’n Vrou is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklag van moord toe sy ’n familielid se dood by ʼn polisiestasie in Pretoria aangemeld het.
Die vrou (32) het aangevoer dat die familielid (17) kwansuis selfmoord gepleeg het, maar polisiebeamptes het onraad vermoed.
Volgens kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het die vrou en die tiener glo gister stry gekry in hul woonstel in Sunnyside waarna die vrou die tiener na bewering in ʼn bad kookwater forseer het.
ʼn Voorlopige polisie-ondersoek dui daarop dat die tiener brandwonde oor haar liggaam opgedoen het. ʼn Nadoodse ondersoek sal egter die presiese oorsaak van die tiener se dood bevestig, het Mavimbela gesê.
Een van die polisiebeamptes op die toneel wat die tiener se liggaam in die bad aangetref het, is “geskok en platgeslaan”, het Mavimbela gesê.
Polisiebeamptes sal na verwagting verskeie beradingsessies bywoon om die trauma van dié misdaadtoneel te probeer verwerk.
Die vrou sal vandeesweek nog in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
30 Kommentare
Siek, siek SA.
Nee genade!!! Dis afgryslik!!!
Kan nie glo wat ek hier lees nie!!!
Arme,arme polisie sal hulle ooit oor dit kom,ek wil net sê sterkte .
Swak… Ongelukkig het die duiwel die oorhand op SA