Vrou verkool toe voertuig vlam vat

Die motor wat met die minibustaxi in Krugersdorp gebots het. Foto: Netcare 911

Die motor wat met die minibustaxi in Krugersdorp gebots het. Foto: Netcare 911

ʼn Vrou is dood en 12 mense is beseer nadat ʼn motor en ʼn minibustaxi Maandagoggend naby Silverstar Casino in Krugersdorp gebots het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 08:00 op die Paardekraalweg plaasgevind, waarna die minibustaxi omgeslaan en aan die brand geslaan het.

“Die vrou was in die taxi vasgekeer en is onherkenbaar verbrand. Sy is op die toneel dood verklaar nadat die brandweer die brand in bedwang gebring het,” het Mathe gesê.

ʼn Vrou is kritiek beseer en met ʼn Netcare 911-helikopter na ʼn Johannesburgse hospitaal geneem vir verdere behandeling. Drie mense het matige beserings opgedoen en die res geringe beserings. Hulle is met ambulanse van verskeie nooddienste na hospitale in die omgewing geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

Die minibustaxi. Foto: Netcare 911

Die minibustaxi. Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Irene ·

Taxis ry soos hulle wil gevaar op die pad sien dit elke dag niemand doen iets daar aan nie

Michelle Roos ·

Taxis pas absolute geen padreels toe nie en dit ten aanskoue van die metro poliesie. Hulle kom letterlik met moord weg. Sien dit elke liewe dag.

Asjas ·

Ek mag verkeerd wees, maar ek reken die Taxi het weer oor ‘n Rooi Verkeerslig gejaag en dus die botsing veroorsaak. Ek eet my hoed op as die lig nie rooi was nie en die feit dat hy omgeslaan het, is genoeg bewys dat hy baie vinning gery het.
Sien dit elke dag met kinders in hul skool klere, die Taxis is elke oggend laat en dan verontagsaam hulle alle pad reels. Help ook nie jy praat met die skole nie en vertel hulle daarvan nie. Trek net skouers op. Baie van die bestuurders is ook nog dronk. My huishulp is afgeraai om ‘n saak te maak nadat ‘n dronk bestuurder hulle amper verongeluk het, want hy sal haar kom dood maak.
Wanneer gaan die mense in opstand kom en Taxis met klippe gooi en aan die brand steek???

Grap ·

Meeste van ongelukke is ‘n taxi altyd betrokke??.Die taxi bedryf moet gereguleer word en gereeld getoets word vir padwaardigheid en die bestuurders moet sommer hulle lisensies hernu op ‘n jaarlikse basis maar nou ja dit is seker dagdromery in die land waar korrupsie baas is.

cherokee ·

Wanneer ek jul kommentare lees is dit duidelik dat julle nie ‘n idee het watse mag die taxi-bedryf het. Ek woon in ‘n groot stad en die taxi’s betaal boetes net somtyds. Hulle maak taxi-stoppe enige plek in die middel van ‘n straat en selfs tussen robots. Hulle kruie aan teen 5 kilometer per uur in ‘n eenrigting straat en stop selfs om met mekaar te gesels terwyl toeters agter hulle dreunsing. Hulle eis spesifieke vrystellings ten opsigte van verkeersreëls en wanneer hulle so voel staak hulle. Hulle toet vir elke lamppaal, boom en robot. Hulle ry met gevaarligte (flashers) aan en beskou dit as ‘n lisensie op enige plek vir passasiers stil te hou.

Wanneer hulle staak verloor die besighede in die stad miljoene rande want werkers daag nie op nie. Padverkeer vloei glad maar besigheid nie omdat werkers nie vir hul werk aanmeld. Die taxi-bedryf is uiters bewus van die monopolie wat hulle hanteer. Baie onlangs het ‘n taxi-drywer vir een van my werkers gesê dat hy staak. Toe hy gevra is waarom hy staak het hy gesê dat hy nie weet nie maar hy is aangesê om te staak. Hulle is die grootste ‘people-mover’ in die land.

Gawie de Beer ·

Ons het in 1990 al die boodskap gekry, Mini bus Taxis word uitgereik met twee baie belankrike items
1. Passanger caller = Toeter
2. Passanger pick up and drop off = nood waarskuwings ligte

Wat-ek-lees ·

Gaan kyk by “Arrive Alive” by hoeveel ongelukke is taxis betrokke.

cobusp ·

Taxi ry oor die rooilig punt. Tref kar ongeluk persoon dood. ……..taxi gehoorsaam geen padreels en niks word aan dit gedoen nie……ons president en anc gehoorsaam geen wette steel en pleeg bedrog en niks word aan dit gedoen nie……….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.