Vrou vermoor toe ‘kopers’ na huis kyk

Gona en Logan Pillay. Foto: Facebook

ʼn Oudskoolhoof van KwaZulu-Natal is vermoor en haar man in ʼn ernstige toestand nadat hulle deur vier mans wat hulle as huiskopers voorgedoen het, aangeval is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Woensdagaand omstreeks 19:00 by ʼn huis in Silverglen in Chatsworth gebeur. Volgens Gwala het die vier mans die huis, wat te koop is, binnegekom onder die voorwendsel dat hulle na die huis wou kyk.

“Hulle het die man en vrou aangeval en hulle silwer Mercedes Benz geroof,” het Gwala gesê. “Die 63-jarige vrou het verskeie steekwonde opgedoen en is op die toneel oorlede. Die man het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas.”

Die Southlands Secondary School het die vrou op hul Facebook-blad as Gona Pillay, ʼn voormalige skoolhoof van die skool, geïdentifiseer. “Ons gedagtes en gebede is met haar kinders, haar familie en haar vriende,” lui die inskrywing.

Verskeie boodskappe van medelye en huldeblyke is op die blad gedeel.

Gwala het gesê sake van moord, poging tot moord en huisbraak word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

m ·

En so gaan hierdie sinnelose moorde maar net aan en aan en die regering kyk anderpad. Te besig om onder mekaar te baklei.

Eish ·

Weer Kwaai Zulu Natal! Dit laat mens eenvoudig sprakeloos dat geweldadige misdaad die samelewing so verpletter.

Sus ·

Wat ‘n verskriklike ding om met mense te gebeur! Dis die prys wat ons betaal vir die voorbeeld waarmee die landswette toegepas word. Skande!!

Karma ·

‘Skuus, ek wou eerstens sê: alle simpatie aan die twee arme ouer mense se familie en gesin. Hoe hartseer is dit nie, om op hierdie manier, ‘n Ma, Ouma en sleutelfiguur in die gemeenskap te verloor en haar gade in die hospitaal aan sy lewe sien klou nie.

andrea van vuren ·

Voornemende huisverkopers. Moet asseblief niemand in jul huis toelaat vir besigtiging nie. 90% van hulle wil net steel en moor.

HPV ·

FW, Roelf, Pik lees hier, so lyk die land wat julle geskep het!

Cherokee ·

Ek het êrens gelees dat meyer lid is van die anc. Dit verbaas nie en geld waarskynlik vir die ander ook.

Arthur van Zyl ·

Dit gebeur landwyd. Hoekom iemand se lewe neem vir n voertuig of selfoon. Gaan hul om te moor en vat dan maar op die koop toe, of gaan hul om te steel en as jy terugveg vermoor hul jou?
Hel man steel dan maar eerder die kar by die Mall.
Word hierdie misdade gepleeg omdat die skelm voel en weet dat die kans op vervolging maar skraal is?
Dit is tyd vir behoorlike SAPS ondersoeke en dat die vervolging hewige strawwe toepas.

Carel ·

HPV jy het dit goed opgesom: FW, Roelf en Pik julle is die argitekte van hierdie krimineel paradys. Hierdie skepping van julle laat ook aborsie moorde vrylik toe, asook Christelike opvoeding uit die skole. Julle moet maar gaan verduidelik.

MM ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG – want solank as wat die skuldige – geoe en geah word deur die Regering sal die moorde bly plaas vind – daar moet afskrik middel vir die MOORDENAARS WEES – Baie sterkte aan die Familie – So bitter onnodig – kan NIEMAND meer vertrou nie.

HPV ·

MM, jy wil die doodstraf in die hande van die regering plaas? Hulle kan nie eers ‘n rioolplaas bestuur nie. Nee ek dink nie so nie.

Minority ·

Sinnelose moorde, eers was dit net blankes, ek sien al hoe meer dat kleurlinge en indiers ook geteiken word .. Minderheidsgroepe moet wakker word, dis nie net blankes wat meer die teiken is nie, AL die minderheidsgroepe is .. opmerklik hoeveel indiers in die afgelope tyd doodgemaak is in hulle huise. Sterkte ook aan hulle familie en vriende.

Ellisras ·

Op 63 jarige ouderdom. As jy moet begin rustig raak. En dit gebeur. En Werner wat rustig niemand gepla het. En dan het ons kommentators wat als en almal wil blameer. As dit by doen kom is die profete weg. Ry tog ‘n slag 3 uur die nag patrollie en mask jou buurt veilig.

Theresa ·

Huisverkopers moet asb. nie borde en allerlei baniere toelaat nie. Daar is ander baie meer moderne en VEILIGER maniere om ‘n plek in die mark te sit en baie suksesvol te verkoop. Onlangs weer beleef – daar is net bloot meer beheer oor wie jou drumpel intree.
Innige simpatie aan hierdie familie en die vriende en sterkte aan die man wat moet aansterk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.