Vrou verdrink wat glo van polisie weghardloop

Argieffoto

ʼn Vrou het Vrydagmiddag in die Umgenirivier verdrink– vermoedelik toe sy vir die polisie probeer weghardloop het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical en Marshall Security, het in ʼn verklaring laat hoor hulle is omstreeks 12:30 na die toneel op die wal van die Umgenirivier naby die voëlpark ontbied weens ʼn beweerde verdrinking.

“Volgens berigte was polisiebeamptes besig met gewone patrollies in dié omgewing toe hulle stilgehou en twee vroue ondervra het. Een van die vroue het gepoog om te vlug en in die rivier ingehardloop,” het Van Reenen gesê.

Volgens Van Reenen het paramedici die vrou, vermoedelik in haar dertigs, met haar kop na onder op die rivierwal aangetref.

Sy is op die toneel dood verklaar.

Lt. kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn geregtelike ondersoek deur die polisie by Greenwood gedoen word nadat ʼn vrou Vrydag by die Umgenirivier verdrink het.

Zwane het gesê dit is onduidelik presies wat gebeur het. “Ons weet in die stadium nie of die polisie haar gejaag het, of sy vanself gehardloop het, en of hulle haar probeer volg het nie. Die omstandighede word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Oom Kalahari ·

Iets rym nie en iewers is ‘n slang in die gras en hoop die volle waarheid kom na vore. Hoekom sal jy vlug vir geen rede. Dalk was hier vrese vir iets anders by benadering.

AW ·

My Vraag ook….
Tog, hulle sal vir jou sé “I am afraid of the Police”…

Dan kan ek maar net my kop skud in ongeloof….

My siens wyse is dat as jy Onskuldig is…
Waarom vlug jy….. Waarom harkloop jy weg van die polisie…..

Maar dan…. mense harkloop ook van Botsings tonele….

Snaakse nasie dieé van ons in SA !!!

Piet Snot ·

Jong, ek’s self bang vir die polisie, al is ek onskuldig. Hulle het baie mag, en sommige is onbetroubaar.

AW ·

“Policiophobia” – a fear of the police &
“Capiophobia” – a fear of getting arrested.

Cognitive Behavioral Therapy (CBT) is a method to treat a persons fear for the police and or fear for getting arrested.

LandVis ·

Jy kan nie die langarm van die gereg ontvlug nie – tragies.

Karolis ·

Slang in die gras? Eerder ‘n vrou in die water.
Of op die wal.

Poppie ·

Onderstebo? Is dit nie eerder kop na onder nie. Of op haar maag nie? Volgens my is onderstebo wat bo is )kop) nou onder en voete nou bo

Landi Slatter ·

Dagsê Poppie

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die verwarring, die berig lees nou “..met haar kop na onder..”

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.