Vrou vas wat glo vlug van ongelukstoneel

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

KwaZulu-Natalse polisiebeamptes het ʼn 37-jarige vrou in hegtenis geneem nadat sy glo ná ʼn gru-ongeluk, waarin twee mense dood is, van die toneel gevlug het.

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie was vir byna ʼn week lank op soek na die bestuurder van die motor wat verlede Woensdag van ʼn ongelukstoneel op die M4-snelweg weggejaag het.

Volgens Gwala het die bestuurder van die bakkie omstreeks 17:50 die middag glo probleme met een van die bakkie se bande gehad en langs die pad afgetrek om die band om te ruil. ʼn Swart voertuig het van agter teen die bakkie vasgejaag, maar onmiddellik weggery van die ongelukstoneel.

“Die bestuurder van die bakkie is ernstig beseer en een van die passasiers is op die toneel dood. Die volgende dag het nog een van die passasiers aan sy beserings beswyk,” het Gwala gesê.

Die polisie het Dinsdag die bestuurder van die swart motor opgespoor en ʼn klag van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur en vlug van ʼn ongelukstoneel teen haar aanhangig gemaak. “Haar voertuig is geskut en sy sal Donderdag in die Durban-landdroshof verskyn,” het Gwala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Weereens ‘n bewys om NIE op die skouer (geelstreepbaan) van die pad te ry. Veral teen bulte en linksom draaie.
Daar word nie hier gemeld of die bakkie driehoek gevaartekens uitgesit het maar nogtans moet jy versigtig wees en voorsiening maak vir sulke gevalle ook.

janneman ·

As ju die M4 in Durban ken, sal jy weet dat die geel baan minder as helfte van n voertuig breedte is, maw dis ongelukkig een van die onveiligste plekke om n pap wiel te he…….die kans dat een of ander “blinde” in jou voertuig gaan vasry, is dus goed, al het jy noodligte aan en driehoeke uitgesit……party mense kan eenvoudig nie “sien” nie…….voel baie jammer vir die families van die oorlesenes……

M A ·

In my noodhulpklas het die paramedikus gesê dat hulle voertuie met rooi en blou ligte aan, kegels en mense met flitse by n ongeluk gehad het. Iemand het dit nog steeds reggekry om in hulle in te ploeg. Daar is net nie raad vir hierdie tipe goed nie. Om weg te ry is uiters dom en ek is heel verbaas dat hulle haar opgespoor het

Scalla ·

As jy vlug dan is jy skuldig, was seker onder die prop gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.