Vrou vas weens polisieman se moord

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die vrou van konst. Mbuyisela James Concoshi (34) wie se liggaam ʼn week gelede in sy motor naby Welkom in die Vrystaat aangetref is, is in verband met sy moord in hegtenis geneem.

Die Valke het in ʼn verklaring gesê die 35-jarige vrou is Sondag saam met drie ander verdagtes, onderskeidelik 19, 30 en 34 jaar oud, in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig Concoshi se liggaam is op die agtersitplek van sy motor gevind wat verlate op ʼn pad tussen Riebeeckstad en Thabong aangetref is. Merke op Concoshi se nek het aangedui dat hy verwurg is. Hy het ook wonde aan sy kop gehad.

Concoshi was lid van die Welkom-misdaadvoorkomingseenheid.

“Lede van die Valke se taakspan wat spesialiseer in polisiemoorde het hulle dadelik op hierdie saak toegespits om die misdadigers te laat boet. Hul ondersoek het tot die inhegtenisneming van die oorledene se vrou en haar drie medepligtiges gelei,” lui die verklaring.

Al vier verdagtes sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mr P ·

Lede van die valke se taakspan wat hulle toespits op polisieoorde. Wat se taakspan spits hulle toe op plaasmoorde. Vra net.

Elinette ·

Ag, dit raak nou vervelig! Enige moord wat op witmense gepleeg word is nou ‘n “plaasmoord” of uitwissing van die blankes in SA. Daar word mos nie moorde op nie-blankes gepleeg nie, nê?

Liewe heksie ·

Nice werk Maar sapd lid is baie belangriker as ons boere regtig ?

sarie van heerden ·

Stem saam oor die rympie “Vra maar net”. Hoe irriterend vervelig! Vir wie vra jy, want niemand gaan jou antwoord nie.

Kiekie ·

Het julle niks beter om met julle tyd te doen as om mense se kommentaar te kritiseer nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.