Vrou vas wat hondjie glo oor heining gooi

Argieffoto Foto: theanimals.pics

Argieffoto Foto: theanimals.pics

ʼn 22-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy Donderdagoggend glo ʼn babahondjie oor ʼn palissade in Daveyton aan die Oos-Rand gegooi het.

“Die vrou voer aan sy het die siek hondjie oor die 2 meter hoë heining gegooi omdat sy nie tyd gehad het om dit na die Dierebeskermingsvereniging (DBV) te neem nie,” het hoofsuperintendent Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê. “ʼn Superintendent van die berede-eenheid het die vrou gesien toe hy in Lurieweg langs die Mayfield-winkelsentrum gery het.”

Die hondjie is na die perdry-eenheid se hoofkwartier geneem en het mediese behandeling ontvang. “Sy agterpote is baie erg beseer,” het Kgasago bygevoeg.

Die vrou sal binnekort in die landdroshof in Benoni verskyn op aanklag van dieremishandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

charmaine ·

Sy sal seker net wegstap met ‘n tik oor die vingers of ‘n paar uur se gemeenskapsdiens by ‘n DBV. Die land se gebrek aan strenger wetgewing oor dieremishandeling laat mens kots!

Adrie ·

Aggenee dis regtig so wreed! My hart raak sommer seer. Party mense behoort regtig nie diere of kinders te he nie!

Ronel ·

Hoop die DBV is haar ni genadig nie. Mense wt diere mishandel kan hulle kinders ook mishandel. My 2 worsies is soos my kinders.

SNEL ·

Almal is nie diereliefhebbers nie, maar dan kry jy nie n hondjie of enige dier, as jy nie die verantwoordelikheid daarmee saam wil vat nie. Dan moet jy boet as daai diertjie nie die sorg en liefde wat hy verdien gekry het nie.

Willa ·

Ek knip my oë twee keer en lees weer, maar ek lees tog reg – ‘n vrou!! En dan is sy dalk eendag verantwoordelik vir die versorging van ‘n kind?! Dis jammer Vrou, maar aan sensitiwiteit ontbreek jou siel. Jy laat nie net jou diertjie in die steek nie, maar ook vrou-wees en daarmee ook jouself!!

Anita ·

Die vrou moet gestraf word deur by die DBV aan te meld en met beseerde diere se versorging help, onder toesig natuurlik.

veronica ·

Wens hulle wil dieselfde vonisse vir dieremishandeling as vir menslike mishandeling/moord toepas!
Sluit die onmens toe en vergeet van haar!!

pop ·

Sit n groot foto van haar in al wat koerant is< sodat ons kan sien hoe lyk boosheid uit die hel

Nandi ·

Ek raak blind van woede as ek sulke goed lees!!!! As jy nie van honde hou nie, hoekom ‘n hond aanhou? Ons land moet gaan leer by Animal Cops oorsee. Hulle duld nie sulke dieremishandeling nie. En daar betaal ‘n barbaar vir sy/haar dade. Wat put so ‘n barbaar daaruit om ‘n dier te mishandel? Ek het self gesit met ‘n probleem met ons WONDERLIKE DBV in SA. ‘n Sekere “geloof” mense het my liefling hond vir 3 jaar mishandel en toe ek die DBV bel en hulle daarvan vertel, word ek meegedeel “ons kan niks doen voor sy nie halfpad dood of dood is nie!!!!!” Hulle moet my minister van diere maak, glo vir my, daai barbare sal presies dieselfde mishandeling kry wat hulle met daai diertjie gedoen het! Ugh!!

Belinda ·

Gee haar vir my asseblief ek het ook n hoe heining wat ek haar wil oorgooi………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.