Vrou vertel van angsnag toe sy rower doodskiet

Tina en Giel Du Toit. Foto: Facebook

Tina en Giel Du Toit. Foto: Facebook

“Ek het deur die skrefie van die hangkas gestaan en kyk hoe bind die rowers my gesin vas. Ek het gebid, liewe Here, help net my mense, asseblief. Ek het geweet as hulle my in die kas kry, gaan hulle ons almal doodmaak. Die een het nader gestap, die kasdeur oopgemaak en die klere begin wegskuif. En toe skiet ek.”

Tina du Toit en haar gesin is Saterdagaand deur drie gewapende rowers in hul huis op ʼn kleinhoewe buite Buffelspoort in Noordwes oorval.

Tina het Maandag aan Maroela Media gesê sy en haar gesin het vroeër die aand gebraai en omstreeks 20:00 om die tafel in die kombuis gesit en gesels. Haar man, Giel, is reeds bed toe omdat hy effens siek gevoel het. “My jongste dogter se kêrel het buitentoe gestap om te gaan rook. Hy het nog buite gestaan toe een van die rowers ʼn geweer teen sy kop druk,” het sy gesê.

Hy het in die huis probeer inhardloop en het by die deur met die rowers in ʼn struweling betrokke geraak. Die rowers het die deur oopgeskop en die huis binnegekom. In hierdie tyd het Tina kamer toe gehardloop en haar vuurwapen en koeëls uit die kluis gehaal. Sy kon net betyds in die kas klim en die deur toetrek, toe die rowers haar twee dogters, die een dogter se kêrel, die ander se man en hul kleinkind in die kamer in gedwing het waar Giel gelê het.

Daar het die rowers hulle met plastiekkabels vasgemaak en met vuurwapens en messe gedreig. “Hulle het Afrikaans en Engels deurmekaar gepraat. Een van hulle het my man op sy knieë gedwing en vir hom gesê, ‘Ek skiet jou vrek, jou wit Boer’. Ek het net gebid dat die Here my mense sal beskerm en dat niemand geskiet sal word nie.”

Tina het deur ʼn skrefie in die kas dopgehou hoe die rowers haar gesin rondstamp. Die volgende oomblik het een van die rowers nader gestap en die kas oopgemaak. “Hy het die klere so begin wegskuif en toe skiet ek hom twee keer in sy gesig,” het Tina in trane vertel. Die rower het voor die kas neergeval terwyl die ander twee op die vlug geslaan het. Tina het agter hulle aangehardloop en nog ʼn paar skote afgevuur, maar hulle was vinnig by die deur uit.

Lede van die plaaslike buurtwag was vinnig op die toneel en die polisie het later daar aangekom. ʼn Erg emosionele Tina het aan Maroela Media gesê sy is baie bang die rowers sal terugkom, veral omdat sy hul makker doodgeskiet het. “Die polisie het my vuurwapen gevat vir hulle ondersoek, so ek het nie eens iets om my gesin mee te verdedig nie,” het sy huilend gesê.

“Ek is so dankbaar dat God my die kalmte gegee het om daaraan te dink om my vuurwapen te kry en weg te kruip. Ek weet Hy het ons daardie aand beskerm, ek kon Hom binne my voel. Ek kan God net uit my hart uit dank, want Hy is die rede dat ek vandag nog my mense by my het.”

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Marie ·

Tina, you go girl! Ek is dankbaar julle het niks oorgekom nie. Ek bid vir julle veiligheid en moenie bang wees vir verdere “vergelding” nie. Mag die Vader ook ander gesinne bystaan wat aangeval word. “God Bless”

dup du plooy ·

jy verdien n medalje ! skitterend alle dank aan HOM.

spokkels ·

You go girl. Ons bly ook net buite buffelspoort en ek ma ook bang. Maar god is met ons. Hkm die polisie eers later daar opdaag is my gat se deksel. Als sal reg uitwerk.

Lindie ·

dankie Vader dat julle nie dood is nie. Mag ons SAPS tog net hulle koppe gebruik en jou nie skuldig hou aan enigiets nie. Jy het jou gesin verdedig. Jy is n super woman!

sureta loggenberg ·

Tina ek stem saam met Marie! YOU GO GIRL!!!!!!!!!!!!!! Dit moes terrible gewees het maar ek verstaan hkm jy dit gedoen het! Die boere en witmense is moeg maar moeg om so vernoor te word. Moenie eens stress oor wat jy gedoen het nie! Wat het hulle daar gesoek? Jy het baie lewens gered en sterkte vorentoe! Alles sal reg uitwerk. Jy het jou familie en geliefdes beskerm!

