Vrou vas wat glo kind in winkel gryp

‘n Skermgreep uit ‘n video van die voorval.

Die vrou wat die afgelope naweek glo sonder toestemming byna met ’n ma van Sasolburg se kleuter uit ’n winkel gestap het, is in hegtenis geneem.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die provinsiale polisie, sê die 24-jarige vrou sal na verwagting Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering.

Dít nadat sy na bewering ’n driejarige seuntjie gevat en byna met hom uit die winkel gestap het terwyl sy ma vir haar inkopies betaal het.

Maroela Media het vroeër berig die ma het die vrou gekonfronteer waarop die vrou doodluiters geantwoord het: “Ek stap uit die winkel met jou kind.” Die vrou het later begin lag en aangevoer dat sy bloot ’n grap met die ma gemaak het.

Die ma het daarna die voorval by die polisie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

JM ·

Wat de hel gaan in ons land aan? Wetteloosheid en arrogansie seëvier!

Johann ·

Gaan seker weer een of ander onderliggende koppiraas siekte onder lede hé as verskoning.

Menan ·

“Why did you take the child?” “Eish, not me, ecovid.”

Jaco ·

Hoe is sy gevang? Die sekuriteitswagte het haar dan laat gaan.

Andrew ·

Dit het met my en my vrou gebeur so 4 jaar terug in die Ellisras Mall by n eetplek. Die ou het my seun gevat en geloop, toe ek hom 5m verder vang to lag hy ook en sy hy het net met die kind gespeel. Hy is daarna vinnig weg toe ek my sen vir my vrou vat met die sekuriteit wat niks beteken het nie, nie eens om die staff se uselessness te beskryf nie. Ek was daar vir werk en het my gesin saam gevat so het nooit n saak by poliesie gaan maak nie want ek bly ver van ellisras af . Ek moes.

Anthony ·

Het jul gesien hoe sy eers met die kind voor haar geloop het en haar eie ligaam gebruik het as a “shield” om die kind vir die 1ste paar tree weg te steek. Daai was nie as n grap bedoel nie

Miskruier ·

Ek het al 20 jaar gelede nie my kinders winkels toe gevat nie en staan daarby dat mens nie jou aandag by jou kind en koop kan hou nie.

Heinrich ·

Uitstekende werk! Dis nou hier waar ons saam met jou kan begin lag.

Tanya ·

Ons suid afrikaanse tronke kan bietjie iets leer by die Thai tronke, geen luxuries nie en hulle gooi seker regtig die sleutel weg, geen genade nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.