Vrou vas op Kaapstad Lughawe

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 36-jarige vrou is by die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat daar glo kokaïen in haar besit gevind is.

Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is in hegtenis geneem kort nadat sy van Johannesburg in Kaapstad aangekom het. Die polisie het glo kokaïen ter waarde van R300 000 in die vrou se bagasie gevind.

Die vrou sal na verwagting binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.