Vrou vermoor toe motor onklaar raak

Argieffoto

ʼn Vrou wie se motor langs die pad onklaar geraak het, is doodgeskiet deur twee mans wat voorgegee het om haar te help.

Kapt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, het gesê die 25-jarige vrou se motor het Vrydagaand in Dalasile, naby Ngcobo in die Oos-Kaap, langs die pad onklaar geraak. Twee mans het nader gekom om die vrou skynbaar te help. Een van die mans het ʼn 9 mm-pistool te voorskyn gebring en die vrou verskeie kere geskiet.

Volgens Mdleleni het gemeenskapslede die vrou na die All Saints-hospitaal gehaas waar sy gesterf het. Sy het gesê die motief vir die moord is nog nie bekend nie, aangesien die mans nie die vrou beroof óf haar motor gesteel het nie.

Mdleleni het gesê twee verdagtes, onderskeidelik 35 en 45 jaar oud, is Sondag in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die polisie het tydens die inhegtenisnemings op vuurwapens en ammunisie beslag gelê. Die verdagtes sal Dinsdag in die Ngcobo-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Hanna ·

Nou ja Lindiwe Sisulu, hier gaan ons alweer: vlgs jou hoef niemand in ons wetsgehoorsame, demokratiese land bur hul lewens te vrees nie… Jy het sopas Australie betig oor die misleidende en onwaarhede wat oor Suid-Afrika verkondig word. Nou het n onskuldige vrou haar lewe verloor. Jy leef in n gekkeparadys!

Petrus ·

Doodstraf is ‘n moet in SA! Sulke sinnelose moorde sal stop wanneer diesulkus wat dink SA is ‘n cowboy en crooks land moet gestraf word soos hulle aan ander doen. Daar is geen regverdighied in tronkstraf nie!

Wil dit uitgil op haar ·

Ek stem saam met jou & wil dit uitgil op haar. So sinnelose moord!

PJC ·

As ń mens uitvind wie en wat die vrou is sal daar moontlik ń motief wees.

Wolf ·

Net ons bewys van “robuuste” politiek en samelewing.
Ek het op n plaas groot geword en in die stad oud geword. Ek het nog nooit soveel naaste haat en onverdraagsaam heid gesien soos onder die huidige bedeling nie. Sies ANC skaam julle. Dis nie wat Mnr. Mandella met freedom bedoel het nie. Waar is geregtigheid en verdraagsaamheid?

Nita ·

Die mense is van die duiwel besete. Die moord en rooftogte word nou n nasionale sport.

Helena ·

Het die polisie nog nie uitgevind dat geen motiewe nodig is nie, die slagoffer/s MOET net blank wees en dan kom hulle ook nie een nie maar altyd meer as een lafaard want die een moet die andeer aanhits en ondersteun.

Daarmee se ek nie dat daar nie “ander” mense is wat vermoor word nie maar persentasie gewys is ek oortuig daarvan dat die moorde op blankes meer is as op ander gemeenskappe

Carel ·

Hoe kan die polisie so lieg deur te se dat die motief vir die moord onbekend is? Dis so helder soos daglig!

Moedeloos ·

Wat maak dit saak van watter kleur of woonbuurt sy is… Sy is vermoor vir geen rede. Dit raak nou belaglik

Willem Witwaks ·

Stem. Ongeag die dame se kleur, ouderdom of waar sy vandaan kom, pleks hul haar eerder bygestaan het. Maar nee, roof, plunder en moor is mos veel lekkerder in ons land, en so boet onskuldige burgers met hul lewe. Ek’s ook moedeloos. Weet waaragtig nie hoe dinge kan beter raak. Ons sogenaamde “leiers” het beheer verloor oor die land en kriminele is aan die stuur. Tragies!

Piet ·

Dit maak beslis saak wat se ras sy is, want dit sal mos nou noodwendig lig werp op die motief.

LB S ·

Dit lyk of dit ‘n “hit” kon wees, iemand wat weer van sy vrou ontslae wou raak en al die geld vir homself hou instede om te skei.

Oom Kalahari ·

Motor raak onklaar en sy word vermoor deur meganiese foute wat ingetree het. ‘n weerlose vrou en lid of Ma van ‘n familie moet boet met haar lewe wat ongevraagd was en pleks van om hulp te verleen word sy vermoor -Tragies. Is dit nou die SA en sy demokrasie. Ongeag van enige motief, is iemand se lewe dan niks meer werd nie. Lindiwe Sisulu asb jy kruip weg in jou paleis met vele wagte, maar die gewone mens op straat se lewens is nul en van gener waarde. Waarom doe buiteland bedrieg en op ‘n dwaalspoor plaas?

