Vrou verdrink by Houtbaai-hawe

Vissersbote in Houtbaai-hawe (Foto: Maroela Media)

ʼn Vrou het Vrydagaand verdrink nadat sy in die see geval het by die hawe in Houtbaai in Kaapstad.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se span is omstreeks 19:00 na die toneel ontbied ná berigte ontvang is van ʼn vrou wat besig is om te verdrink, het Lyall Pringle, stasiebevelvoerder van die NSRI Houtbaai, gesê.

“ʼn Vrou, in haar laat 30s, ʼn plaaslike inwoner van die vissersgemeenskap, is reeds uit die water gehaal toe die span by die toneel opgedaag het,” het Pringle verduidelik. “ʼn Man was reeds besig met KPR en die paramedici van NSRI het by hom oorgeneem.”

Alle pogings om haar lewe te red was egter tevergeefs. Sy is op die toneel dood verklaar.

“Twee mans, in hul laat 30’s, ook van die plaaslike Houtbaai-vissersgemeenskap, wat in die water ingespring het om die vrou te red, is op die toneel behandel vir verkluiming. Hulle het nie verdere mediese behandeling nodig gehad nie.”

Die vrou het vermoedelik in die water in geval en twee vissermanne het ingespring om haar te red en ʼn derde visserman het alarm gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.