Vrou vas wat ouetehuis uit halfmiljoen rand swendel

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

’n 35-jarige vrou is vasgetrek nadat sy na bewering ’n aftreeoord uit meer as ’n halfmiljoen rand bedrieg het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die vrou is op 24 Augustus deur die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdade in hegtenis geneem.

Die verdagte het glo tussen 2007 en 2008 as ʼn administratiewe bestuurder by ʼn ouetehuis in Uniondale in die Wes-Kaap gewerk. “Daar word beweer dat sy geld verduister en finansiële rekords gemanipuleer het wat daartoe gelei het dat die ouetehuis ongeveer R587 763 verloor het,” het Ramovha gesê.

Die verdagte sal op 7 September in die George-streekhof verskyn op aanklagte wat met diefstal verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Alida ·

SKANDELIK om van die weerloses te steel. Hoop sy gaan tronk toe.

Sakkie ·

Beheerliggame/trustees moet meer in diepte state nagaan en alle stawende bewyse kontrolleer. Gebeur te maklik dat bestuursliggame verneuk word en state net afteken.

Oumie ·

Baie dinge gebeur by ouetehuise…baie. Iemand moet wakker wees daar.

SjN ·

Nou waar is hul kontrole en finansiele afdeling, daar moet ten minste maandeindes gekonsolideer word.

Tammy ·

Hoe gemeen moet jy wees om van weerloses te steel. Wie is die vrou of word sy beskerm tot na skuldigbevinding?

bee ·

Skande! maar daar word blykbaar op verskeie plekke so geld gesteel! miskien moet sommige besighede meer florensiese ondersoeke doen in hul finansiele afdelings, baie mense werk in posisies wat nie eers gekwalifiseerd is of bekwaam is nie. Die ene was wel bekwaam lyk dit my!!

Alida ·

In SA hoef jy net st 3 te he om n hele land bankrot te steel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.