Wolf ·

Oom Kalahari, wel gese. Ek stem saam.
Skaamtelose leunaar wat sy is. Ook maar bang sy verlooe haar joppie.

Theresa ·

Absoluut waar. Die blote feit dat sy in haar amp so lieg, behoort onmiddellike reaksie vanaf die nuwe president ontlok het. Ontslag / skorsing van amp.

Elsabe ·

Sterkte aan die vrou se familie. Kleur maak nie saak nie. Moord is moord.

Willem ·

Hier heers ‘n kultuur van moord, verkragting en wetteloosheid in ons land. Die jeug – die leiers van more – word nie waardes geleer nie – hulle doen lustig voort aan die onheille. Net God sal ons land kan red – maar ons moet terug draai, ons sondes belei en hulp vra. Kyk maar hoe lyk die rusdag – Sondag – daar is geen verskil van die ander dae in die week nie – Kom ons begin met ‘n sterk aksie om terug te keer na wat ons Skepper ons beveel het. Hy het vir ons sondes gelei en gesterf – maar ook opgestaan! Glo ons dit werklik? Hier rus ‘n groot plig op ons skouers om te help verseker dat Sy Koningkryk sal kom, en Sy wil sal geskied.

Jacques ·

Geagte Mev Sisulu , is die tipe optrede nou wat jy noem WETSGEHOORSAAM ? Indien dit wel jou siening is dan sit jy die pot baie ver mis met al jou wagte en veilige motor ens , ens . Gaan kyk aub na die alledaagse leefwyse van die belastingbetalers wat sorg dat jy n luukse en veilige bestaan kan maak . Word wakker aub en doen daadwerklik iets .

Rina ·

Die vraag is dus ook hoekom het sy veiligheidswagte en veilige voertuig as sy reken SA is so danig veilig.

gunston1960 ·

Ongelukkig is dit nou maar Suid Afrika, Vir die meeste moorde wat gepleeg word ,is daar geen motief nie, Dit is die kultuur van ons mense, want dit word beskou as normaal in Afrika en aanvaarbaar

Gert ·

Weereens kulturele waardes en standaarde. Polities “korrekte” kommunikasie verbeter nie die werklikhede van die dag nie. Die afgedwaalde ANC beleid en waardes van die verlede waarna teruggekeer moet word strek dekades terug. Daar is reeds ‘n gevestigde kultuur wat met baie moeite en harde werk aangespreek moet word. Ja geld is daarvoor nodig en moet oor die spektrum ingesamel word. Werkloosheid dra nie by nie.

Nope ·

Ek hoor wat jy se maar jou LAASTE SIN is uit pas uit.. Hierdie vrou is GLAD NIE BEROOF NIE, so al was die manne werkloos . WAT het haar dood dan beteken? As jy mense in ‘n BUS aan die brand steek . IS JY HONGER??? Kom nou mense .. drop die skuldgevoel oor apartheid . die STAAT het werk belowe aan die mense en al HET JY NIE WERK nie, steek jy nogsteeds nie ‘n bus met jou EIE MENSE (of enige ander mense )aan die brand nie . dit is NIE WERKLOOSHEID NIE maar THE EVIL WITHIN!

Roelf Berg ·

Die berig is “stomp: . Wie is die vermoorde – lyk of iets weg is in die berig – Help!!

botterblom ·

ek ruik lont… hier meer agter die moord en kar wat onklaar geraak het…

Ben ·

Botterblom, jy is na aan die waarheid. Het ons dan die gebeure van Ncobo so gou vergeet?

Mags ·

Mense, hou asb. op om die doodstraf terug te wens !! Ons regstelsel is totaal eensydig, julle sien en beleef dit daagliks.. Julle sien die maters wat openlik verklaar, op ‘n algemene basis, hoe hulle die Blanke vrouens en kinder wil verkrag, in stukke opsny en kompos maak van hulle, hoe hulle Blankes vir ure martel, en dan t-hemde dra waarop hulle hul absolute haat vir Blankes onomwonde uitgedruk word, en daar word geen aandag daaraan geskenk nie. Maar ‘n Blanke wat slegs die een of ander woord gebruik, moet vlug vir hul lewens, besighede word aangeval, of kry selfs jare tronkstraf.. Dus die doodstraf sal byna uitsluitlik vir Blankes wees. Hou asb. op wens vir iets om die Blanke verder uit te wis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.