Vrou vermoor kêrel glo ná klap

Argieffoto

’n 38-jarige vrou van Joubertina in die Oos-Kaap is oor die naweek in hegtenis geneem nadat sy glo haar kêrel tydens ’n hewige argument met ’n mes doodgesteek het.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, sê die twee was Saterdag omstreeks 21:30 in ’n woordewisseling buite ’n huis in Rondomskrik betrokke.

Daar word beweer dat die 42-jarige man sy vriendin deur die gesig geklap het. Dit is toe dat sy hom na bewering een keer met ’n mes in die bolyf gesteek het.

Nkohli sê die man is op die toneel dood.

Die vrou is sedertdien in aanhouding en sal na verwagting vandag (Maandag) in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Martie ·

Wel ek reken dit was die laaste keer wat hy aan ‘n vrou sal klap!

fs ·

hy gaan beslis nie weer klap nie.. gekry wat hy gesoek het… sterkte vir die dame

Persheks Adri ·

Laat hy maar vir hom kry as sy hande los is! Geen man sal my klap nie

Daleen ·

Wees eerder dankbaar jy het nie ‘n man wat jou mishandel nie. Sjoe groot woorde “geen man sal my klap nie” as jy nog nooit in so posisie was nie.

Persheks Adri ·

Ek was al meer as 1 keer in so ‘n situasie, maar sal nie toelaat dat enige persoon aan my klap nie net soos ek sal wys ek’s beter en om draai al is ek hoe kwaad, want in die tronk gaan sit vir sulke snert nee dankie!

Gert ·

Geen rede maak nie saak hoe kwaad jy is om aan jou maat te klap nie man of vrou

Daleen ·

Ook geen rede maak nie saak hoe kwaad jy is om jou maat (man of vrou) met ‘n mes te steek in die geval DOOD te steek nie.

Persheks Adri ·

Presies Daleen! Dit regverdig nie ‘n klap, mes steek of skiet nie punt

Blomme ·

Wys net hoe onbevoeg ons geword het om geskille aan te spreek. Moet met geweld gedoen word.

Belinda ·

Kom ons kyk hoe speel dit af, siende ons gereg ook gekant is teen “gender-violence” – maar ja n storie het ook twee kante…

Wielspore ·

My dogter het 9 jaar gely onder die hande van ‘n mishandelaar, met die laaste aanranding het hy haar oog blou geslaan. Twee jong kinders het ook onder sy mishandeling deurgeloop. Die dag toe sy hom los het sy my gebel om haar en die twee kinders te kom haal, dit was die beste nuus ooit.

Anoniem ·

Nou ja, weereens ‘n bewys dat ‘n mes net so gevaarlik soos ‘n vuurwapen is. Wonder of dit die volgende stap van die Regering gaan wees om die land “mes” vry te maak.

Moeilikheid ·

jong as jy wil uitdeel moet jy kan ontvang ook sorry pel jy slaan nie aan n vrou nie

VaalDonkie ·

So het my ma ook deurgeloop en die polisie het net vir haar gelag as sy ‘n saak wou maak. Good riddance. Hoop sy word onskuldig bevind.

Sandra ·

Ek dink hy het haar seker vantevore so rond geklap, en die laaste klap was die laaste strooi

Ej ·

Daar is altyd drie kante van n storie. Ek stem 110% saam GEEN man of vrou het die reg om handgemeen te raak met mekaar nie. Ek weet van mans EN vroue wat intoxic verhoudings is. Ja, mans kan ook onder “gender based violence” ly. Lang storie kort, in n oomblik van woede verander baie dinge baie vinnig.

Erika ·

As Hy hààr geklap het hoor ons net van die oortjies van seekoei Dan waarskynlik het man die vrou Voorheen aangerand ook..It’s the final straw that breaks camel back…she had enough…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.