Vrou verloor arm in werktuig op plaas

Argieffoto: ER24

ʼn Middeljarige vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal ná sy haar arm in ʼn fratsongeluk op ʼn plaas naby Letsitele in Limpopo verloor het.

Die vrou se arm het Dinsdag in werktuig wat deur ʼn trekker gesleep is beland.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is paramedici omstreeks 10:15 na die plaas ontbied.

“By paramedici se aankoms op die toneel het hulle die vrou naby die trekker aangetref,” het Meiring bevestig.

“Paramedici het haar toestand bepaal en besef dat die arm afgeruk is. Sy het ook ernstige beserings aan haar bekken en een been opgedoen.”

Paramedici het die vrou op die toneel behandel voordat sy per ambulans na MediClinic Tzaneen geneem is vir verdere mediese sorg.

Meer inligting oor die voorval is in hierdie stadium nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.