Vrou verkrag, mans vermoor by Rhodespark

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto:  ttruluck, panoramio.com)

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

Die Cleveland-polisie is op soek na 12 verdagtes wat Saterdagaand by Rhodespark in Kensington, Johannesburg, twee mans vermoor en ʼn vrou verkrag het.

“Die voorval het net voor 19:00 plaasgevind,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Polisieduikers het die twee mans, onderskeidelik 25 en 32 jaar oud, se liggame uit die dam gehaal. Die aanvallers het hulle vasgebind en in die dam gegooi. Paramedici het hulle op die toneel dood verklaar.

“Een vrou kon vlug, maar die ander vrou is deur ʼn aanvaller verkrag,” het Dlamini bygevoeg.

Na bewering het die twee mans en hul vroue, onderskeidelik 28 en 29 jaar oud, in die park geloop toe die groep van 12 hulle voorgekeer het. Een van die verdagtes het glo ʼn vuurwapen by hom gehad.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting om hul naaste polisiestasie te kontak of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Chris Mynhardt ·

Die land word nou n plek waar die gewone burger nie meer veilig is nie. Die doodstraf moet terug gebringword. Dit sal definitief die geleenthede kriminele stop om moord te pleeg. Die probleem is die land word deur sindikate en kriminele beheer en die polisie is ook deur die sindikate beheer. Ons as lands burgers moet nou opstaan teen die ongewenste persone wat ons land runieer met hulle kriminele aktieweteite. Hoeveel persone wat ons ken wat nie deur misdaad geraak is nie? Hoeveel keer is u ook nie deur misdaad geloop nie? Dit is eintlik skokend wat tans gebuer. My innige simpatie vir die families wat geraak is deur die aanval en misdaad.

deon koegelenberg ·

Ek stem saam met Chris Mynhardt bring die doodstraf terug en sommer gou sal hierdie ongevraagde moorde op n einde kom . En ja ras is vir my ook belangrik want sien onder my mense is ek nie gewoond sulke dinge gebeur nie .

MissDemeanor ·

Sal dit regtig help? Jy klink baie seker van jou saak. Voor die kriminele doodstraf kan kry moet die polisie hul eers kan vang en die hof moet hul kan vonnis. Ek dink nie doodstraf skrik mense af nie, lewenslange tronkstraf sktik hul nie eers ‘n bietjie af nie. Nee, ons moet aandag gee aan die oorsaak van die siekte, nie die simptome nie. Ons moet begin deur kinders wat in slegte situasies grootword te leer dat die lewe kosbaar is en dat daar vir hul ‘n plek in die samelewing is. As jy soos ‘n dier behandel word as kind is dit maklik om ‘n monster te word.

Paul ·

Dit is hoekom Apartheid met die gepaardgaande veiligheid vir ons mense so kosbaar was maar dit is nou vir die swyne gegooi om in die modder vertrap te word.

Ben ·

Hier is ‘n paar wakkermakers vir julle.

Die doodstraf sal nooit weer terug kom SA toe nie, al skreeu die burgers dit kliphard voor die parlement ook.

Hoe wil jul as landsburgers opstaan teen misdaad? Jy kan ner soveel doen en klaar, ons hande is afgekap en dis hoe dit gaan bly.

Besef eens en vir altyd dat jul nou in AFRIKA woon, kontinent van moord en dood, verraad, haat en armoede. Dit gaan net erger word, niemand met ‘n towerstaffie gaan iets verander nie….

Die blankes het laas saamgestaan op die skip saam met Jan van Riebeeck :-)

Jammer om negatief te klink, maar dis alles die waarheid.

Pierre Diederiks ·

Maar geen nuus agentskap maak die name bekend of watter ras vermoor is ! Uiters swak inligting!

Johan 2 ·

Ja regtig, hoe moet mens weet na wie om te soek dis pateties..simpatie met die mense!

danie ·

Julle hoef nie te gaan soek na die mense nie, die poliesie het die inligting hulle vra vir mense wat daar was of getuies om meer inligting te gee. So die ras maak nie saak nie. Dis mede burgers wat tragies gesterf het.

