Die Valke het Vrydag ʼn Oos-Kaapse vrou in hegtenis geneem nadat sy na bewering ʼn liggaam by ʼn lykshuis in Mthatha probeer opeis het om versekeringsgeld te kan eis.
Lt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, het gesê die 42-jarige vrou het glo met drie ander vroue saamgesweer om die liggaam van die oorledene van Mthatha na Bizana te verskuif en so versekeringsbedrog te pleeg.
Die vrou is by die Mthatha-afdeling vir forensiese patologie in hegtenis geneem. Haar drie medepligtiges is reeds in Januarie vasgetrek.
Intussen is nog ʼn vrou, wat na bewering die meesterbrein agter ʼn motorverkope-bedrogspul is, Woensdag in Mthatha in hegtenis geneem. Volgens Feni het die vrou glo ʼn slenter bedryf waardeur motorkopers deposito’s in ʼn rekening inbetaal vir motors wat hulle nooit ontvang nie.
“Die vrou is by ʼn bank vasgetrek waar sy die geld wou onttrek wat deur ʼn man van Durban inbetaal is vir ʼn motor wat op die internet geadverteer is,” het Feni gesê. “Die vrou se kêrel was glo die middelman in die onderhandeling, maar hy is steeds op vrye voet.”
Op skrif moet seker wees “Vrou vas wat glo lyk wou steel”
Dagsê Net ek
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.
Groetnis
Mariné
nms Maroela Media
Op skrif moet seker wees ‘opskrif’.
Is die op skrif nie verkeerd nie “Vrou vas wat glo lyk wou steel”
Is die ‘op skrif’ nie verkeerd nie? Bedoel jy nie dalk ‘opskrif’ nie. En julle kritiseer Maroela!
Op skrif….?? Het sy die lyk gewas??
Haha Rassie – ek het ook opgelet! Moet natuurlik lees “Vrou VAS…” en nie Vrou WAS..”!
Dagsê Rassie
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.
Groete
Mariné
nms Maroela Media
Sy moet maar mooi was. Seker haar laaste goeie was. Sy gaan sekerlik nie lekker was in die tronk nie.
Was seker maar net n spjel fout. Of n tik vout. Dalk eers tik en dan die fvout. :-)