Vrou vermoor toe man gou apteek toe gaan

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Bloemfonteinse man het Dinsdag op sy vrou se liggaam in hul huis in Bayswater afgekom nadat hy gou apteek toe was.

Die man het sy vrou, in haar 60’s, tuis gelaat met ’n tuinwerker wat buite die huis besig was waarna hy gou apteek toe is, het lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, gesê.

“Met sy terugkoms het hy sy vrou se liggaam in ’n plas bloed aangetref. Haar keel is oopgesny en haar hande was agter haar rug vasgebind.”

Volgens Covane het die man rondgehardloop en na die tuinier gesoek wat hulle onlangs in diens geneem het, maar hy was nêrens te vinde nie.

Die man het onmiddellik die polisie ontbied. “Die polisie het op die toneel aangekom en met ’n voorlopige ondersoek begin. ’n Beursie met ’n onbekende bedrag geld daarin word vermis en die vermoorde se handsak is buite in die erf gekry.”

Die polisie het met ’n grootskaalse soektog na die moordenaar begin. Sake van huisroof en moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Tiptol ·

Dis meer as gewoonlik iemand wat by jou werk. Mense verstaan dit nie.

AmY ·

Aggenee. Dis erg.
Nuwe tunier?
Ek hoop hulle vang die misdadiger gou.
Waarom het die man sy vrou alleen tuis gelos met ‘n nuwe tuinier buite in die tuin?

Lourens CFG ·

Dít is hoekom ek NIEMAND as werker sal vat nie, ek wys almal weg.
Ek is amper 70 en doen als self, nou wel baie stadiger as vroeër jare, klim stadig met leer op om op ons dak reg te maak ens. Maar ons veiligheid is prioriteit.

Harley Davidson ·

Mense ,ons moet ons eie tuinwerk begin doen of ons tuine so te verander dat dit selfonderhoudend is of net min onderhoud benodig.

Inge ·

Ouer mense kan dit ongelukkig nie doen nie. Stel jou voor ‘n 67 jarige man moet in hierdie son grassny, kante trim en beddings om skoffel. Nee, ongelukkig nie. Kry ‘n betroubare tuindienste en nie net ‘n man van die straat af nie. Ek stem wel saam met jou, mense sal hulle tuine moet verander sodat dit min onderhoud verg, sou hulle nie ‘n tuinman of tuindienste wil aanskaf nie.

Hardekwas ·

Tuindienste kry gewoonlik hul werkers vanaf die straat.

Kaal Keiser ·

My pa was nog in sy 70’s en het self gras gesny en tuin skoon gehou.

piet ·

My pa is 87, sny/trim self gras en klim nog op die dak. Ek wonder of ek nog op die dak kan klim? Maar, hy is verseker ‘n uitsondering. My ma is 2 jaar jonger en net so aktief in die tuin, doen ook nog alles self. Ons familie raak egter oud. My pa se oom was 105 laas toe ek nog ge-check het. Daar’s ‘n video op youtube waar hy konsertina speel op sy 100’ste verjaardag, was ook ‘n berig in die koerant daaroor.

Patch ·

My pa is 72 en doen nog steeds sy eie werk. Maar ek kan verstaan dat baie bejaarde mense nie meer self vir tuinwerk kans sien nie. Ek tel my pa beslis nie onder “bejaard” nie want ek dink hy is fikser as ek ☺

BOKKIEBEK ·

Liewe Vader, hoe doen mense dit? Jy is goedhartig genoeg om vir iemand ‘n werk aan te bied, en dan betaal jy met jou lewe… :-(

piet ·

My pa is 87, sny self gras en trim en klim nog op die dak. Ek wonder of ek nog op die dak kan klim? Maar, hy is verseker ‘n uitsondering.

Willie ·

Ons doen al ons tuinwerk self vir die laaste 16 jaar, regte beplanning en harde werk maak dit suksesvol.

Die regte gereedskap is ook n’ pluspunt.

Deesdae is dit n’ pleasier om in die tuin te werk aangesien alles nou gevestig is.

Ongelukkig kan ons niemand meer vertrou nie, ongeag van die persoon se agtergrond.

ES ·

Ek vertrou ongelukkig niemand nie… Ons tuinier is ‘n ouer man wat al jare vir almal in die straat werk maar ek is nogsteeds versigtig. Daar is te veel opportunistiese misdadigers wat jou vir ‘n lang tyd dophou sodat hulle jou eendag onkant kan vang. En hulle teiken altyd ouer mense wat nie hulself kan beskerm nie.

Soos die Engelse gesegde se “rather be safe than sorry”.

Frank John ·

Jy kannie sommer net iemand in die straat huur om by jou huis te werk en skaars nadat hy lank by jou werk hom so vertrou dat jy jou vrou alleen by die huis met oop deure saam hom daar los. Ek het ‘n bekende en betroubare man wat by my op permanente basis werk. Waneer hy hier werk is ek heeldag saam met hom hier. Dan doen my vrou die winkel toe gaan deel of ons altwee gaan saam. Ken my werker al 15 jaar.

gpsa ·

Jammer maar selfs so persoon sal ek nie vertrou nie. Maar elkeen se eie besluit maar ons doen huis en tuin werk self ten minste al seker naby 15 jaar.

Lourens CFG ·

Pasop, daar is ‘n brou in die Paarl vermoor deur die seun van haar huiswerker.
Sý het die seun se hele skool loopbaan finansier.
Ook onlangs is ‘n boer in die Vrystaat vermoor deur ‘n man wat al meer as 37jr op die plaas werk.