Piet Snot ·

Wat, vra ek jou, het ras met die saak te doen?
Dis ‘n tragedie: 2 vroue sit nou sonder hul mans; een nog met die ekstra trauma daarby.
Los die rasbeheptheid, en sien die arme mense raak.

Frank ·

NATUURLIK is die ras belangrik! Nie net vir statistiese doeleindes nie… Ogies oop…

MissDemeanor ·

Dis maklik, die ras wat vermoor is is Mens. Snaaks hoe die mense wat altyd wil weet watter ras deel was van ‘n kriminele insident ook dieselfde mense is wat vra dat ras nie deel moet wees van ander debatte nie.

Elsie ·

Hoekom kan ons nie ook in opstand kom nie? Hoekom aanvaar ons alles maar net gelate? Ander toi-toi en boikot en hulle kry hulle sin daardeur. Wanneer gaan ons ons stem laat hoor? Iewers moet iets gedoen word! Dalk moet onse Steve die voortou neem!

Berhalet Beukes ·

Ons land raak daagliks meer walglik om in te woon!

Kwagga ·

Dis die woord wat ek gesoek het. Walglik dis pressies hoe ek vandag voel toe ek lees van hierdie moorde en die vrou op Bella bella. Dit maak n mens moedeloos.

Lynette ·

Ek begin ook die land te haat. NSA is nie meer my land nie.

Inge ·

Toe ek vanoggend die berig lees, het my hart sommer in my maag gesak. Watse toekoms het my kinders in hierdie land? Ons is so lief vir ons land, maar as ouer kan ek nie toelaat dat my kinders meer in hierdie land bly nie. Ek voel verskriklik vir die twee mans wat verdrink het, hulle laaste minute moes hel gewees het. Ek hoop regtig die skuldiges word gevang en in die dam gegooi!

Johannes ·

Dit is tyd dat die goeie burgers van hierdie land begin hard betoog vir ‘n grondwet wysiging om die doodstraf terug te bring. Of dit Of vigilante justice. Monsters soos hierdie hoort nie in ons land nie.

Erich Taljaard ·

Dit blyk dat mense deesdae moord, aanranding en marteling pleeg bloot omdat hulle daarin behae skep

Johannes Meintjes ·

Meegevoel is haas onvoldoende. Dit is asof ons nie kan of wil besef dat die minderheid wat nog in God en Sy Gebod wil leef en handel iewers na gebed en verootmoediging daadwerklik sal moet hande vat, organiseer, kommunikeer, saamwerk en daadwerklik moet optree. Waar is die burgery se ondersoek en aksie-groepe wat leiding kan en moet gee? Misdaad, boewery en terrorisme ekskaleer want die met insig en wysheid doen niks.

Willie ·

Dit is regtig tragies in watter toestand ons land se morele standaarde verval het. Ons almal, ek inkluis, wil altyd die rasse kaart speel. Maar die probleem le dieper as dit. Jong kinders leer van kleins af dat geweld teenoor ander mense sosiaal aanvaarbaar is, omdat niks gedoen word nie. Dit begin by die huis. Ouers van alle velkleur moet hulle kinders van kleins af leer dat jou medemens se lewe en ligaam waardevol is en gerespekteer moet word. Die tien gebooie moet vir die kinders van kleins af geleer word. Ons menswees waardes en morele standaarde moet van kindsbeen af gemeet word aan die voorlegging van die Bybel. Ek weet almal is nie christene nie, maar in al die gelowe is daar verwysings na wat ek van praat. Ok, dit is al wat ek wou se.

Paul ·

Wat jy voorstel is reg en edel maar dit gaan net in ons deel van die bevolking ‘n kans he om te slaag. Dieselfde standaarde het nog nooit en sal waarskynlik ook nooit in die toekoms in die ander deel bestaan nie.

PIXIE ·

MENSE SKRIK WAKKER! Geniet die braai , visvang en uitstappie maar PAK ASSEBLIEF 5 N.M. OP EN GAAN HUISTOE !

