Vrou verdrink tydens vakansie

ambulans-320x214ʼn 43-jarige vrou van Johannesburg is dood nadat sy Maandagmiddag in ʼn swembad in Scottburgh in KwaZulu-Natal verdrink het terwyl sy daar met vakansie was.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, is dit nog nie duidelik hoe die vrou verdrink het nie. Die voorval word deur die polisie ondersoek.

“Die voorval het in ʼn swembad van ʼn blok vakansiewoonstelle plaasgevind. Omstanders het die vrou met haar gesig na onder sien dryf en haar uit die water gehaal. Hulle het mond-tot-mond-asemhaling toegepas tot paramedici op die toneel opgedaag het,” het Botha aan Maroela Media gesê.

Volgens Botha het paramedici hul bes probeer om haar lewe te red, maar sy is op die toneel dood verklaar. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.