Dee ·

Soos Lindie sê Tina, jy is ‘n super woman!
Ek wens ‘n polisieman wat sinvol kan praat, wil hierop reageer en ‘n geldige verskoning probeer opdis waarom daardie gesin se vuurwapen nou by hulle geneem is en êrens in ‘n kluis lê totdat (lank na) daar eendag besluit word om balistiese toetse of watse toetse ookal te doen. Miskien moes dit nie gepublseer geword het nie.

Landie ·

Tina, ek is so bly jy en jou gesin het veilig daarvan afgekom. Goed vir jou om te geskiet het, alhoew el ek weet (en almal kan sê wat hulle wil), jy kan glad nie lekker voel nou nie. Ek wil ‘n beroep op jou doen. Kla die minister van veiligheid en die minister van polisie aan omdat jou en jou gesin se basiese mensereg nie beskerm is in die veiligheid van jou eie, private woning nie. Sodra hulle sien dat mense gaan begin opstaan vir hulle eie regte, gaan hulle ander deuntjies begin sing. Baie sterkte en ek hou duimvas dat jy spoedig weer beter sal voel!!!

erica roos ·

Mooi so en dankie vir die dapperheid wat jy aan die dag gele het, ek haal my hoed af vir jou, mooi kop gehou

neelsie ·

Strerkte aan die gesin.
Tina , jy het gedoen wat jy moes doen.
Dit is ons plig om ons gesin te beskerm.
Wat sou gebeur het as jy nie geskiet het nie?
Onthou , ons het met gewetenlose boewe te doen.
Gaan voluit!!

Boervrou ·

Tina, baie sterkte vir jou en jou gesin. Dit is ‘n lang proses om hierdie trauma te verwerk, met ondersteuning en liefde sal julle wel daar kom. Plaas baie druk op die polisie – 8 maande later het ek nog nie my vuurwapen terug nie, en die verskonings is bladsye lank. Ek is dankbaar saam met jou en jou gesin dat julle veilig is.

Gerda ·

Tina……die Here het jou hier krag gegee en Hy sal jou krag gee vir wat voorlê….moenie ophou glo nie. Hy was jou en jou gesin se redder….hou jul oë en vertroue op Hom…bid vir julle…sterkte

Ina ·

Tina, ek sal nooit weet wat jy deurmaak nie maar ek kan net vir jou en jou gesin bid! Trauma is n baie lelike ding om te verwerk.
Baie baie sterkte.

Hentie Smit ·

Tina is g’n women, girl of super nie, sy is ‘ n yster brawe Boere vrou, wat ons almal se agting verdien. Dankie Tina, ons bid vir jou en jou gesin.

Tammy ·

Tina, jy is n yster van n vrou. Jou gesin kan net trots wees op jou om so dapper te wees en sommer vir 3 van die barbare kans te sien. Ek het groot respek vir jou.

Dee ·

Na aanleiding van my kommentaar vroeër, dit maak nie sin waste toetse die polisie op haar vuurwapen wil doen. Sy erken mos dat sy hom geskiet het. Tina, neem dit met hoër gesag en hoop om met een te praat wat sense het.

Rosa ·

Jy is ‘n ster. Mag meer vrouens besef dat hulle deel is van die gesin se beskerming. Vrouens moet leer om hulself en hul geliefdes te beskerm. Die gemors gaan eerste vir die man omdat hy die sterkste is. Hulle verwag nie dat ‘n vrou sal opstaan en terugveg nie. Ons dames moet besef dat ons nie net kan terugsit en verwag dat ons mans ons moet beskerm nie, dit is nie altyd vir hulle moontlik nie en die houding plaas ook geweldige druk op hulle.

Jan S ·

Heidi – vuurwapens in ons land moet elkeen individueel gelisensieer word – ‘n proses wat tipies 4 maande of langer kan neem. So al koop sy vandag nog ‘n wapen, en doen aansoek onder ‘n sport lisensie ( mens word net een lisensie toegelaat vir selfverdediging) gaan sy vir maande sonder ‘n wapen wees. Dus die probleem.

