Vrou vertel hoe modelbaas haar glo verkrag het

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Die vrou wat Dawie de Villiers (35), die modelagentskap-eienaar van Kemptonpark, van verkragting beskuldig, het Dinsdag in die hof teen hom getuig.

Die vrou (20), wie se naam volgens wet nie genoem kan word nie, het aan die Johannesburgse hooggeregshof gesê De Villiers het haar verkrag toe sy nog ʼn minderjarige was.

Sy het vertel hoe De Villiers haar na ʼn groep-fotosessie genooi het, maar geen van die ander modelle het opgedaag nie. Sy het verklee en ʼn bikini aangetrek vir die fotosessie, waarna De Villiers haar op die rusbank in sy ateljee verkrag het.

Sy het gesê De Villiers het ʼn kondoom gebruik en haar ʼn voorbehoedpil gegee toe hulle mekaar weer gesien het ná die verkragting.

Die vrou het deurentyd sag gepraat en soms in trane uitgebars tydens haar getuienis.

De Villiers staan tereg op 38 aanklagte, onder meer verkragting, seksuele aanranding, die besit van kinderpornografie, meineed en bedrog. Die verhoor duur voort.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AH ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg want hy mad mos nie meer opgehang word nie

Maria ·

Ai vroutjie hoekom trek jy jou klere uit as net jy opdaag vir n foto sessie??? Jy soek mos moeilikheid!

Estelle ·

Hy was die fotograaf wat haar as model moes afneem. Sy het verklee in ‘n bikini vir die fotosessie, want is dit nie immers waarin 99% van modelle afgeneem word nie?! Sy het nie “uitgetrek” vir hom nie. En sy was nog minderjarig, maw in die wet se oë ‘n KIND! En volgens my beskeie opinie… al sou sy ook heeltemal kaal as KIND voor hom gestaan het, het dit hom geen reg gegee om haar te verkrag nie. Dit was nie haar skuld nie!

SNEL ·

Ek stem Estelle, die man se werk is om profesioneel op te tree en slegs fotos te neem, of sy nou in watse klere gestaan of gesit het, gee hom geen reg om dit wat hy gedoen het te doen nie. Hoekom moet mense altyd iemand wat reeds deur hel is nog verder vertrap. Maak my boos as mense die slagoffer wil begin beskuldig. Sy is nie die skuldige nie, hy is. Sy het niks verkeerd gedoen nie, hy het. As mens ginekoloog toe gaan, doen jy wat hy sê, al was daar al ook varke onder hulle, want wat kan jy doen, hy is in die beroep en jy VERTROU hom. Sy het die ou ook vertrou en gedink hy is ordentlik en profesioneel, punt is, sy is sterk om op te staan en haar sê te sê, hoop regtig die vark sit lank en baie sterkte aan sy slagoffers.

EMK ·

Maria – vroutjie?? Lees mooi. Met ander woorde dis maar volgens jou dan reg dat sy verkrag is? Skaam jou man. NIKS gee ‘n man die reg om te verkrag nie, NIKS.

Estelle ·

Onder geen omstandighede is verkragting ooit, OOIT die slagoffer se skuld nie.

Estelle ·

‘n Mens kry ‘n tipe voorbehoedpil wat bekendstaan as die “morning after” pil. Vrouens wat onbeskermde seks gehad het drink dit om te verhoed dat hul swanger raak. Dit is waarskynlik wat hy vir haar gegee het.

SNEL ·

In my oë is daai morning after pill niks anders as n aborsie nie, want bevrugting vind dadelik plaas en daai pil bring dit af, so dis aborsie (moord) met of sonder n instrument.

Estelle ·

Ek stem SNEL. Alhoewel ek dalk dit moontlik ook as ‘n baie grys area sal sien as my meisiekind agv verkragting sou vrees vir swangerskap.

EMK ·

Spark – ek stem – dis ABSOLUUT absurd. So volgens Gideon sal enigeen in ‘n baaikostuum of bikini haarself dan blootstel aan verkragting? Regtig dat mense nog so argaies kan dink!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.