Vrou vermoor in huisroof

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Vrystaatse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 46-jarige vrou van Parys vanoggend deur haar huishulp ontdek is.

Ronele Claassen is vermoedelik met ʼn sak om haar kop versmoor. Haar huishulp het vanoggend vir werk aangemeld en Claassen se liggaam op die slaapkamervloer gevind. Sy het die polisie ontbied en Claassen is op die toneel dood verklaar.

Volgens ʼn voorlopige ondersoek het ʼn polisiepatrollie ʼn voertuig met Botswana-nommerplate gisteraand omstreeks 22:00 afgetrek omdat dit sonder ligte in die dorp rondgery het. Die bestuurder van die motor het weggehardloop toe die polisie hom stop, maar hulle het die voertuig deursoek en ʼn televisie en verskeie ander elektriese toestelle gevind. Die voertuig is gekonfiskeer en die polisie het later vasgestel dit behoort aan Claassen.

“ʼn Saak van moord is geopen en enigiemand met inligting wat kan help met die ondersoek, word aangemoedig om die polisie in Parys te bel op 056 816 2534 of Crime Stop op 08600 10111,” het kapt. Livhuhani Hani, provinsiale woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Ronell ·

Daar in Botswana word hulle gehang…..maar hier kom hy niks oor nie. Lekker my ding….!!

Famielielid ·

Al, dit is nie vervals nie, sy het n lang tydperk in botswana gewoon, dis my niggie en ons famielie is baie getramatiseer.

andrea van vuren ·

Hier kry hul KFC in die tronk en word op parool vrygelaat wanneer hulle moet plek maak vir nuwe moordenaars. Siek, siek, siek!!!

tamboti ·

Swak polisie werk, in die ou dae is dadelik na eienaar van gesteelde motorvoertuig gesoek, die addres is mos op die registrasie informasie, hul kon haar gister aand al gevind het, dis in dieselfde dorp?

Wynand ·

Die voertuig is in Botswana geregistreer so hier is nie n data basis van adrese ni.

oumie ·

Ja Ronell onth as hul hier doodstraf kry is dit n stem minder vir zumeff so voer hulle in om wittes te vermoor genugtig ek wil nie eers meer MM oopmaak nie maar tog is dit noodsaaklik om realety in die oë te staar en so praat ek van baie witmense wat tog so geskok is as ek vlg dag by werk vertel van wat het alweer ( Elke dag )gebeur hul gaan met oogklappe deur die lewe so jammer vir familie en vriende al wat ek kan doen is om te bid vir n uitweg vrede en verdraagsaamheid en moet nie vergeet nie dat die gemors terug deur die draad klim waar hul hoort

Wanda ·

Hoe hardloop jy weg vir die polisie????? Dit kan net in Suid Afrika gebeur. Ek kan net my kop skud!!!!

Jacques ·

Wanda dit is baie maklik om vir die polisie weg te hardloop want hulle is soooo oorgewig dit is nie eens snaaks nie .

Rox ·

Skelms hardloop weg want die polisiemanne en vroue is oorgewig

Ekke ·

So ‘n mens is vol adrenalien dat weghardloop baie maklik is. En dan is meeste van die polisie nou nie juis gebou vir hardloop nie…

Johann ·

Hulle kan vlug, hulle kan in die lug spring, maar hulle werke sal op die dakke verkondig word, hulle misgis hulle vreeslik. DAAR IS ‘N GOD IN DIE HEMEL WIE GEHEIMENISSE OPENBAAR MAAK

Helene ·

Ja, dit is waar! Ons God se oog deurkruis die wereld en sien alles raak
So sal ons geoordeel word> Mag daar Vrede vir die familie wees.

Boerkie ·

Liewe mense, lees die berig goed. Die kar met die Botswana nommerplate was van die vermoorde. Die berig sê nie of die nommerplate deur die moordenaar op die kar gesit is nie. Maar hoe dan ook, dit is geen rede om te dink dat die moordenaar van Botswana af kom nie…

Tanya ·

Die moordenaar is nie van Botswana af nie, Ronel het lank in botswana gebly, dit was haar motor.
Die moordenaar het haar motor gesteel na hy haar elektiese huishoud ook gesteel het.

Johan. H. ·

Ek is uiters gelowig. Ek glo wat ek glo ,Soos Angus b. se dis tyd,, Ja dis tyd ,maar nie meer vir bid nie !!!

Secret ·

Nee mens word naar………vroutjie maar nog jonk en sommer so vermoor. Ja dit is regtig tyd……..ingryping soos nog nooit. Skokkend verby.

Alida ·

Ag dis tragies. Seer sekerlik n SAPD lid wat veronderstel is superfiks te wees die skelm ingehardloop het. Maar nou-ja ons weet hoe vet is party van hulle. Los eers die motor vevlaks en vang die gemors.

