Vrou vertel van verkragting

court-hammer_thumb‘n Vrou het Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria ‘n Zimbabwiër uitgewys as die man wat haar drie jaar gelede in haar huis in Rayton, oos van Pretoria, aangerand en verkrag het.

Die hof het vroeër verdaag nadat die 37-jarige vrou ontsteld geraak het en begin huil het.

Progress Shoko (28) en Howard Sekani (31), neefs van Zimbabwe, het onskuldig gepleit op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die staat voer aan dat Shoko en Sekani deel was van ‘n groep mans wat die aand van 12 Maart 2011 die 37-jarige vrou en haar twee dogters, toe 15 en 17 jaar oud, aangerand en verkrag het. Hulle het die gesin glo ook van meer as R62 000 se goedere beroof.

Shoko beweer dat hy ten tyde van die beweerde misdaad slegs 21 dae al in Suid-Afrika was toe hy in hegtenis geneem is. Hy sê hy was die hele aand by die huis en dat hy niks van die roof of verkragtings weet nie.

Die vrou het getuig dat sy, haar twee dogters en drie jong familielede omstreeks 21:00 die aand by die huis gekom het, toe sy gesien het hoe vyf mans oor die muur spring.

Sy het vir die kinders geskree om in die huis in te hardloop. Een van die mans het die vrou aan haar hare gegryp en die huis ingedwing waar sy gesien het hoe die kinders vasgebind word.

Sy is gedwing om te kyk hoe Sekani, met ‘n vuurwapen in sy hand, met haar 17-jarige dogter gestoei het.

Sy het Sekani uitgeken aan ‘n litteken op sy lip. Die vrou het getuig dat sy en die kinders vasgebind is en met ‘n duvet toegegooi is terwyl die mans die huis deursoek het.

Sy sê Shoko en Sekani het later teruggekeer en gevra waar die kluis en kontant is. Hulle het kwaad geword toe sy aan hulle gesê het daar is nie ‘n kluis in die huis nie. Hulle het haar en die kinders begin skop.

Toe die vrou se oudste dogter weer aan Sekani gesê het daar is nie ‘n kluis in die huis nie, het hy haar op die neus geslaan en die bloed het teen haar gesig begin afloop.

Shoko het die ma toe na die slaapkamer geneem en die kinders in verskillende kamers gaan sit. Sekani het by die vrou se twee dogters gebly.

Shoko het die vrou in haar slaapkamer met elektriese kabels vasgebind, haar op die bed gestoot en haar verkrag. Hy was met ‘n mes gewapen.

“Hy het gesê seks is lekkerder met ‘n wit vrou en dat ek ‘n ryk wit teef is. Die seksuele aanranding het vir sowat tien minute geduur,” het die vrou getuig.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Absoluut WALGLIK !

Hoe verwerk ‘n vrou die gebeure – ek sou verseker nie kon nie. Wraak neem, JA.

"Huh!" ·

Ek dink nie dit kan ooit verwerk word nie. Dit is iets wat by jou lewenslank sal bly en spook. Willie sal seker sê die vroue moet hulle verkragters vergewe. Ek was so ontsteld na ek die berig gelees het. My hart huil saam met die slagoffers.

Grassie ·

Wanneer ek hierdie berig lees kom daar moord in my hart. Hierdie dames se fisiese wonde het seker al genees, maar die geestelike wonde? Nie maklik nie. Ek het al vantevore gesê die Skepper se meul draai stadig, maar hy draai seker. Ek bid eerlikwaar dat Hy ‘n bietjie meer spoed aan daardie meule moet sit. Ek weet nie hoeveel langer ons Volk hierdie verguising kan verduur nie.

Peter Says ·

Die oordeel kom ons nie toe nie word gese…Ek veroordeel hierdie gruwelike daad 100% Ons mag nie haat nie…Ek HAAT ▪▪▪

Tannie Dot ·

Die enigste manier hoe dit verwerk kan word is deur by die Here te bly. Net Hy kan daardie wonde genees; niks of niemand anders nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.