Vrou vas wat glo omkoopgeld aanvaar vir bestuurslisensies

Argieffoto: www.services.gov.za

Argieffoto: www.services.gov.za

ʼn Beampte by ʼn bestuurstoetssentrum in Kaapstad is in hegtenis geneem nadat sy glo omkoopgeld aanvaar het om bestuurslisensies aan aansoekers uit te reik.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die stad se spesiale ondersoekeenheid (SOE) het ʼn wenk ontvang dat ʼn bestuurslisensie-aansoeker aangesê is dat hy R3 500 kon betaal om sy bestuurslisensie te kry indien hy die toets dop. “Die SOE het die saak ondersoek en die informant en verskeie ander betrokke partye ondervra,” het Smith gesê.

“Die eenheid het in samewerking met die Valke die beampte en ʼn bestuursinstrukteur Dinsdag in hegtenis geneem.”

Volgens Smith het die 27-jarige aansoeker Dinsdag by die Ottery-bestuurslisensietoetssentrum opgedaag waar sy bestuursinstrukteur vir hom gesê het hy het nie die nodige bestuursvaardighede om die toets te slaag nie. Hy het hom aangeraai om eerder die beampte om te koop. Nadat die transaksie afgehandel is, is ʼn lisensie aan die aansoeker uitgereik.

Oomblikke daarna het die Valke en die SOE ʼn klopjag op die beampte se kantoor gedoen waar hulle beslag gelê het op kontant en lisensiedokumente. Die dokumente is as bewysstukke by die Lansdowne-polisiestasie ingedien.

“Hierdie is ʼn ernstige oortreding omdat dit uiteindelik beteken dat onbevoegde bestuurders op ons paaie beland en hul eie en ander se lewe in gevaar stel. Ons sal dit nie toelaat nie,” het Smith gesê. Die twee beskuldigdes sal Donderdag in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog.

In ʼn soortgelyke voorval is vier lisensiebeamptes in Augustus in hegtenis geneem vir die onwettige uitreiking van voertuiglisensies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Harry ·

Christelle, gewwonlik is dit verkeersbeamptes wat die toetse moet uitvoer, so ek sal reken jy kan die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat kontak. Ek glo hulle sal kan help of na die regte mense verwys on te help. Moet net asb nie betaal nie, dan word jy deel van die korupsie problem in ons land.
Mooi so aan die aansoeker wat besluit het om te praat, en nie geswig het om te betaal nie.

Worsman ·

En dis nou nuwe nuus. Ga hier sukkel ek al vier jaar om wettig te kan bestuur. Elke keer wanneer ek in die kar klim, bid ek : Here aseblief maaak my invisible vir die traffic cops. Glo my ek sal nie daai Omkoop geld (tstotstjo ) betaal nie. Elke keer as ek by Florida se testing station kom laat weet hulle jou, jy kom nie sonder n driving school daar nie en wanneer jy met die drving school praat se daai ou jou al vroeg tydig as jy will n driving licence he moet jy vir hom R3500.00 gee wat die beampte later by die hek sal kry die sekuriteits wag hou dit vir hom. Hulle moet bietjie hier in Joburg all die boewe kom vasvat. Dis vir my erg want ek ry perfect maar wat wanneer iemand in my vas ry ek kan tronk toe net omdat ek nie n licence het nie. En raai wat ek ry met my kinders in die kar. Maar n bribe sal ek nie betaal nie. Here help ons land.

Piet Pompies ·

Ons kinders het so jaar na jaar uitmekaar hulle leerling en bestuurlisensensies gekry deur ‘n betroubare bestuurskool wat hulle die regte opleiding gegee het. Dit het ons omtrent so R1500 per kind gekos het, vandag is hulle met trots wettige bestuurders op die paaie. Vir die toekomstige bestuurders, daar is heelwat wolhaarstories oor toets sentrums, gaan na ‘n klein dorpie naby julle groot stad, hierdie mense help jou met graagte want hulle het die kapitaal nodig. Sterkte….

Penny ·

As hul mens nie keer op keer fail dan sal minder mense dit begin koop geld maak storie die hele ding die dat meeste mense sonder lisensie ry deesdae

Eish! ·

Ennnnnn vandag word my posts nie geplaas nie. Praat seker te die waarheid.

Bets Bothma ·

Moenie dink dat dit net in nuwe SA plaasvind nie, dit kom al uit die ou SA! Ek het na matriek, many moons ago, by provinsiale inspekteurs gewerk, ridders vd koeltebome, en ons moes n sekere mun se lisensies hertoets, 100e! Dalk is dit deesdae 1000e! Stelsels en stelsels moet ingestel word om sulke korrupsie te voorkom, maar nou ja, geld praat, almal is nie so pyn soos ek om altyd die regte ding te doen nie, want IEMAND hou my dop!

irene ·

Geen hul kan nie bestuur en weet wat on te doen as hul tussen groot verkeer is nie

christine ·

Weet nou nie. Maar in my dae was die ” ridders van die koelte goed. Maar waar wil die publiek hulle sien.Vir agt ure in die moordende son. Sit die perd en eet in sy kar is dit ook nie reg nie nee hy moet staan buite verkieslik in die son op n somtyds Sondagmiddag sy boring botter gesmelte toebroodjies en eet terwyl jy heerlik smul by jou huis. Sies miskien gee wat nou gebeur jou meer menslikheid. Ek weet vir n feit Bloemfontein maak n taxi vol betaal dan gesamenlik tot in Philipolis en omkoop daar. Nie toets nie wel omkoop daar. Ek was nog nooit onodig gevang nie dis voor 1994. Na dit ja omgekoop ja hoe 2 botteltjies yskoue Coke en my innige meegevoel oor die onmenslikeheid van die publiek wat verwag die arme vieslike speedcop moet in die bloedige hitte sy ou werkie verig en werk vir peanuts

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.