Pierre Celliers ·

Jy’s ‘n vrou duisend en ‘n hero in my oe!!!
Moet net nie verwag om jou vuurwapen terug te kry nie, en boonop van moord aangekla word nie. Ek hoop van harte nie so nie maar, met ons polisie deesdae kan jy enigiets verwag!

Berhalet Beukes ·

Tina… Jy is ‘n voorbeeld van waartoe ‘n ma en vrou in staat is wanneer dit by haar gesin kom! Ek is só jammer julle moes sulke trauma beleef, maar jy is gewis ‘n heldin! Sterkte vorentoe!

Jan S ·

Goed gedaan. Ek is baie bly julle is OK onder die omstandighede. Sulke voorvalle is hoekom mens nie net ‘n vuurwapen moet hê nie maar dit ook aan jou lyf moet dra – veral by jou huis. As hulle vir jou kom is daar baie keer nie tyd om ‘n wapen te gaan haal nie. My pistool is of aan my sy of in ‘n holster wat langs my bed vas is wanneer ek slaap .

George ·

Dis reg ons mense moet ons self begin beskerm want die reg, kan nie sy mag nie aangekla word nie . Haar menslike regte was weg gevat deur KRIMENELE , haar lewe was bedreig deur KRIMENELE , sy was geintemedeer deur KRIMENELE , sy gaan ly aan post dramatiese stresss disorder vir link na dit deur KRIMENELE, hulle eiendom was oor tree deur KRIMENELE , die gesin was aangerand met die doen om ernstig te beseer deur KRIMENELE , die rig van vuur wapen deur KRIMENELE , sy kon verkrag word deur KRIMENELE en aids op getel het .Is dit waar voor ons belasting betaal ?
Ek wens ek was n judge , 20 jaar vir elke misdaad en gaan wag op def row , en soos die selle vol word skuif jy nader na die stoel to .

Alta acker ·

Tina, ek stem saam, kla die polisie aan vir die basiese reg om jou en jou familie te beskerm, en die minister van veiligheid ook, dat hulle begin wakker word. Mag dit n les vir voornemende rowers wees, hulle nommers is op, mag God jou en jou familie dra deur die tyd, hou net aan Hom vas,Hy sal julle dra. Alta

Dan ·

Tina is ‘n uiters dapper vrou, soos Pierre Celliers sê – ‘n vrou duisend en ‘n hero! Mense moet hul vuurwapens te alle tye gereed hou vir aanvalle soos hierdie. Indien hierdie skurke wie die aanvalle uitvoer gereeld geskiet word, gaan daar vinnig ‘n drastiese afname wees.

@ Dee – jy is verkeerd. In die konteks waarin George die woord “kriminele” gebruik het, is dit korrek. “Krimineel” is nie die regte woord nie.

Karolis ·

So dankbaar vir jou.Sterkte.Waar is Afriforum???Moet mens nie op groot skaal die betrokke polisie stasie bel en vrae vra.Sal dit hulle nie onder druk plaas as baie mense aanhoudend vrae vra?

Riaan ·

KRIMINEEL,KRIMINELE jy het gedoen wat nodig is,jy het jou gesin se lewens gered.

Kappi ·

EEEISH! Wat as hierdie ander 2 kriminele hierdie nuusberig nou raakgeleees het en nou gesien het jy se dat jy nou nie meer jou gun het om jul te verdedig nie?

Jaco Grobler ·

Sou graag biedjie publisiteit en die ware regte van wapeneienaar/polisie binne die konteks van die wet wou sien. Sekerlik kan jy die wapen invat vir enige toetse op aanvraag, en indien daar ‘n verklaring oor gebeure afgele is?

Des jelliman ·

Baie sterkte vir julle as gesin jy moet by die sapd aandring vir beskerming aangesien jy ontwapen is

Melt Olckers ·

Ons het ‘n “make my day” wet nodig soos sommige Amerikaanse state. Jy mag daar enige indringer skiet wat in die nag in jou huis inkom sonder enige nagevolge.

