Vrou vas wat man glo laat vermoor

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

Die polisie in Phokeng naby Rustenburg het Donderdag ’n 44-jarige vrou in hegtenis geneem nadat dié glo haar man laat vermoor het. Die vermeende sluipmoordenaar is egter steeds soek.

Lt.kol. Amanda Funani sê die vrou se man was Woensdagoggend glo op pad werk toe hy omstreeks 03:45 deur ’n onbekende aanvaller doodgeskiet is.

“Huurders wat kamers op die egpaar se perseel gehuur het, het die geweerskote gehoor en sy vrou geroep nadat hulle die slagoffer in ’n plas bloed sien lê het.

“Hulle het ook die polisie en ʼn ambulans ontbied.”

Volgens Funani het die man skietwonde aan sy bolyf opgedoen en is hy op die toneel dood verklaar.

Sy sê ʼn voorlopige polisieondersoek dui daarop dat die vrou vermoedelik ʼn sluipmoordenaar gehuur het om haar man dood te maak.

Die vrou sal na verwagting Vrydag in die Bafokeng-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

“Die motief vir die moord is in dié stadium onduidelik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jack ·

As jy iemand wil laat vermoor kom na suid afrika. Die moordenaars doen dit teen geringe betaling en hulle is maklik om in die hande te kry vir die werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.