Vrou verdrink by Kampsbaai

Kampsbaai Foto: big10photo.wordpress.com

Kampsbaai Foto: big10photo.wordpress.com

ʼn 54-jarige vrou het Sondagmiddag by Kampsbaai in Kaapstad verdrink.

“ER24 en Life Healthcare-paramedici is na die toneel ontbied nadat die Nasionale Seereddingsinstituut haar liggaam uit die water gehaal het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Lewensredders het reeds met KPR begin en paramedici het oorgeneem en haar na New Somerset-hospitaal geneem vir dringende behandeling. Sy het ongelukkig op pad na die hospitaal gesterf en sy is met aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.