’n Vrou is Woensdagmiddag vermoor toe twee mans haar en haar ma op hul kleinhoewe digby Sundra in Mpumalanga oorrompel en aangerand het. Die vroue se tuinwerker was glo kop in een mus met die aanvallers.
Volgens Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die mans net voor 13:00 die plaas betree. Hulle het die vrou (in haar laat 40’s) in die motorhuis aangetref en aangerand. Haar liggaam is ná die aanval in die motorhuis gekry. Müller sê in hierdie stadium word daar vermoed dat sy verwurg is.
“Die vrou se ma, wat diep in haar 60’s is, is ook erg aangerand. Haar stukkende mond wys dat sy erg geslaan is,” vertel Müller.
Die huiswerker is vasgebind en in ʼn badkamer in die huis toegesluit.
Müller sê die mans het onder meer ’n grassnyer agterop die vroue se bakkie gelaai en gevlug. Hulle is ook met een vuurwapen vort.
“Hulle het met die gesteelde bakkie met die N12 in die rigting van Pretoria gery. Hulle het iewers van die N12 oorbeweeg na die R50. Ons buurtwag is intussen geaktiveer en het die bakkie agternagesit.”
Die aanvaller wat die bakkie bestuur het, het op die R50, ongeveer 14 km van die kleinhoewe, beheer verloor oor die voertuig en dit het gerol.
“Een van die verdagtes is ernstig beseer en is met ʼn ambulans na die hospitaal geneem. Die ander verdagte is net daar waar die bakkie gerol het, in hegtenis geneem.”
Müller sê toe die polisie die tuinwerker op die moordtoneel ondervra het, het dit aan die lig gekom dat hy kop in een mus was met die aanvallers. Hy is daarna ook in hegtenis geneem.
Die plaaslike polisie het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê hulle is nog besig met ’n ondersoek op die toneel. Inligting sal later beskikbaar gestel word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Nog terreuraanvalle op ons! Genade mense bewapen julle self en wees paraat ten alle tye. Nog bloed op Cyril en hoed se hande!
Die feit dat hulle ons wil ontwapen maak my so naar verby
Daar is nou elke dag nuus van plaas of kleinhoewe moorde….. HOE LANK GAAN ONS NOG MET GEVOUDE HANDE TERUG SIT?? ???
So jammer , in suid afrika is dit die nuwe normaal.
Dit is skokkend om elle dag die moord stories op witmense te lees.
Niks maar niks gaan verander met die regering nie
Hoekom stem die hordes mense vir julle , waarheen is ons oppad!!
weereens ‘n werker betrokke! Gaan my verstand te bowe dat enige iemand nog werkers toelaat in hul erf!
Vraag, Die huiswerker word nie aangerand nie, net vas gebin en in die toilet toe gesluit, die 40+ & 60+ jarige wit dames word aangerand en vermoor…..