Vrou vertel van panga-aanval: ‘Ek kon my man hoor skree’

Stuart Riddle (Foto: Facebook)

WAARSKUWING: Die foto in die berig is grafies van aard.

“Hulle het vir hom gesê dat hulle sy keel gaan afsny.”

Só vertel ʼn getraumatiseerde Jackye Riddle (54) oor die aanval Dinsdagaand toe sy en haar man, Stuart, op hul plaas buite Patensie in die Oos-Kaap deur twee aanvallers oorval is.

Stuart is tydens die aanval met ʼn panga oor die kop geslaan en skokfoto’s van sy grusame beserings word sedertdien op sosiale media versprei.

Jackye en Stuart woon al die afgelope 15 jaar op die Oos-Kaapse plaas sonder enige voorvalle. “Ons is altyd so versigtig. Die mense wat ons ken, was so geskok dat dit met ons gebeur het,” sê sy.

Sy vertel hulle het omstreeks 22:00 die aand by die huis gekom ná ʼn aandjie uit. Hulle het  sowat drie meter van die agterdeur van die plaashuis stilgehou. “Ons stop gewoonlik nooit daar nie, maar moes die volgende oggend iets in die bakkie laai en het besluit om teen die huis te parkeer.”

Dié besluit het moontlik Stuart se lewe gered gedurende die aanval.

“Die bakkie se deure was skaars oop, toe is hulle op ons.” Volgens Jackye was daar twee aanvallers, onderskeidelik gewapen met ʼn mes en ʼn panga. Jackye is glo deur een tot op die grond gedwing waarna hy haar met sy knieë op haar skouers teen die grond vasgepen het.

Die ander aanvaller het Stuart met die mes gedreig. “Ek kon Stuart hoor skree. Dit is toe dat ek bewusteloos word,” het Jackye gesê.

Sy vertel dat ʼn struweling tussen Stuart en die aanvaller met die mes ontstaan het teen die tyd wat sy haar bewussyn herwin het. Die aanvaller by Stuart het glo die ander een geroep om hom te kom help aangesien Stuart die oorhand in die stoeiery begin kry het.

Die aanvaller het in die stadium, moontlik omdat hy onder die indruk was dat sy nog bewusteloos is, Jackye gelos om sy makker te gaan help. Dit het haar kans gegee om op te spring en hulp te gaan ontbied.

Jackye vertel dat sy deur die elektriese heining gespring het waarna sy die veld ingehardloop het. Sy het gedurende haar ontsnapping die alarmstrale om die huis laat afgaan.

Jackye vertel dat sy sowat 500 m verder tot stilstand gekom het om haar asem terug te kry. “Ek het so hard asemgehaal. Ek was vreesbevange dat hulle my gaan hoor. Alles in die stilte van veld klink mos harder as wat dit is.”

Sy vertel dat sy op die stadium nié geweet het of sy moet teruggaan om Stuart te help of eerder na die bure te hardloop nie. “Ek kon heeltyd hoor hoe Stuart skree.”

Jackye vertel dat Stuart gedurende dié tyd met die panga geslaan en verskeie kere met die mes gesteek is.

Later sou sy hoor dat Stuart hulle aanhoudelik gevra het wat hul soek waarop hulle geantwoord het dat hulle geld en wapens soek.

Stuart het gevolglik sy beursie vir hulle gegee. Hulle wou egter die kluis sien, ten spyte daarvan dat Stuart vir hulle gesê het dat daar niks in dié kluis is nie. “Ons hou nie juis kontant aan nie en ons wapens word tans gediens,” verduidelik Jackye.

Die foto is deur Maroela Media verbloem weens die grafiese aard daarvan. (Foto: Verskaf)

Stuart kon nie die huis se sleutel opspoor nie en die aanvallers het die bebloede Stuart deur ʼn venster die huis in gedwing. Hy het hulle na die kluis gelei en gewys dat daar wel niks in die kluis is nie. “Dit is oukei. Ons gaan jou dan nou doodmaak,” het een van die aanvallers aan hom gesê.

Jackye vertel dat Stuart op sy voete gedink het en onthou het van ʼn klein bedrag geld wat ʼn geruime tyd al op sy lessenaar in die studeerkamer lê.

Die aanvallers het Stuart daarna weer deur die venster na buite gedwing. Jackye meen hulle was werklik van plan om Stuart dood te maak. “Hulle het vir hom gesê dat hulle sy keel gaan afsny.”

Sy vertel dat die aanvallers vir ʼn oomblik terug is na die bakkie, wat teen die huis geparkeer was. Stuart was in hierdie stadium enkele meters van die huis af en kon daarin slaag om ongesiens weer deur die venster te spring en dit agter hom toe te maak.

