Vrou vas vir aanranding van verstandelik gestremde seun

Argieffoto

ʼn Vrou van Bothaville in die Vrystaat gaan na verwagting Vrydag om borgtogaansoek doen nadat sy in hegtenis geneem weens die beweerde aanranding van ʼn negejarige verstandelik gestremde seun.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê die seun se ma het haar seun op 3 April om 13:00 in sy 11-jarige sussie se sorg gelaat terwyl sy na die dorp se sakesentrum is.

“Die twee kinders het saam met ʼn groep ander kinders gespeel toe die seun op ʼn manier weggeglip het,” het Thakeng gesê.

“Die seun het toegang tot die bure se huis verkry en glase gebreek wat op ʼn kas gestaan het, waarna die buurvrou hom na bewering aangerand het.”

Volgens Thakeng het die seun ʼn groot sny by sy regteroog en snymerke aan sy voorkop opgedoen.

“ʼn Ander kind het aan die seun se suster gesê haar boetie word aangerand. Die kinders is na die bure se huis om ondersoek in te stel, waarna die sussie glo met ʼn plat hand in haar gesig geslaan is. Die kinders is opdrag gegee om die perseel te verlaat. Die seun was egter bewusteloos.”

Die ma het intussen teruggekeer van die dorp en is van die voorval ingelig toe sy uit die taxi klim. Sy het haar seun gaan haal en hom na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die ma het ʼn saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer teen die buurvrou aanhangig gemaak. Die buurvrou, Zondiwe Lydia Phophoi (50), is ná verdere ondersoek op 13 April in hegtenis geneem. Sy het reeds in die Bothaville-landdroshof verskyn, waarna die saak tot Vrydag uitgestel is vir haar formele borgtogaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

snoefie ·

hulle het min simpatie of geduld met verstandelik gestremdes. hulle behandel sulke mense en kinders soos ons nie eers met diere sal maak nie. die buuevrou met !os geweet die seun is verstandelik gestrem!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.