Vrou verwurg glo kind op strand

Argieffoto (Foto: H Shaw/Unsplash)

’n Vrou van Bethelsdorp in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem kort nadat sy haar kêrel se negejarige dogter glo op ’n strand in Gqeberha (Port Elizabeth) verwurg het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die jong Quinisha Sebrand se pa se vriendin het haar Maandagoggend by haar ouerhuis in Bethelsdorp gaan haal. Die 25-jarige vrou sou haar glo haarsalon toe neem.

Die vrou het egter met Quinisha tot by die Maitland-strand in Gqeberha geryloop waar hulle die dag deurgebring het.

“Daar word beweer dat die kind geswem het en een of ander tyd in die loop van die middag verwurg en op die strand agtergelaat is.”

Die vrou het omstreeks 21:00 na die satelliet-polisiestasie in Sea View gegaan om die voorval aan te meld. Quinisha se liggaam is kort daarna op die strand gevind.

Die vrou is sedertdien in hegtenis geneem op aanklag van moord en sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Gqeberha verskyn.

Naidu sê die motief vir die moord is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Annelize ·

Absoluut siek verby.

Arme kind was natuurlik ‘n bedreiging in die onvolwasse moordenaar se kop, vir haar verhouding met die kind se pa, en toe word sy van die gras af gemaak.

NOG ‘n kind wat met haar lewe moes boet, oor ‘n “grootmens” want nie weet hoe om te grootmens nie.

Sandra ·

Mens weet nie wat om daarop te se nie. Die feit dat die familie haar laat gaan het saam met die vrou om te ryloop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.