Die vrou wat die afgelope naweek glo sonder toestemming byna met ’n ma van Sasolburg se kleuter uit ’n winkel gestap het, is in hegtenis geneem.
Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die provinsiale polisie, sê die 24-jarige vrou sal na verwagting Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering.
Dít nadat sy na bewering ’n driejarige seuntjie gevat en byna met hom uit die winkel gestap het terwyl sy ma vir haar inkopies betaal het.
Maroela Media het vroeër berig die ma het die vrou gekonfronteer waarop die vrou doodluiters geantwoord het: “Ek stap uit die winkel met jou kind.” Die vrou het later begin lag en aangevoer dat sy bloot ’n grap met die ma gemaak het.
Die ma het daarna die voorval by die polisie aangemeld.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Fantasties. Gaan giggel nou vir die landros ook…
Wat de hel gaan in ons land aan? Wetteloosheid en arrogansie seëvier!
Gaan seker weer een of ander onderliggende koppiraas siekte onder lede hé as verskoning.
Hoop hul sluit hasr toe en gooi die sleutel weg
Hoe is sy gevang? Die sekuriteitswagte het haar dan laat gaan.