Vrou vas wat man glo wou laat vermoor

Die vrou wat in hegtenis geneem is omdat sy na bewering ʼn huurmoordenaar gekry het om haar man te vermoor buite die polisiestasie. Foto: Valke

Die vrou, wat in hegtenis geneem is omdat sy na bewering ʼn huurmoordenaar gekry het om haar man te vermoor, buite die polisiestasie. Foto: Valke

ʼn Vrou wat na bewering ʼn huurmoordenaar gekry het om haar man te vermoor, sal Maandag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê die 53-jarige vrou is Sondag deur die lede van die Valke op ʼn aanklag van sameswering tot moord in hegtenis geneem.

Volgens Sekgotodi het die vrou glo beplan om haar man te laat vermoor en ʼn polisiebeampte genader om die moord uit te voer. Die plan was na bewering dat die moord naby Malelane uitgevoer sou word wanneer die egpaar na Mosambiek teruggekeer het nadat hulle ʼn vriend in Witrivier besoek het.

“Die polisiebeampte en die verdagte het mekaar ontmoet en die verdagte het die beampte R500 vir brandstof en R20 000 as betaling vir die moord gegee. Onmiddellik nadat die betaling gedoen is, is die verdagte in hegtenis geneem,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Wonder net ·

Hoekom jou lewensmaat laat vermoor. Dink die mense nie?? Geepad net eenvoudig van hom of haar af. Dis mos nie nodig om iemand se lewe te laat neem en ander daarby te betrek nie?

Jakoba ·

Hendrik jy slaan die spyker op die kop. Wat het haar in elke geval laat dink die polis sou uitbetaal as hy gesterf het. ‘n Geregtilike doodsondersoek sou eers vereis word voordat die polis uitbetaal sou word. Sy sou haar in elke geval teen ‘n muur daar ook vasgeloop het. Geldgierigheid is die wortel to alle kwaad.

Fransie ·

Leer niemand dan ooit nie? WAT laat jou dink jy gaan daarmee wegkom? En dan nog om n polisieman te vra – Regtig!!!

Jean ·

Dis net dom. Het julle nie TV nie. Kyk tog asb Crime and Investigation, die EERSTE verdagte is altyd die persoon die naaste aan jou. EN tweedens kan jy nooit die knape vertrou wat jy inkry om die moord te pleeg nie, want enigiemand wat bereid is om ‘n huurmoord te pleeg, is nou nie van die betroubaarste siele op die aard nie. Hulle praat altyd, so asb KYK MEER werklikheidsreekse en hou op om moorde te beplan. Daar is ‘n gesegde erens van dag op MM wat sê wanneer drie ‘n moord beplan en TWEE dood is, sal die ander een stilbly. .. Waar meer as een van ‘n moord weet, GAAN dit uitkom, net ‘n kwessie van tyd.

Wyse antwoord ·

Waar en wyse antwoord Tom, so maklik om deesdae te skei, maar nee geldgierigheid!!!

Pop ·

Dis vrouens wat niks weet van die wet nie. Met n egskeiding verdeel hulle selfs polisse. Kry net n wakker prokerower. Mans bars vandag as n vrou hom om n egskeiding dagvaar. Hierdie vrouens is moedeloos en vrees swaarkry

Speedguard ·

Vrouens bars ook maar , veral as jy agterkom jy maak ‘n ander man se kind groot, so verbeur hul,hul deel van die boedel! Moontlik was dit iets soortgelyks, wie sal nou ooit geweet het as die ( Dom ) plan sou gewerk het!!

Meraai ·

Ek ken iemand wie se vrou dieselfde gedoen het. Die uiteinde is sy het sleg 2de gekom. Kinders verloor en in die trok beland daaroor. En hy het weer geluk gevind met ‘n pragtige vrou.

Grotman ·

Geld wat stom is, maak mal die wat dom is!! Hierdie tipe berig maak my nou worry. Van nou af maak ek my eie koffie en kos as my vroutjie ontsteld is. Mens weet nooit wat in daai koppie broei nie.

Hahahehehiehie tjietjie ·

Dankie vir ‘n lekker laggie. Ek sal ook maar nou kyk as hy te vriendelik of te kwaai is, maak ek my eie opstaan koffietjie!!!! Jou aangepaste gesegde pas uitstekend – stuur dit bietjie vir die Afrikaanse professor, ek dink dit kan in vandag se tyd baie handig en baie meer gebruik word. ” Geld wat stom is, maak mal die wat dom is”

Boodskapper ·

Lekker lag ek nou!
Maar nouja, satan is gewetenloos en netso sy kinders.

ken benoni ·

Grotman, jy het met jou woord keuse my laat glimlag!!!
As daar pille vir domheid was, sou dit ‘n treffer gewees het, gee vir die polisieman ‘n Bell’s!!!!

Anne coetzer ·

Ja nee . Nie alle polisiebeamptes is korrup nie ne. Het sy rerig geglo sy gaan daarmee wegkom. Ai madam en die bedrag was hopeloos te min. Is dit nou rerig die moeite werd gewees. Mnr ek is bly jy is nog lewendig en ek joop jy kry n beter lewensmaat .

Hannes marais ·

Moeg om te hoor dat vrouens mishandel word en vrouens het meer regte as n man..baie vrouens is evil…die bybel se dit ook…die bybel praat van die “jezebel spirit”

Hannes marais ·

Ek myself is ook nou besig met n groot hofsaak met n vrou wat my finansieel ingedoen het

SP ·

Dalk moet die polisie so n bietjie in haar verlede gaan rondkrap,veral as dit nie haar eerste huwelik is nie.

Christa ·

Agter elke mal vrou staan n man wat dit veroorsaak het….. hahahah meeste gevalle…..

Allan Delport ·

Julle ouens joke rond. Haar vorige man was my neef Allan Hepburn wat vermoor is, met soveel hartseer betrokke. Sy Ma en familie het nog alteid sy vrou bevraagteken. Mag die waarheid seevier.

Susara ·

Ja die duiwel kan ook net tot op n punt na sy kinders kyk.. Ek stem Allan, Mag die Waarheid seëvier!!

Tobie Hepburn ·

Hoop sy kry wat sy verdien. Sy het n seun n broer en n pa van ons wrg gevat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.