Vrou verkla wat glo neerhalend na Ramaphosa verwys

(Foto: pixabay)

Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn klagte van crimen injuria nadat ʼn vrou, glo van Durban, in ʼn Facebook-plasing na pres. Cyril Ramaphosa as ʼn “aap” verwys het.

Ramaphosa het die land Donderdag weer toegespreek oor die verligting van maatreëls rakende die staat van landwye afsondering. Hoewel sommige van sy besluite gekritiseer word, was daar tot dusver ook heelwat lof vir die president se hantering van die krisis wat die Covid-19-pandemie veroorsaak.

Die vrou het haar Facebook-profiel intussen gesluit, maar ʼn skermgreep van die opmerking is reeds talle kere gedeel. Die plasing het ʼn rasseherrie op sosiale media ontketen.

(Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

In die plasing sê die vrou, oënskynlik met verwysing na Ramaphosa, hy is “ʼn aap wat soos die president van ʼn eerstewêreldland probeer optree”.

Volgens TimesLIVE het ʼn man, wat nie sy naam bekend wou maak nie, gesê hy het die opmerking in swak smaak gevind en die vrou by die polisie verkla.

Dit is nie duidelik presies wanneer die vrou die opmerking op Facebook gemaak het nie.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Vrydag bevestig dat ʼn saak Dinsdag by die Brighton Beach-polisiestasie in Durban aanhangig gemaak is. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Kosie ·

Ag asseblief, is die president so pateties of is hierdie nou ook ‘n belediging?

johanf ·

Die President het nie die vrou verkla nie, wonder of hy ooit tyd het vir snert soos Facebook.

Bernard ·

Die nuusaandraer het seker ingevolge die Wet op Amptelike Geheime opgetree ????

Fred ·

Mens kan dink wat jy wil…. Maar hou liewers ‘n wag voor jou mond, by wyse van spreke.

Jean ·

Mar cyril het dan ni eers ‘n saak gemaak teen die man wat hom die k woord genoem het nie.

Willem ·

Sal seker n boete kry van R 150.000 soos Penny destyds( indien sy nie van selfde ras as cyril is nie) Enige iemand anders sou R 500,00 gekry het

Pampoen ·

Nou hoe verskil dit van Trevor Noah se kommentaar oor President Trump?

Vriendelike Frikkie ·

In Amerika verstaan hulle humor, satire en hulle verstaan ook dat woorde nie kan seer maak nie. Hulle kyk ook wie praat en lag dit af. Ook het die Amerikaanse president belangriker goed om hom besig te hou as die menings van een of twee raserige kommentators.

Cherokee ·

Brighton Beach… dus het Ramaphosa tòg steeds aanhangers in die Bluff.

Chris ·

Ek was gister op die Bluff by die militêre area. Ek was skoon verbaas oor die skoon lug wat oor die dorp is. Die see is selfs skoner.

Wielspore ·

Mens praat nie neerhalend teenoor mense, dit is ‘n swak karakter eienskap.

Cherokee ·

Dit sou ‘n alternatief wees, maar ek is nou werklik nie in die bui om in die argiewe te soek of jy nooit jou mond uitspoel oor malema, cele & kie, nie.

Elizabeth ·

Ek moet sê ek het baie respek vir ons President gekry deur die manier waarop hy die krisis met die Corona virus hanteer. Van die besluite wat hy geneem het kon nie vir hom maklik gewees het nie en ten spyte van baie kritiek en druk vanuit verskeie oorde het hy vas bly staan by sy besluite. Baie mense sê negatiewe dinge maar hy dra ons almal se belange op die hart en uit my oogpunt is baie vinniger verspreidung van die virus gestuit deur sy vinnige optrede. Ja miskien was alles wat besluit is nie goed vir almal nie. So iets het nog nie in ons leeftyd gebeur nie en hy kon nie leer uit vorige foute nie. Maar hy doen sy beste vir almal in die land

Cherokee ·

Elizabeth, ek is nie regtig lus om jou bubble te bars, maar hy het raadgewers, adviseurs, kundiges en..en..en.. Jy praat asof hy en hy alleen die besluite neem. Het jy nie gesien hoe vinnig die eff hom oortuig het om (grond) onteiening in te stel nie? As hy werklik alleen al die besluite sou neem, was hy ‘n absolute diktator.

Michael 1 ·

Hy kan nie eers die nasie toespreek sonder om woord vir woord dit van n papier af te lees nie.

Wielspore ·

CR is in sy privaat lewe ‘n suksesvolle sakeman, na my mening is hy onder druk om SA deur die pandemie te lei en hy doen dit baie goed. Hy het voor die instelling van die lockdown saam sy raadgewers gebid en God gevra vir leiding in hierdie moeilike tyd. As ‘n land se president God as sy raadgewer gebruik is ons in goeie hande.

Michael 1 ·

Ek sien hom gladnie as my president nie oor hy diskriminerende wette teen wit mense akkommodeer.

katerinadiekat ·

Hy het oorsee gese daar is geen plaasmoorde in SA nie en dit kan en sal ek hom nooit vergewe nie. Want met daardie een leuen het hy gewys dat hy absoluut niks voel vir onskuldige mense en kinders wat brutaal vermoor is.

Daizee ·

Dis net in ons land wat jy ‘n bobbejaan/aap rasgebonde maak!!! ! :-0 :-0

TO ·

Leer mense nooit. Nee regtig mens moet darm bietjie respekvol ook wees

Hanna ·

Ek respekteer ons president en welgedaan mnr Ramaphosa! Ons is trots op jou. Kom ons werk aan ons self, ons gedagtes, ons houdings, wat ons uiter en ons huishoudings en dan sal SA sommer n baie beter plek word.

Sean ·

Eks seker die president gaan hom nie steur aan dit nie Hyt baie belangriker dinge nou wat sy aandag nodig

Pieter J ·

Ek wonder hoekom is die klaer so bang om bekend te maak wie hy is?

Dottie ·

Voel glad nie jammer vir jou nie want jy moet 2 keer dink voor jy sulke snert op social media wil kwytraak.

Anoniem ·

Man kom ons wees nou maar eerlik. Wie van ons sal daarvan hou om naame genoem te word. Die man is nou maar eenmaal die president van die land en respekteer hom daarvoor of ons dit like of nie. Ek persoonlik het geen like in hom of sy regering nie maar ek hou my aanmerkings in my gedagtes en verlekker my daarin. Dus as jy dit nie kan doen dan plak jy jou bek toe en bly uit die moeilikheid.

Termiet ·

Hy is beslis nie my president nie! Die president wat ek sal respekreer is die een wat wit velle nie as ‘n bedreiging beskou nie. Sy boere oppas en bee verban en almal gelyke kanse gee in die samelewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.