“Hy was baie braaf. Hy het ʼn ander wapen elders in die huis gaan soek waarna hy weer buite toe is.”

Volgens Jackye moes die aanvallers egter toe op die vlug geslaan het. “Hy het nie geweet waar ek was nie en het geskree en na my geroep.”

Wagte van die veiligheidsmaatskappy het intussen opgedaag en vir Jackye langs die pad gewaar voor hulle na die plaashuis gehaas het om vir Stuart te help.

Hulle het hom aangetref met ʼn gapende wond op sy voorkop terwyl hy ook messteke opgedoen het.

Jackye sê Stuart is tans in baie pyn en kan nie met sy regteroog sien nie. Hy kan ook nie met sy een oor hoor nie.

Sy sê dat haar lyf na afloop van die aanval seer is, “maar ek het niks om oor te kla in vergelyking met my man nie.”

Volgens Jackye is die egpaar reeds terug op die plaas. “Jy kan nie aanbeweeg as jy nie die probleem in die gesig staar nie.”

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

OLGA ·

HUISROOF?????? Did GEEN huisroof die nie!!!!! GEEN WONDER MENSE IS RASISTIES NIE!!!!

Thinus Erasmus ·

Kapt. Gerda Swart: hoe verrklaar jy die klagte van Huisroof?
Hoeveel meer messteke of kaphoue met panga sou vir die SAPD as Poging tot Moord kwalifiseer?
Ek sou nie my naam met so ‘n korrupte spul wou vereenselwig nie, julle moet wakker skrik as jul skrik!

Rieks Bester ·

Ai!! Jammer om te hoor van die gruwelike aanval. Baie sterkte en ek hoop dat jy volkome sal herstel.

Mads ·

Ek is so jammer dat julle deur dit moes gaan. Dis verskriklik. Mag Jesus julle styf vashou.

Huisroof...??? ·

Huisroof? Wat van poging tot moord? Aanranding met die doel om ernstig te beseer? Dit is uiters belaglik.

Sterkte aan die Riddle-egpaar. Ek wens julle ‘n spoedige herstel toe.

Koos ·

Mense wat hierdie walglike dade pleeg word uitgebroei en nie gebore nie!

Mia ·

Ai, jammer om te hoor van die gruwelike aanval.
Baie sterkte en ek hoop jy herstel gou .

nic bronkhorst ·

ek dink ons moet saamstaan en die lafaards van n regering dwing om n referendem te hou om die doodstraf terug te bring .dit geld vir alle rasse MOORD bly MOORD

willem Botha ·

Ons moet eers persvryheid kry om te identifiseer wie die aanvallers is sodat ons die probleem kan aanspreek en begin met referendums.

Vonny ·

Ons bid vir jul as n familie. Mag hierdie poging tot Moord tot in die hoogste hof draai. Dankie Heer dat u hul lewens gespaar het!?

At Dippenaar ·

Daar sal geen arresasies wees en die saak sal ‘n cold case word.

MARTIE MÜLLER ·

Dit is wat ek ook vra. Waar is hulle wapens. Ek sal my man verdedig met my lewe. Mense moet wakker skrik. Hoeveel mense moet nog afgemaai word voor ons mense gaan peraat word.

Jono ·

So daar is elektriese heinging met alarm strale maar nog het hulle toe gang gekry . En dan hulle geweet van kluis of was dit maar raai skoot …..of is inligting en uitleg aan hulle gegee?

INside info ·

Janee seker ons betroubare Johanna wat vir ons koffie elke oggend bring wat ons kinders grootgemaak het en so lief vir ons is sou NOOIT die sleutel vir hulle gee nie …

Hond se Gedagte ·

Inligting word gedeel, soms selfs onder dwang wanneer hulle nie wil saamspeel nie. Hou julle huise, alarmstelsels en kluise so privaat as wat jy kan. Wat niemand weet nie, kan nie teen jou gebruik word nie….

Blue Butterfly ·

Dit maak my BRIESEND dat dit beskou word as huisroof! Poging tot moord is nader aan die waarheid. So word gruwelike misdade verwater en word die werklike geweldsmisdade se statistieke “kunsmatig” verlaag. Dit terwyl die kriminele eenvoudig wegkom met hulle misdade.

Petrus Potgieter ·

Baie bloed aan die hande van die “ja”-broers…

Thinus Erasmus ·

Ja Petrus, hulle moet maar kom met hul hoog heilige redenasie en humanitere voorliefdes, die harde waarheid kom nou uit en nogsteeds aanvaar hul nie die verantwoordelikheid nie.

