ʼn Werknemer van ʼn dagskool was Donderdagmiddag verstom toe sy vullis by ʼn ashoop noord van Pretoria uitgegooi en op ʼn baba van ongeveer ʼn maand oud tussen die vullis afgekom het.
Konst. Herman Moremi, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het die vullis by ʼn stortingsterrein by Mhlambe in Winterveldt gaan uitgooi toe sy ʼn kombers opgemerk het. “Sy het nadere ondersoek gedoen en gevind daar is ʼn baba in die kombers toegedraai. Die kind het steeds geleef, maar die vrou was bang dat die baba in haar arms gaan sterf en het haar dadelik na ʼn polisiestasie gehaas,” het Moremi gesê.
Volgens Moremi het polisiebeamptes die baba in ʼn warm vertrek gehou terwyl hulle gewag het vir die ambulans om op te daag. Moremi het nie oor die mediese toestand van die baba uitgebrei nie.
Dit is nie duidelik wanneer die baba op die vullisterrein agtergelaat is of wie die kind se ouers is nie. ʼn Saak van kinderverlating word ondersoek.
Ja nee, kinderverlating, kom ons stel alles in die lewe sagkens want ons wil nou nie die moordenaars se gevoelens seermaak nie. Dit laat my wonder hoeveel baba’s so weggegooi word en net nooit gevind word nie. Mag die baba fisies gou herstel, die emosionele letsels sal ongelukkig altyd daar wees.
Ek bedoel – babas. Ek word nog wakker ;-)
Ek raak kinderlik ongelukkig. Soveel vroue probeer swanger raak, wat so begeer om n kindjie van hul eie te he, en nie swanger kan raak nie, en dan gaan daar nie n week verby wat ons lees van vroue wat hulle baba’s weg gooi!!!!!!!!!!!!
Ek is een van daardie vrouens Liedie….wat so hoop en vertrou en glo en dit maak my bitter hartseer as ek dit lees. Ek kan nie eens dink om ‘n katjie op ‘n ashoop te los nie, wat nog te sê van ‘n mensie!!!! Dis verskriklik, besef net hier wat kon gebeur het. Nog ‘n hoop vullis kon gestort geraak het bo op daardie baba en dan sou die baba lewend begrawe word.
Ek is ook n mamma wat nog n kind begeer, my seun is al 15, maar ek kan nie, sukkel al vir 5 jaar lank, medikasie werk net nie :( Dit maak my hart baie seer as ek sulke stories hoor, gelukkig het hulle die babatjie lewend gevind
Ek is ook een van daai vrouens wat graag ook n baba wil he , maar na 10 jaar van sukel het ek maar vrede gemaak daar mee en om die te lees is ni lekker ni dit maak soooooo seer Maar is bly die baba is gevind
Ja nee GM, wonder dieselfde kinderverlating. Belaglik man.
Wanneer word daar n voorbeeld van sulke tiepe mense gemaak!
Wat se tipe ding(want dit is nie n mens nie) gooi n baba soos n dier weg…….ek geen nie om wat jou omstandighede is nie….niks maar niks regverdig dit nie……
Ek het hierdie tipe gedrag al by diere waargeneem.
@Johan, nie eers ‘n dier gooi sy babas weg nie, dis die “mens” wat dit doen
Dis Suid-Afrika. Babas word weggegooi op ashope of in putlatrines gewerp soos mens nie eers met oortollige hondjies maak nie. Soms is hulle darem reeds dood voor dit gebeur. Pa’s gooi hul eie kinders van dakke af. Babas, kleuters, vroue, oumense, swaksinniges of enige weerlose word verkrag of staan ‘n goeie kans.
Ons nuwe president se gesig blink van dekades by die vleispotte van “wit bevoorregting” maar hy wil ons onteien wie se koloniale uitvindsels hom die vrugte van voorspoed laat smaak het.
Koos jy het dit so goed gestel!
‘n Lewe in hierdie land is absoluut niks werd nie! Hulle neem net so maklik n lewe as wat hulle nog een skep… Ongelukkig het ons almal presies dieselfde stemreg! Hoe hartseer.
Hulle kan geen verantwoordelikheid vir hulle pernaauwery aanvaar nie en as die kind gebore word word hy soos n vrot pampoen weggegooi. Lewend of dood.