Johan Kruger ·

Hi Tina, kry regshulp om jou vuurwapen terug te kry, daar is geen rede hoekom hulle jou wapen moes vat nie. Ballistiese toetse is slegs nodig in ‘n geval waar ‘n patroon binne ‘n liggaam
gekry word en hulle nie weet uit watter wapen dit gevuur is nie. Jy het ‘n wettige lisensieerde
wapen en as daar vir watter rede ookal iets ter sprake is oor jou wapen weet hulle waar om hom te kry! Sterkte en groete.

Armando ·

Hallo Tina, Jou doring! Welgedaan! Die raad wat Johan Kruger jou gegee het, nl om regshulp te kry om jou wapen terug te kry en hoekom, is die beste raad. Wees maar op jou hoede en is daar nie ‘n GPF by julle nie? Sterkte.

Peet ·

Wat Tina gedoen het is n voorbeeld vir ons almal oog vir n oog , die tyd van draai die ander wang is lankal, in hierdie tyd wat ons lewe, absurd
Tina jy behoort n toekenning te kry vir dapperheid

G Harper ·

Tina,l jy is n held ! Ons woon ook op n klein hoewe en ek sal presies dieselfde gedoen het … jy het jou gesin beskerm … Sou die voorval anders uitgedraai het, sou die regering die boewe vervolg het ? Nee want daar is te veel van hul wat los rondloop en ons velle is te bleek … Ek bid dat God jou die krag en geloof sal gee om deur hierdie tyd te kom en mag geregtigheid in Sy naam geskiet ! Jy is n ster !

Johannes Meintjes ·

Wel gedaan Tina. Jou besit- en bestaansreg word nie deur die polisie, wet en die howe of regering in SA gesteun of gewaarborg nie. Landsburgers word gedwing om hulself te verdedig terwyl belastingeld gemors word en misdaad buite beheer is. Jammer dat verdeelde “Afrikaner leierskap” ook nie die wil of ruggraat het om die Volk te kan of wil help her-organiseer en bestuur nie. Nou moet jy vrou alleen deur al die korrupte “prosedure” gaan. Weereens wel gedaan en baie sterkte.

Martin ·

Kan ons kenners my asb. help. As ek die wet reg verstaan het sy korrek opgetree. Sy het die reg gehad om die vuurwapen af te vuur, omdat sy in lewens gevaar verkeer het. Het ek dit reg?

Phillip Prinsloo ·

Jy het reg opgetree want as hy die vuurwapen in jou hand gesien het sou hy jou doodgemaak het, jy moes eerste skiet! Jy het jou gesin beskerm. Gewoonlik skiet hulle die mans dood voor hulle vlug! Ek weet van so ‘n geval want hulle sien die mans as ‘n bedreiging! Jy is ‘n held!!

Margie Davis ·

Tina, you did exactly what every person out there would do to protect your loved ones,
chin up that criminal got what he deserved, God kept you safe in that cupboard for a reason.
I’m hoping you get peace and you and your family can overcome this horrible thing you had to endure.
God Bless

SI ·

Tina …. dit was óf jou gesin óf hulle …. hulle was die oortreders …. moenie slegvoel nie, jy moet doen wat jy moet doen … jy die regte ding gedoen! Julle sal trauma berading moet kry. Sterkte vir julle en mag julle God se bystand elke oomblik steeds ervaar! Hy is getrou!

Hester ·

Tina daar is nog dapper mense soos jy. Daardie egpaar in Allanridge waar die man ook die misdadiger geskiet het om sy vrou te beskerm en in die worsteling self so erg beseer is. Die Here het hulle ook bewaar. Berading is baie belangrik vir julle. Ek bid vir julle dat God julle Sal bewaar. Sterkte en kry jou wapen terug.

Armando ·

Hester, sowel as al die andere wat beweer die “Here” het haar beskerm: Hoekom het hy toegelaat dat hulle in die eerste plek aangeval word ? Wees ASB konsekwent!

Ben ·

Uitstekend Mev! Jy het ‘n lisensie vie self-verdediging nou konfiskeer hulle jou wapen! Ek sou dit nie oorhandig het nie. Jy sal hom seker nooit weer sien nie? Hoop jy kry al die vieslike bloed uitgewas.

Magda ·

Ek kan ook getuig. Daar was 4 in my huis terwyl ons gelaap het. Hulle het die motor en scooter se sleutels gevat en is weg sonder om na die kamers te kom. Die Here het sy hand oor ons gehou die honde het nie eens wakker geword wat by my in die kamer was nie. Dankie Jesus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.