek reg onthou). Vele mense myself inklus wou lag en het gedink dit is dalk 1 April. Maar die boodskap wat die man wou uitdra, sluit presies aan by hierdie storie. Volstaan daarmee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.