Vrou vas wat glo as seksslaaf aangehou is

paspoort amerika‘n Onwettige immigrant is in hegtenis geneem, maar sy beweer dat ʼn man, wat sy oor die internet ontmoet het, het haar sewe jaar gelede gelok om na Suid-Afrika te kom, berig die Laevelder.

Die polisie in Springs het die vrou vroeër vandeesweek in hegtenis geneem, het die koerant Vrydag berig. “Sy het geen dokumentasie nie, so sy is ʼn onwettige immigrant,” het kapt. Mothutsane, woordvoerder van die polisie, gesê.

ʼn Verbyganger het glo Woensdag gesien hoe die vrou aggressief en hardhandig deur ʼn onbekende man hanteer word. “Ek kon uit sy lyftaal sien dat hy haar dreig, so ek het om die blok gery,” het die verbyganger, wat net as Leon bekend staan, gesê. “Toe ek weer daar verby kom en aftrek, het die man weggehardloop en ek het haar gevra of alles reg is.”

Die vrou het aan Leon gesê sy is ʼn 26-jarige Amerikaner genaamd Anna Kreller.

Kreller beweer sy het sewe jaar gelede ʼn man van Kaapstad oor die internet ontmoet wat haar toe na Suid-Afrika gelok het met beloftes dat hy met haar wil trou, volgens die berig. Die man het na Amerika gereis om haar te gaan haal en haar na Suid-Afrika vergesel. Sy het glo aan Leon gesê toe sy in Suid-Afrika land, het die man haar paspoort gekonfiskeer en haar aangerand.

Hy het haar toe in ʼn lewe van prostitusie gedwing. Volgens Kreller is sy aan mense oorgegee wat haar in ʼn huis in Geduld in Springs aangehou het.

Brig. Neville Malila, woordvoerder vir die polisie in Gauteng, het glo aan die koerant gesê hulle is bewus daarvan dat die vrou na die polisiestasie in Springs geneem is, maar moet nog besluit of hulle ʼn saak gaan open. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Of sy nou onwettig is of nie, daar is n saak wat ondersoek moet word, gaan lees jou Handves van Menseregte Brigadier.
Wat van die orige + – 4 miljoen onwettiges wat vryelik in ons land rondloop ? Haar “landlord” is waarskynlik een van hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.