Lindi ·

En ELKE DAG is daar plasings op fb wat vra vir tuiniers en huiswerkers – en dan gooi ‘n paar mense name rond en dan word hulle sommer netso aangestel SONDER om kriminele agtergrond na te gaan, adres ens.

Vernon ·

Hoeveel keer het ek al gehoor van die betroubare werkers wat dit nooit sal doen nie. Maklik..vertrou niemand en doen die werk self,binne en buite.

Toy ·

Dis wreed, iemand gee hom werk en hy doen dit. Mag hy vinnig gevang word en smyt hom in die tronk. Dit maak my hart hard as ek sulke goed hoor, kry die wat so bedel dan gladnie jammer nie.

Janie ·

Net nog ‘n lewe wat gevat is. Net nog iemand uit die samelewing uit. Hoekom is dit nuus? Dis mos lankal nie meer nuus as iemand vermoor word nie. Algemeen.Wie gee om? Mens kan nie eers meer verwag om nuus te lees sonder om van moord te lees nie.Dis asof mense se lewens nie meer saak maak in S.A nie. Dit maak mens NAAR om te weet jy bly in ‘n land waar daar “leiers” is vir die naam daarvan, maar NIKS ooit hoor van wat hulle doen om ons burgers te beskerm nie. Dis lankal nie meer oor gevoel nie, maar oor geld.Wat misdaad betref, gaan dit nie meer oor of dit met jou gaan gebeur nie, maar oor wanneer dit met jou gaan gebeur. Hoekom word ons gedwing om in hierdie land te bly omdat jy of nie die geleerdheid het, of die geld het om jou mense na ‘n beter omstandighede te vat waar jy nie elke dag hoef te vrees vir die ‘mense’ om jou nie? Hoekom kan daar nie net iets gedoen word omtrent dit nie? Is ons hande regtig so afgekap as wat ons ‘leiers’ ons laat glo dit is?

Carina ·

Dit was baie duidelik die tuinier. Hoekom was die huis nie gesluit nie? Hoekom neem mense nog werkers van die straat af in? Dis so onverantwoordelik. Ek weier om ‘n huiswerker of tuinier te kry. Ek sukkel liewer self aan en werk self half, as wat ek ‘n onbetroubare, onveilige vreemdelik toelaat. Ek laat nie eens verwers toe in my huis nie. Ek is juis besig om self binne uit te verf.
As jy wel iemand moet kry, sorg eers dat jy deeglik soek en gebruik liewer iemand wat al geruime tyd by ander vriende, bure of familie werk, sodat jy presies weet met wie jy te doen het. En kry afskrif van ID en adres voor die persoon begin werk, skryf daarop wanneer hy/sy begin werk en bewaar dit iewers waar die polisie dit kan vind indien iets met jou sou gebeur.
Sterkte aan die man en sy familie.

Adeline ·

Realiteit bestaan uit 2 bene = 1 feit & 2 waarheid. Realiteit in die situasie = 1 Feit die man het ‘n onbekende “John Matwhetwhe” in diens geneem om die tuin te versorg. Sy siek vrou (daar word nie gesê hoe die “John” by die huis ingekom het nie) by die huis gelos en apteek toe gegaan. ‘n Siek wreed vermoorde vrou – wie weet hoe lank hy weg was – by sy aankoms ontdek.
2. Waarheid – onbekende tuin man “John” was weg. Sy vrou is dood. Evaluasie = wie is in vandag nog so onnosel om vir al die “John’s en Susie’s Matwhetwhes werk te gee – Waarheid as keuse = julle gee julle moordenaars kos, betaling en geleentheid om te moor.!!!!

Wat Wou ·

Jammer ek is woedend. Die regering en ander politieke party doen niks aan die saak nie. Dit het tyd geword dat ons nie meer die soort behandeling wat blankes kry net gelate aanvaar nie.

Waarnemer ·

En wanneer hy gevang word is hy binne 3 dae op mediese parool vry of die howe se daar is nie genoeg bewys stukke om hom met die saak te verbind nie en hy stap skotvry daar uit….WELKOM IN SUID AFRIKA!!!

Solomon ·

Ek is nou 83 jaar en laat niemand by ons werk nie. Doen alles self. Grassny stofsuig die huis en nog vele meer.

JohanNL ·

Almal wat hier kommentaar lewer en julle eie huis- en tuinwerk doen – BRAVO! Julle verdien sekerlik `n goue sterretjie. Dit gaan egter hier nie oor julle nie.

Die vrou is dood, haar man en kinders en kleinkinders bly agter en gaan miskien eendag hier lees. Ek kan jou waarborg hulle worstel alreeds met die “kon ek nie maar”, “plaas het ek maar” en “ek moes nooit”.

Julle meerderwaardige beterweterige teregwysings help niemand nie, laat hulle nie beter voel nie en bied geen vertroosting nie.

Staak dit asb, betoon meegevoel of bly eenvoudig stil.

Pieter J ·

Ek dink iemand moet die moeite doen en die statistieke kry van hoeveel dames die afgelope paar jaar deur hul “tuiniers” vermoor is kry. Dit sal mense skok en dan sal hul besef dat diekommentaar oor tuiniers geregverdig is. Ek lees elke dag ń hele paar koerante en sien gereeld berigte hieroor. Op een of ander manier moet mense daarop attent gemaak word oor hoe ń gevaarlike praktyk dit is. Dit is uiters tragies en niemand verdien om so te sterf nie.

Isabella ·

Hou op om di mense in diens te neem jy kan NIEMAND VERTROU..hoeveel keer ht hierdi selfde ding al in di verlede gebeur …en nog steeds ….en sal ook voortduur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.