Burn ·

Ons het gisteraand om 2-05 wakker geword met twee geweerskote wat afgegaan het. Polisie was reeds ( net voor ons huis) op toneel. Dit is baie bebos en donker ons so verdagte het verdwyn. Polisie was lank op toneel. EK dink nie hulle het op daardie stadium besef dat die moord verband hou met die gesteelde goedere.

Nick Claassens ·

1.Die voertuig is in Ronel Claassens se naan gerigistreer en die voertuig is in Botswana gerigistreer omdat sy in Botswana besighede gehad het.
2.Die voertuig is om en by 02:00 voorgekeer en die drywer het weggehardloop nadat die polisie hom gestop het.
3.Ronel se ligaam is net na 08:00 ondek toe die huishulp aan diens gekom het.
Die tragedie is dat Ronel vir 15 jaar in Botswana gebly en gewerk het sonder enige voorvalle en dat sy in SA vermoor word, as sy maar in Botswana gebly het was sy vandag nog lewendig. Ronel sou en het menigte mense gehelp oral waar sy gegaan het, en nou sit haar 5 werknemers sonder werk en n inkomste.

linda ·

dan moet ons dalk almal in Botswana gaan bly

dankie vir die info nou weet ons ook

lw ·

Ek kyk graag Homicide Hunter: Lt Joe Kenda van Colorado Springs VSA se episodes op kanaal CI. Hy het n sukses van oor die 400 moorde wat hy opgelos het. Hy het geweldig baie menslike kennis insig van die beskuldigdes. Hy se gisteraand dat gewapende rowers wat op slagoffers toeslaan, selde moor ook.
‘Their objective is to rob, not murder. ‘
Die vraag wat by my ontstaan – hoekom pleeg die plaasaanvallers (gewapende rowers) dan wel plaasmoorde en huismoorde wanneer hul op n huis toeslaan?
VF+ moet aandag skenk aan wat ek se, gesien in die lig vd plaasmoorde debat Dinsdag.

Lw ·

My eerlike opinie is dat plaasmoorde en huisroofmoorde onder ‘hate crimes’ resorteer. Dalk n nuwe debat in die parlement vir dit, VF+?

Piket ·

Ek stem nie hiermee saam nie.
Kom ons wees eerlik, waarom sou n misdadiger n weerlose person (nogal n vrou ) wreed vermoor as hy net wou steel. ( Hierdie misdaad reeks is deur een persoon uitgedink daarom die patroon.)
Hier is heeltemal iets anders.
Hierdie moordenaars word betaal om moorde uit te voer.
Wat hulle daar steel is n bonus.
Hoekom die skielike toename in intensiteit van die aanvalle sedert Januarie 2017?

Leon ·

Almal gooi klippe en gaan tekere. Ek wil my gebede en hartseer met hierdie gesin deel wat nou deel word van die epidemiese tragedie in Suid Afrika. Sterkte vir al die familie wat deur hierdie donker tye moet gaan. Ek is gereeld in Parys, en das so ‘n pragtige plekkie deur so iets geruk moet word!!

HennieC ·

Dankie vir jou boodskap en goeie wense. Beste een van almal

VanAfrika ·

Die polisie moet ondersoek word. Hoekom het hulle hom nie agterna gesit nie. Donker of bebos is nie n verskoning nie. Hulle moes die honde eenheid ingeroep het sodat hulle hom kon trace. As hulle sy reuk vang het hy nie n kans nie

Piet ·

Sy kan net bly wees sy het haarself nie verdedig nie, anders was sy nou aangekla vir moord. Die arme mens, dis een van die wreedste maniere om ‘n persoon te vermoor. Soos gewoonlik sal mens nooit al die details kry nie.

Jean ·

Huisroof? Neewat die mense kom om te moor en vat toevallig ‘n paar goedjies, wat ‘n bonus is. Dit is ‘n vrou alleen, jy kan haar vasbind, hoekom haar vermoor/versmoor in ‘n ROOF? RIV, en my innige simpatie aan haar naasbestaandes.

Piket ·

Hierdie is nie n huisroof nie.
Waarom ‘n weerlose vrou doodmaak as jy net wil steel.
Nee, hierdie lyk na beplande, georkestreerde aksies waarin ons mense, meestal
blanke, weerlose, ouer mense wreedaardig vermoor word.
Doen hulle dit teen betaling?
Waarom het die aantal aanvalle (moorde ) bykans drievoudig toegeneem sedert Januarie 2017?

Ansie Geldenhuys ·

My innige simpatie aan Mev Claassen se naasbestaandes en vriende. Hierdie is tekens van laaste tye, maar nog nie die einde nie. Bly self in Parys en kry ‘n pyn op my hart. In die stede gaan dit ook so, weet netnie van alles nie. Het daar ook gebly. Voel gegrief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.