Vrou vertel hoe ‘mense-engel’ haar lewe red

Nicole Gillian Morgan en Obakeng Seutane. Foto: Facebook

Nicole Gillian Morgan en Obakeng Seutane. Foto: Facebook

ʼn Johannesburgse vrou het Saterdag op sosiale media die storie gedeel van ʼn vreemdeling wat haar lewe gered het nadat sy in ʼn winkelsentrum inmekaargesak het.

Nicole Gillian Morgan het op Facebook vertel hoe sy en haar sesjarige seun, Mikey, op 28 April in Cedar Square in Fourways inkopies gedoen het toe sy deur ʼn by op haar arm gesteek is. Morgan het gesê hoewel die bysteek baie gebrand het, was sy nie bekommerd nie omdat sy al vorige kere deur ʼn by gesteek is en nie vir bye allergies was nie.

Nicole vertel dat sy en Mikey kort nadat sy deur die by gesteek is by ʼn kassiere in ʼn winkel was om vir hul inkopies te betaal, toe sy gevoel het hoe haar “hart en kop begin klop” en dit vir haar moeilik raak om asem te haal. “Ek het my man gebel en gesê dat ek nie lekker voel nie en hy het gesê ek moet dadelik na ʼn apteek gaan vir hulp. Teen die tyd kon ek skaars asemhaal en het ek in die loopgang van die sentrum gaan sit. My seuntjie het gehuil en aan my hemp getrek sodat ons kon loop, maar ek kon skaars beweeg,” het sy gesê.

ʼn Vrou het Nicole te hulp gesnel en nadat sy gehoor het dat sy deur ʼn by gesteek is, het die vrou apteek toe gehardloop om antihistamien-medikasie te koop. “Ek het gedink dit is te laat vir oor-die-toonbank-medikasie en dit het gevoel of daar nie meer baie tyd oor is nie. Die volgende oomblik het ʼn man by my gekniel en ek het vir hom gesê dat ek deur ʼn by gesteek is. Binne vier minute nadat die anafilaktiese skok in die winkel begin het, het ek my bewussyn verloor.”

Nicole het gesê die man, Obakeng Seutane, het haar seuntjie gekalmeer en haar met behulp van omstanders na sy motor gedra. Hy het haar op die agtersitplek neergesit, vir Mikey in die passasiersitplek vas gegordel en met haar na ʼn hospitaal gejaag.

By die hospitaal moes noodpersoneel vinnig werk om Nicole se lewe te red aangesien sy by haar aankoms in ʼn kritieke toestand was. Met Mikey se hulp kon hulle daarin slaag om Nicole se man, Ross, se nommer op haar selfoon te kry en hy en haar skoonma het na die hospitaal gehaas.

“My skoonma het Obakeng bedank en vir hom gesê hy hoef nie langer te bly nie, maar hy het geweier om te gaan voordat hy geweet het ek is oukei,” het Nicole gesê. “Omstreeks 19:30 daardie aand het ek in die waakeenheid wakker geword en ek onthou ek het gedink, sjoe, ek is nog hier! Ek lewe! Alles te danke aan my seun wie se vreesbevange oë Obakeng se aandag getrek het terwyl hy na die gimnasium op pad was en hy besluit het om te help.”

Nicole het Obakeng Saterdag ontmoet om hom te bedank vir sy optrede wat haar lewe gered het. “Ek was verbaas om te hoor hy is maar net ʼn 20-jarige student wat by Varsity College studeer. Hy het my lewe gered en my geloof in die jeug van Suid Afrika en die mensdom as geheel herstel. Daar is geen woorde om my dankbaarheid te beskryf nie. Obakeng is my mense-engel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Malva ·

Obakeng jy is ‘n ware mensch. Mag jou voorbeeld van mede-menslikheid ander inspireer. Glo ‘n blink toekoms wag op jou.

Xa ·

Obakeng klink na n engel ja. Ek het ook hoop in die land gekry deur mense soos hy, wie nie bang is om “betrokke te raak” nie.

Cherokee ·

Waarom sê julle sy naam was Obakeng Suatane? Wat is dit nou?

Sune van Heerden ·

Dagsê Cherokee

Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Cherokee ·

Hallo Suné.

Dankie vir jou reaksie.
Die tussenwerpsel was eintlik tong in die kies gewees en ek is seker jy weet dit.

Groetnis uit Durbs
Cherokee

petro langenhoven ·

Obakeng jy is waarlik n engel in mense gedaante SA het meer sulke mense nodig mag God jou seen

Estelle ·

Obakeng jy is n ware mense engel. Baie dankie vir jou optrede en mag jy geseen wees vorentoe. Ons wereld het meer mense soos jy nodig wat met liefde n medemens help. Wel gedaan.

