Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 43-jarige man, sy skoonma en ander familielede was by hul huis in Westville toe hulle omstreeks 21:25 gesien het hoe twee mans probeer om ʼn deur van die huis oop te dwing.
“Die man en sy skoonma het opgespring en die deur toegedruk, terwyl hulle die ander familielede opdrag gegee het om weg te kruip,” het Mhele gesê. “Die verdagtes het losgebrand en die vrou doodgeskiet. Die man het ook skietwonde opgedoen.”
Volgens Mbhele het die verdagtes ʼn selfoon geroof en te voet van die toneel gevlug. Die man is na ʼn hospitaal gehaas.
Sake van moord, poging tot moord en huisroof word deur die Westville-polisie ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
En dit alles vir ‘n selfoon? Wat gaan in ons land aan? Arme familie, innige simpatie.
Elke liewe dag is dit net Moord en op weerlose mense. Dit alles vir ‘n selfoontjie, maar die buitewereld word heuning gesmeer hoe veilig dit is in hierdie demokratiese land. Wat ‘n grap!! Die krimineel word beskerm met sy eie werkskeppings en verrykings projek.
Vaderland, dit hou net nie op nie!!! Sterkte vir jul ouens daar in SA.
Die moeder is n heldin.
Yankee kan jy hierdie tipe nuus en plaasmoorde daar in Amerika versprei na die regte mense toe? Asseblief?
Waneer gaan daar iets gedoen word aan die laks polisie wat nie hulle werk doen nie maar bakhand staan vir hulle salaris aan die einde van die maand.