Vrou vas wat glo baba ontvoer

(Foto verskaf deur SAPD)

ʼn 35-jarige vrou sal Donderdag in ʼn hof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag van ontvoering nadat sy glo ʼn pasgebore baba gesteel het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 18-jarige ma van Mfekayi was verlede Vrydag van Hlabisa-hospitaal na Mtubatuba op pad nadat sy geboorte geskenk het in die hospitaal. “ʼn 35-jarige vrou het agter die ma gesit en gevra of sy die een dag oue babatjie kan vashou. Die ma het ingestem, omdat dit gelyk het of die vrou simpatiek is.”

Toe hulle by Mtubatuba-taxistaanplek aankom, het die vrou die ma gevra om lugtyd by ʼn nabygeleë winkel te gaan koop en onderneem om vir haar te wag. “Toe die ma egter terugkeer, het die vrou met haar pasgebore baba verdwyn. Die saak is by Mtubatuba-polisie aangemeld.”

Die Mtubatuba-gemeenskap het Maandagaand na Makhambane gegaan nadat hulle inligting ontvang het van ʼn vrou wat ʼn pasgebore baba by haar het, wat nie aan haar behoort nie. “Die polisie is ontbied en die vrou is aan die polisie oorgegee. Sy is in hegtenis geneem. Die baba is veilig gevind. Die ma het die vrou positief uitgeken as die persoon wat saam met haar in die taxi gery het.”

Die verdagte verskyn Donderdag in die Mtubatuba-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GM ·

Nie baie slim om jou baba vir ‘n vreemdeling te gee nie…
En hoe sorg mens op 18 vir ‘n kind in vandag se tyd?
Plaas almal hulself probeer verbeter na skool (of skool ten minste klaar maak), bietjie later kinders kry, en sodoende hul kind ‘n kans gee op ‘n beter toekoms.

Cherokee ·

Hoe sorg mens op 18 vir ‘n kind in vandag se tyd?
Met ± 4000 inkomstebelastingbetalers behoort dit mos nie ‘n probleem te wees nie.
Wat vir my ‘n vraag is, is waarom hoegenaamd geeneen onder hulle, die aanwas van bevolkingsgetalle problematies vind nie. Die logika daarvan behoort in die parlement bevraagteken te word.

wielie ·

Verstaan nie, mense “gooi ” babas weg … die vrou ontvoer een. Gaan kry n weg gooi baba

Lauren ·

En dit is hoekom tieners nie behoort om op hul ouderdom al ouers te wees nie… Nog nie volwasse genoeg om te kan dink jy kan nie jou kind by ‘n vreemdeling los nie…

MS ·

@Lauren en @GM, moenie so vinnig wees om die jong moeders te oordeel nie. Ons ken nie die omstandighede nie, so bly eerder stil. Julle weet nie of dit nog ‘n slagoffer van verkragting deur ‘n pa/oom/onderwysser/wieokal was nie. Miskien word hulle deur hul ouers verkoop om kos op die tafel te sit. Dit gebeur daagliks, reg oor die wereld.

Die aborsies in die nedersetting is doodsgevaarlik, en op plekke waar dit wel in n kliniek aangebied word kos dit ‘n arm en ‘n been. Daai jong ma’s het genoeg om mee te deel as om deur VREEMDELINGE WAT NIE HUL OMSTANDIGHEDE KEN veroordeel te word.

Ek weet al te goed dat dit nie altyd die geval is nie, daar is ongelukkig talle jong tienermeisies wat losbandig en onverantwoordelik aan allerande seksuele aktiwiteite deelneem, maar daar is uitsonderinge.

MJ ·

@MS, ek stem heelhartig saam. Die oordeel kom ons nie toe nie, ons ken nie die omstandighede agter die verhaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.