Blue Butterfly ·

@Petrus Potgieter witlelie – die “ja-stemmers” is net so deur die NP belieg soos wat die ANC vir sy huidige kiesers belieg. Ongelukkig het ons “ja-stemmers” nie ‘n kristalbal gehad om in die toekoms in te sien soos jy nie – SO GET OVER IT!

anton ·

Blou bottervlieg……..se dan vir my hoekom kon die NP destyds net vir die ”ja” stemmers lieg en nie vir die ”NEE” stemmers nie?
Of is dit dalk n kwessie van die ”nee” stemmers het hulle verstand gebruik en hulle oe oopgemaak……..iets wat die ”ja” stemmers dan duidelik nie gedoen het nie!!!
Dit het absoluut NIKS met n Kristalbal te doen nie!!! Get over it!!!

annie ·

HUISROOF REGTIG ………………………WIE PROBEER JULLE BLUFF MAROELA NUUS. So jammer die” HUISROWERS” het weggekom en dat die boer nie hulle nie kon vrek geskiet het nie. Sterkte aan die boer en sy vrou – wens julle vinnige beterskap toe.

Penellope Jones ·

Huisroof …….?????
Dis Poging tot Roof van Lewe!!

Schalla ·

Laat ek sien of ek reg verstaan. So as iemand in sy huis deur ‘n inbreker bedreig word en hom skiet word daar outomaties ‘n klag van moord oopgemaak en moet dit eers bewys word dit was selfverdediging totdat die klag teruggetrek word (as dit gebeur), maar as jy 67 keer iemand met ‘n mes steek en hom met ‘n panga kap dan word dit gesien as huisroof?!?!?

Hoe werk dit? In een geval (die geval van die wetsgehoorsame burger wat homself en sy mense probeer beskerm) word jy skuldig ge-ag totdat die teendeel bewys kan word en in die ander geval (die krimineel se geval) word ‘n veel minder ernstige klag gelê totdat die teendeel bewys kan word oor jou intensies? Wat? Was dit maar net “collateral damage”? Edelagbare ek wou regting nie iemand seermaak nie ek was net honger en het die brood gesoek maar my hand hy het gegly en toe steek ek die man per ongeluk 67 keer??? O ja en die mes wat ek gehad het was net daar sodat ek die brood kan sny?

Hoekom weeg kriminele se regte swaarder as goeie mense s’n? Daai tannie met die blinddoek en skaal wat geregtigheid voorstel weeg beslis nie gelyk in ons land nie!

Ek stem saam die misdaadstatistieke vertel nie eers die ware verhaal nie en hierdie is net weer bewys daarvan.

GM ·

Annie, dis nie MM wat besluit watse tipe sake word ondersoek nie. Hul berig net daaroor.

Sterkte aan die man en vrou. Ek hoop die wreedaards word gevang en dat hul soveel meer sal ontvang as wat hul uitgedeel het.

Koos, ek stem saam. Ek het al dikwels vir my wederhelfte gesê: Daar is ‘mense’ wat gemaak is om sulke wrede dade uit te voer, want geen regdenkende mens kan sommer net so wees nie. Dit moet een of ander ‘clone’ sonder ‘n gewete/siel wees.

Cobus ·

annie- dit is nie Maroela wat co se nie. dit is die polisie

Werner ·

Hoop hulle het maar solank n vuurwapen gaan haal dat hy volgende keer n beter kans het en hulle minder kan word

Sieklik ·

Huisroof, terwyl iemand se hele gesig en kop opgekap is en hy met ‘n MES Gesteek is maar steek net ‘n KABELDIEF in ‘n KIS dan sien jy hoe lank sit jy vir POGING TOT MOORD en ONTVOERING!!

Cornelia ·

@Blue Butterfly, die NEE stemmers het nie ‘n “kristalbal” nodig gehad nie. Wie maak gebruik van “kristalballe?” Die Nee stem, het bloot Afrika ter harte geneem en geweet dat jy jou voordeur grendel teen sy sluwe magsdelings praatjies. Afrika was nog nooit goeie nuus nie. Selfs nie vir sy eie “huisgenote” nie. Dan het ons ‘n geskiedenis waaruit ons, ons ywerige vyande, wit en swart, se werkswyse en taktiek met die blote oog kon volg. Die Afrikaner volk ken vernedering, vervolging, verguising, verskrikking, verraad, joiners, hensoppers, hanskakies, drosters, samesweerders…dis eie aan ons volk se binne- en buite gevegte. Baie vra wat sou gebeur het as die Nee stem sou gewen het? Ek dink dat ons ‘n geloof so groot soos ‘n mosterdsaadjie sou weerspieël het waarmee ons as bekwame rentmeesters vir God sou kon optree. Dit beteken ons het dan standpunt ingeneem teen ‘n onregmatige en eensydige aanspraak op magsoorname deur ‘n meerderheid. Het Afrika ‘n gebrek aan grondgebied?

