Vrou verloor skade-eis oor MIV-status

miv strik hivNadine Geldenhuys het ʼn skadevergoedingseis teen die LUR van gesondheid in Limpopo verloor nadat sy beweer het sy is verkeerdelik meegedeel dat sy MIV-positief is, het Beeld Dinsdag berig.

Geldenhuys se appèl in die hooggeregshof in Pretoria het misluk nadat die Polokwane-landdroshof ook vroeër haar skadevergoedingseis van R100 000 van die hand gewys het.

Geldenhuys beweer dat ʼn matrone by die provinsiale hospitaal in Polokwane haar in Februarie 2012 meegedeel het dat sy MIV-positief is nadat twee MIV-toetse op haar gedoen is.

Die matrone het dit egter in die hof ontken, en beweer sy het aan Geldenhuys gesê dat die uitslag van die tweede toets onbeslis was, en dat sy haarself as MIV-positief moes beskou tot wanneer sy ‘n finale uitslag gekry het.

Regter Neil Tuchten het gesê die matrone is ʼn ervare MIV-berader en dat daar geen rede is hoekom sy in dié geval nie die regte prosedures sou volg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.