Barry ·

Well done Obakeng!What a man!Jy maak mens sommer trots om n Suid afrikaner te wees!As ons almal maar net so kan saam leef in vrede!Mag jy ryklik deur God geseën word vir jou wonderlike daad!

Wat-ek-lees ·

Weereens ‘n bewys dat hulp geen perke ken wanneer in nood.

yster 74 ·

Dit is n ongelooflike daad jongman. Waarlik ek is sprakeloos.

HDP ·

So lekker om te lees van ‘n positiewe storie en dat daar nog mense is wat ander help!

Frederik ·

Met mense soos Obakeng kan ons ‘n land saam opbou. Met rubbish soos Nammawan kan ons die land saan afbreek.

Elma ·

WOW.!!!! Wat n wonderlike jongman.!!! Sy ma het hom baie beslis goed groot gemaak om , om te gee vir sy medemens.

Proud South African ·

Thank you Obakeng, God will bless you beyond measure! You made your parents proud & may all South Africans see this….

Marie vd merwe ·

Daar is nog omgee mense. Dankie vir die jong man wat n voorbeeld kan wees vir alle mense. N goeie daad bly nooit ongesiend. As elke mens net een goeie daad per dag doen vir n ander . Kan ons n verskil maak.

Marie Visser ·

Obakeng, ‘n man van God gestuur. Geseënd is jy! Suid-Afrika se inwoners is trots op jou!

Marie Visser

Flip Nöthling ·

Obakeng, your selfless caring saved a stranger’s life. I salute you for the kind person you are. May you have a blessed life.

Ann Oberholzer ·

Wonderful story. Makes me proud to be South African! Obakeng, thanks for caring.

Jeannie du Plessis ·

Ek stem saam met almal se kommentaar. Ons raak so maklik negatief maar as ons om ons kyk is daar baie meer mense wat omgee en enige iets sal doen om te help.

CHRISTA ·

Drie hoeras vir jou Obakeng!! Jy stel ‘n sterre voorbeeld aan ons almal! Ek hoop jou wonderlike optrede inspireer alle Suid Afrikaners om met dieselfde menseliefde teen oor hulle medemens op te tree!!

Maryke ·

Obakeng, jy het Jesus se liefde gedemonstreer!!!! Wat ‘n man…..!! Wat ‘n mens……!!!!!

YOLANDA ·

So lekker om vìr n slag positiewe nuus te lees. Soveel beter as al die moorde en roof. Wow.

pjk ·

Hierdie is net weer n sterk voorbeeld vir my, dat wit en swart mekaar in SA al gevind het. Dis nog net politisie wat nie daar is nie.

Amanda Van Vuuren ·

Awesome! en niemand verwys direk na die outjie se velkleur id geval nie?? verstommend!
Die Here sal hom baie beslis mildelik seen!

Willie ·

Regte helde daad… Dink net as ons al die negatiewe in posotiewe kan omsit in die land… Al die innovering wat in kwaad, steel, fluik ents ingaan, in goeie kan konsentreer… waar sal SA wees…?

Mariaan ·

Dit is so lekker om n Maandag met sulke goeie nuus te kan begin. Hier is wonderlike mense in Suid Afrika ek wens die wat so swartgallig is en wil wees kan sien met positiewe denke en dade kan ‘n nasie saamgebind word.

Lorraine Redpath ·

Wat ‘n ongelooflike storie. Obakeng, jy is ‘n pragtige voorbeeld van ‘n jong man. God bless

rv ·

Nicole, Obakeng
Baie baie dankie dat julle dit met ons gedeel het. Al die Eer en Lof aan ons Hemelse Vader.

harry ·

mooi gebaar van iemand wat jy dit nie van sal verwag nie.die Here het seker met sy hart gewerk

Hannetjie Harvie ·

Dis nou n voelgoed storie! Baie dankie aan hierdie jong man.

Maggie ·

Wat ‘n wonderlike verhaal.
Danksy die jong man se vinnige aksie het ‘n seuntjie nog sy mamma.
Soos Maryke se: Jy het Jesus se liefde getoon Obakeng.

