Vrou vas wat ouetehuis uit halfmiljoen rand swendel

hof-hamer

Argieffoto.

’n 35-jarige vrou is vasgetrek nadat sy na bewering ’n aftree-oord uit meer as ’n halfmiljoen rand bedrieg het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die vrou is op 24 Augustus deur die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdade in hegtenis geneem.

Die verdagte het glo tussen 2007 en 2008 as ʼn administratiewe bestuurder by ʼn ouetehuis in Uniondale in die Wes-kaap gewerk. “Daar word beweer dat sy geld verduister en finansiële rekords gemanipuleer het wat daartoe gelei het dat die ouetehuis ongeveer R587 763 verloor het,” het Ramovha gesê.

Die verdagte sal op 7 September in die George-streekhof verskyn op aanklagte wat met diefstal verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.