Theresa ·

Elke ouer besluit hoe sy/haar kinders opgevoed word. Die armstes van die armes het ook pragmense al opgelewer. Misdadigers – of dit klein of groot verkeerdhede is wat gepleeg word, kom uit ‘n hart wat dit so wil doen. Nie lus om enige mede-leser te kritiseer nie. Dit verg nog meer energie, wat ons glad nie positief aanwend nie. Ek stem ook vir ‘n manier waarop elke mens in hierdie land, wat dit weer leefbaar sonder sulke absurde gebeure op ‘n daaglikse basis wil hê. Of dit nou ‘n petisie is wat saam met ‘n gepaardgaande ordelike opmars na die parlement is en of dit ‘n referendum van ‘n aard is. Die waarheid oor mense se afsterwe is skreiend. Die groot groepe wat deesdae onskuldige mense wat hier hoort en betaal om hier te lewe, van kant maak (want dis hoe dit is) mag nie meer vryelik rondloop nie. Wanneer ‘n mens klaar dood is, of verkrag is, is daardie lewe kortgeknip. Daar is niks so depressief as die gedagte daaraan nie. WAT GAAN ONS DOEN?

EMK ·

Dis vir my erg dat mens nie meer openbare parke en piekniekplekke kan gebruik om te ontspan nie. Nou word mens (in ander media) deur die polisie gewaarsku om daar weg te bly. Al ons regte op vryheid word ons ontneem deur misdadigers. Hierdie mense woon dalk ook in plekke waar daar nie werklik ontspanplekke is soos bv woonstelgeboue of so en wou ook net bietjie in die natuur ontspan – dis tog waarom parke daar is, maar nee, nou mag mens nie want jy kan dalk gruwelik aangeval en vermoor word. Hoe kan mens opstaan teen hierdie tipe ding, want genoeg is wraggies genoeg! Sekerlik kan mens patrollies reel sodat mense hierdie plekke kan gebruik en geniet vir waarvoor dit daar is. Die polisie kan mos ‘n tipe burgermag saamstel vir die tipe ding! Ek weet nie meer nie…

Eish! ·

Almal redekawel oor die ras kwessie wat nie bekend gemaak word nie. Ek voel altwee kante toe moet die ras bekend gemaak word. Ek meen as iemand daar was, sal hy nooit weet of hy/sy dalk iets gesien het nie. Volgens my kan dit help met inligting. Ek kon ‘n groep witmense gesien het en dink ag nee is nie belangrik om vir die SAP in te lig nie, want ek dink dit was swart mense. So eerlik ek dink dit kan die saak bevorder as die mense wat in daai omgewing was weet waarna gesoek word en of hul dalk kan help. Want die onskuldigste dingetjie kan dalk die gereg op die regte spoor sit.

Es ·

My hart gaan uit na die slagoffers en families. Die Polisie beteken niks. Daar te min goeies oor en as dit by die hof kom gebruik hulle die wet om weg te kom. n Kind het my kind badkamer toe gevolg om iets te probeer by die skool. Hy het my kind geboelie en met n mes gedreig. Die skool , welsyn en polisie het niks gedoen. Ek het my kind uit die skool gevat. Getrek. Ek hoop regtig die wet is in die saak in julle guns.

Blinkservaas ·

Ras maak glad nie saak nie, mense dit is mense, hulle mense huil vanaand, VREESLIK

Rudi ·

Dis vir my absoluut skrikwekkend hoe mense in hierdie land met oogklappe rondloop. Natuurlik is ras belangrik, watter land hulle afkomstig is, selfs deesdae watter geloof hulle beoefen. Terreuraanvalle neem wêreldwyd toe, en die feit dat ons alewig polities korrek probeer wees los geen probleme op nie.
Ek sal glad nie verbaas wees as daardie 12 verdagtes onwettige immigrante is nie.

Klein Mevrou ·

O Vader, die arme mense!!! Word wakker mense alles Suid-Afrikaners is slagoffers van geweld. Wat maak dit saak of hulle groen, pienk or pers was!!! Ai, Ai, arme, arme mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.