Ouma ·

Dit wys jou net: In die slegstes van ons – is daar goed. In die bestes van ons – is daar sleg – sodat dit niemand betaam om ‘n vinger na iemand anders te wys nie. Dankie Obageng, ek weet daar is baie ander jongmanne soos jy. Ons moet dit net begin raak sien en nie net gedurig met ‘n kritiese oog kyk en almal oor dieselfde kam skeer nie. Ek stap Saterdag in ‘n oorvol mall toe ‘n vriendelike swart man na my toe kom en sê: Ouma, ek sien jou handsak te zippie is oop. Maak hom eerder toe. Dis veiliger.

Koos1 ·

Het laas week in die hartjie van Soweto gewerk. Geen persoon het my vreemd aangekyk of bedreig nie. Ons moet begin om die goeie ook in die land raak te sien. Dankie vir hierdie jong man, wat weereens ons oe oopmaak vir die goeie. Die kriminele is ver in ‘n minderheid, maar ons laat toe dat hulle ons lewens regeer. Moet ons gewone wetsgehorsame burger (wit en swart) nie dalk opstaane en hierdie land terug eis nie? Ons is gemaklik in ons huise en kantore en lewer net kommentaar (wel seker nie almal nie), ek dink ons moet nou iets doen. Begin by die stem bus, of by die werklose ou op straat of iewers, maar om niks te doen nie is die ergste wat ons kan doen.

Sandy ·

Amazing story! Obakeng is an example to all South African’s. A young man like this deserves to be part of our future leaders….how about paying it forward and posting what he is studying towards? I’m sure there is a company out there that would love to have this sort of individual on their team,.

Hannah ·

I salute you Obakeng you are a wonderful caring person. Thank you and may God bless you.

m ·

Dis so lekker om so positiewe storie aan die begin van die week te lees. Dankie Obakeng.

Goeie voorbeeld ·

Jong man, jy herinner my aan jong mense met wie ek werk, hulle sal altyd help waar hul kan, ons sien mense voor ons nie politieke gemors nie. Jou ouers kan opreg trots wees, jul produksie is het 100% reg uitgekom en is ‘n goeie voorbeeld vir ons almal in die land!

Brand ·

Baie wonderlike storie,ek wil niks wegvat van die jong man nie maar daar is baie sulke tipe stories wat nie die nuus haal nie. Ongelukkig haal net die slegte stories die voorblad.

Mielie ·

Wow, wat n amazing daad, hierdie man het soveel verantwoordelik en menslikheid. Wys jou net nie alle studente wil afbrand en betoog nie, hy behoort in n leierskaps posisie te wees. Hy is n engel

Jesus Christus Leef ·

Wat ‘n pragtige storie! Dis weereens ‘n bewys dat daar goeie mense in elke ras is en die omgekeerde is ook waar. Obakeng Seutane het soos ‘n goeie Samaritaan uitgereik na sy medemens in nood, ongeag wat haar velkleur was. So iemand het defnitief ‘n baie goeie opvoeding gekry by Godvresende ouers!

martien ·

Baie dankie vir die positiewe berig. Wil dit so graag meer lees. Dankie jongman, ek salueer jou!!!!

Oom Kalahari ·

Dit is mense soos Obakeng Seutana wat jou weereens laat herdink dat daar tog ook goeie jongmanne is en hul ontferm oor andere in nood. Hier het die jongman bewys dat hy uit liefde ‘n goeie daad en optrede uitvoer teenoor sy medemens en Nicole se lewe te red waar tyd ‘n faktor was tot behandeling. Sy optrede was onbaatsugtig en het hul ook in sy eie vervoer en met die nodige veiligheids toepassing en welsyn van die jong seuntjie omgesien. Daarby het hy by die hospitaal gewag en gewaak tot hy verseker is dat haar toestand stabile is. Jongman jy is ‘n regte seen (engel) en lewensredder tot hierdie familie. Hoop hierdie optrede gaan nie tot niet nie, maar sal die nodige erkenning kry van die plaaslike owerhede om Obakeng met ‘n dienslikheids sertifikaat of medalje te vereer met hierdie pragtige daad van omgee tot lewensredding. Dit mag ook ‘n goeie aansporing en doelwit wees tot ander jongmense. Nogmaals dankie Obakeng en ons juig van blydskap namens die Morgan familie dat hierdie jongman se optrede jul as familie kon herenig.

Anoniem ·

Sjoe vat lank vir my om trane in my oe te kry maar die storie het my nou lekker laat huil… Ek lewe my self so in die storie dat dit voel dis ek wat daar was… Sien die Here hou tog nog sy waakende hand oor elkeen van ons en daai jong man vedien meer as net n goue madalje…. jy is so waar n ster ek wens daar was meer mense soos jy in die land…. hulle kan gerus by jou leer…. eintlik is jy n ENGEL…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.