Bert ·

JA HUISROOF!!!!!!! wat het jy verwag? dis dan wit slagoffers…………………..

Hanna Hoekom ·

Wonder maar net: as die slagoffer swart en die aanvallers wit was, sou dit nog steeds as n saak van “huisroof” ondersoek word? Ek betwyfel dit sterk!

Michelle ·

Watter wrede PLAAS AANVAL moes die twee mensies verduur terwyl daar vir die wêreld vertel word daar is nie so iets nie. Die is poging tot moord en huis roof.

Jerry ·

Ja saak is oopgemaak, toegemaak, opgeskeur en in die asblik gegooi. Nie n ernstige misdaad nie. Dis hoe dit in hierdie land gaan.

Nel ·

As jou motief bloot huisroof is dan dreig jy nie die eienaar dat jy sy keel gaan afsny nie – hierdie aanvallers het gekom met voorbedagte rade om te moor en dan buit te neem om mee te gaan spog by wie ookal hulle die opdrag gegee het.

Johan H. ·

Anderdag skiet hulle n poot dan wil ons graag hoor dis crimen en juria ok.

Daniel ·

As ‘n jong student het ek in 1992 ‘Nee’ gestem, welwetende wat die noodwendige gevolg van ‘n ‘Ja’ stem sou wees. Dit was ook die laaste keer wat ek in SA gestem het.

As skolier en student het ek oor etlike jare die Afrikanersaak onverskrokke gestel en heelwat persoonlike offers gebring ter wille van die behoud van die Afrikaner in SA. Helaas het die meerderheid van my volksgenote destyds die pad van selfvernietiging gekies.

Vandag is ek en my familie gevestig in die buiteland, nog steeds Afrikaner, nog steeds trots op ons geskiedenis en herkoms, nog steeds getrou aan die Gelofte, maar nog steeds teleurgesteld in my eie mense wat my, my familie en baie van my medevolksgenote se drome vernietig en ons toekoms onherroeplik verander het.

Gert ·

As dit poging tot moord is beteken dit die polisie moet werk en ai tog dit kan nie gebeur nie ! So maak dit huisroof ,nog beter , kom ons los dit net .

P ·

Huisroof!!!! Se. G,,,,,,,t man dit was n beplande plaasmoord. Toe die lafaards sien hulle gaan sleg 2 de kom toe laat spaander hulle…maak my so siek en woedend verby. Poging tot moord beslis. Ons hoop vir spoedige herstel sterkte.

Michael ·

Mense die plaas aanvallers is regtig LAFAARDS hy kom met messe en pangas.maar gee hom net n regte boere klap dan sien jy hoe hol hy en skree soos n maer vark.

Kobus ·

Ons innige simpatie met die Riddle egpaar. Mag jul fisiese genesing spoedig wees.

Meer belangrik, mag jul geestelike genesing volmaak wees in Jesus naam. Gaan heen en bestudeer Sy Woorde in die 4 evangelies, word wys en leer jou Skepper ken. Dit wat Hy leer is anders as wat die breë christelike kerke ons leer. Hy sal jou die weg wys om geestelik en fisies weerbaar te word. Lukas 22:36 “….wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en ’n swaard koop.”
Hy is nie net die stille Lam wat ter slagting gelei is vir ons sondes nie, Hy is ook die God van Geregtigheid wat met die allergrootste verskikking sal terugkeer.

Eersdaags sal ons hierdie tipe aanval in ons dorpe beleef en dan sal ons in opregtheid na Hom roep.

Bert ·

kan julle nie sien die slagoffers is wit nie? waarom is almal so verbaas oor n enkile klag van huisroof?

Tienie ·

Wie is die kaptein/ konstabel wat dit as n “huisroof” wil klas?? Verseker nie iemand met n gesonde verstand, die mense is aangeval buite hul huis met messe en pangas!! Dit word so mooi verbloem sodat die statistieke weereens nie die ware situasie in die land weerspieël nie. Ek wonder net van wie af kom die instruksies…??

RG ·

“A burgher described an attack on his farm: “Around eight o’clock in the evening the dogs begin to bark. Suddenly they storm the house. They whistle and shout and from all sides shoot and throw assegais. After at least 5 frontier wars the Xhosa had learned to fight the whites effectively. Instead of massing in a single body or two…they attacked in numerous small detachments.
Dit was ‘n plaasaanval in die 6de Ooskaap grens oorlog van 1834, kon net sowel vandag wees. As hulle ‘n effektiewe offensief kon uitwerk 200 jaar gelede, waarom is ons vandag nog nie in staat om ‘n effektiewe defensief uit te werk sonder die Polisie of Staat se hulp nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.