Vrou vermis na Jhb-rivier oorstroom

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou word vermis nadat haar motor Donderdagaand van ʼn laagwaterbrug in die noorde van Johannesburg meegesleur is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het glo ʼn brug naby Chartwell probeer oorsteek, toe ʼn sterk stroom haar motor teen die brug se versperring vasgedruk en toe in die rivier in meegesleur het.

Paramedici het Donderdag saam met die polisie en provinsiale nooddienste na die vrou begin soek, maar teen die aand moes die soektog afgelas word weens swak lig. “Die soektog is vroeg vanoggend [Vrydag] hervat, maar ongelukkig is die vrou nog nie gevind nie,” het Meiring gesê.

Die vrou se familielede en reddingspersoneel is steeds op die toneel bedrywig.

ʼn Man is verlede week in ʼn soortgelyke voorval dood nadat sy motor Donderdag deur vloedwater in die noorde van Pretoria meegesleur is. Leon Strydom se motor is op die R101 by Honingnestkrans deur die Apiesrivier meegesleur ná swaar reënval. Strydom se liggaam is Vrydag sowat 1,5 km van die brug waar sy motor vroeër uit die water getrek is, gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

DPJ ·

Hoeveel keer moet mense nog gewaarsku word om nie deur water te ry as jy nie die pad oppervlakte nie kan sien nie.
Dit is dom astrand!!!! Niemand kan jou weer terug bring as jy verdrik het nie!!!!
Alle sterkte aan die nasbestande en simpatie!!

MM ·

Daars nie pille vir sulke mense nie. Mense kan ook blybaar nie ‘n trein sien nie. Daar word gewaarsku om die oor sulke laagwater brue te ry nie, maar hulle weet mos van beter.

Gideon ·

Soms vind sulke ongelukke in die aand plaas. Mens ry ‘n pad wat mens baie goed ken, of moontlik nie en dan gebeur sulke frats ongelukke!

Sputnik ·

DPJ, dit is ook ie baie slim om astrant en naasbestaandes so erg verkeerd te spel nie – smiley!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.