Vrou vasgekeer tussen mure

Die vrou was van Donderdagaand af tussen die twee mure vasgekeer (Foto: Verskaf)

ʼn Vrou is Vrydagoggend deur paramedici te hulp gesnel, nadat sy Donderdagaand tussen twee mure by ʼn huis in Meyerton, Gauteng, vasgekeer geraak het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici en die Midvaal-brandweerdienste is net voor 08:00 na die huis ontbied. Met hul aankoms op die toneel het hulle die vrou in ʼn klein ruimte tussen ʼn grensmuur en die huis se muur aangetref.

Meiring sê na wat verneem word, is die vrou Donderdagaand tussen die mure vasgekeer toe sy oor die grensmuur geklim het. Hy kon geen inligting verskaf oor die rede waarom sy oor die muur geklim het nie.

“Die brandweerdienste het die vrou bevry en paramedici het haar vir hipotermie behandel,” bevestig Meiring.

“Sy is daarna per ambulans na die Kopanong-hospitaal in Vereeniging geneem vir verdere mediese behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sandra ·

Ek het net een vraag. Het sy nie eenkeer geskreeu van Donderdagaand af nie?

Deon ·

Jy klim oor n muur want die hek is gesluit en jy het nie n sleutel daarvoor by jou nie

Cherokee ·

Wàt ‘n koue nag. Te kyke na waar sy oorgeklim het, kan mens wonder of sy dalk probeer wegkruip het.

Harley Davidson ·

Die munisipale bou regulasies is nie nagekom nie jy moet 1.5m tussen ‘n gebou en die grens muur hê, en dit is hoekom daar regulasies in plek moet wees maar duidelik was daar geen bou inspekteur op daardie perseel of dalk was daar.

Kathleen ·

Verseker ! ek kan nie help om te wonder wat de joos sy aan die anderkant van die muur wou gaan soek nie ? Mens noem dit draadspring wanneer ‘n ram of bul die vroulike dier aan die anderkant van die draad gaan opsoek , wat sou ons dit nou in die geval noem ?

Janee ·

Janee….lyk of daar weer ‘n ander plan was in daardie kop…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.