Vrou vir liggaamsdele vermoor: Beloning aangebied

Argieffoto

Argieffoto

Die Limpopo-polisie het Woensdag ʼn beloning van R200 000 uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle vervolging kan lei van die persoon of persone wat glo ʼn 62-jarige vrou vir haar liggaamsdele vermoor het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Mapula Margaret, die slagoffer, is op 29 Januarie vir die laaste keer lewend gesien toe sy haar huis in Seshego in Polokwane omstreeks 05:00 verlaat het om haar identiteitskaart by die plaaslike kantoor van die departement van binnelandse sake te gaan afhaal.

“Sy het nooit teruggekeer na haar huis nie. Haar liggaam is die volgende dag by die Seshegodam gevind. Haar liggaam was in die middel deurgesny, met haar bolyf van haar onderlyf geskei. Verskeie van haar liggaamsdele was verwyder,” het Otto gesê.

Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul moordondersoek kan bystaan. Mense met inligting kan lt.kol. Ramogobedi by @ 082 499 8389 of konst. Gafane by 082 759 4905. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Coen Hattingh ·

Ai, dis hierdie soortgebeure wat my met afgryse vul en die vraag laat vra: “Wanneer gaan hierdie dinge ophou?” Dankie Maroela Nuus ek waardeer die wyse van julle beriggewing. Akkuraat en op die punt af!

Drieks ·

Is die teroriste groep Issis dalk al jare werk saam in Afrika dat ons hierdie wreedheid nog steeds het met elke moord wat deur sekere kultuur groepe gedoen word.

hercules ·

tipiese okkultiese mutti moord – sapd kan by naaste toordokter / songoma familielid begin met ondersoek!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.