Vrou vermoor oor sy glo nie welkom is nie

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem ná hy ʼn vrou Maandag in die vroeë oggendure in Sunnyside doodgeskiet het.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte het glo saam met ’n vriend en twee vroue ’n kuierplek verlaat. Hulle het in ʼn Mercedes Benz Viano geklim wat deur die vriend bestuur is.

“Daar het glo ʼn argument ontstaan omdat die slagoffer blykbaar nie welkom was in die motor nie. Die verdagte het ʼn handwapen na vore gebring en die vrou glo in die kop geskiet voor hy hom uit die voete gemaak het,” het Mavimbela gesê.

Die polisie het verskeie plekke besoek waar die man glo kon wegkruip. “Die verdagte het geen ander keuse gehad as om homself aan die polisie oor te gee nie,” het Mavimbela verduidelik.

Daar is tydens die inhegtenisneming beslag gelê op ‘n vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is, asook ammunisie.

Volgens Mavimbela sal die verdagte van moord asook die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie aangekla word.

Hy sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sommer net ·

Sommer net omdat sy nie welkom is nie, geen respek vir niemand en dan nog vuurwapen met afgevylde nommer.

Ouma ·

Dis nou om dit nié sagkens te stel nie…. skiet die persoon wat nie welkom in die motor is nie! Nee kyk, die duiwel en sy magte is dik gekonsentreer oor Suid Afrika. Gaan soek gerus in jou Biblioteek die boek “This present Darkness” deur Frank E Peretti. Dit is gebasseer op Efesiers 6:12 “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie…Dit is ‘n boeiende verhaal, maar gee mens baie insig oor hoe dinge in die geestelike realm werk.

Mike Kaapstad ·

ai ai ai jy moet maar uitklim , so onnodig …………….

Koos ·

En alweer word daar geen melding gemaak van kleur nie. As dit wit was, was die man se naam dadelik genoem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.