Vrou vas wat seun (5) glo ontvoer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige vrou is in Oos-Londen in hegtenis geneem nadat sy ʼn vyfjarige seuntjie ontvoer en vyf dae lank met hom op die vlug was.

Lt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou was ʼn metgesel van die seuntjie se oom en het Maandag saam met die oom by die seuntjie se ouerhuis gaan kuier.

“Die oom het die vrou net die dag van tevore ontmoet, so niemand het haar goed geken nie,” het Mzuku gesê. “Toe die oom nie in die vertrek was nie, het die vrou die seuntjie oortuig om saam met haar te gaan sodat sy vir hom kan gaan lekkers koop. Toe die oom terugkeer, was die vrou weg met die seuntjie.”

Die ouers het ʼn saak van ontvoering aanhangig gemaak en ʼn soektog is van stapel gestuur. Die vrou is Vrydag in Orange Grove, naby die Oos-Londense lughawe, opgespoor. “Die kind was ongedeerd, maar het gesê die vrou het hom die hele tyd niks gegee om te eet nie. Hy is nou veilig terug by sy ouers,” het Mzuku gesê.

Die vrou sal Maandag in die Oos-Londen-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.