Vrou vlug met kinders na bewerings van mishandeling

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kaapstadse vrou is op die vlug met haar drie kinders nadat bewerings aan die lig gekom het die kinders word glo seksueel aangerand.

Die Kaapstadse eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings is tans op soek na die ma en haar kinders van onderskeidelik ses, agt en 11 jaar oud.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die ondersoek na die gesin het begin toe die kindersbeskermingseenheid bewus gemaak is van seksuele misdade teen die drie kinders by ʼn bekende gastehuis in Kaapstad.

“Die kinders is deur maatskaplike werkers vir ʼn mediese ondersoek geneem. Mediese verslae het later aangedui dat moontlike tekens van seksuele mishandeling by al drie kinders gevind is. Die uitslag van die mediese ondersoek is aan die ma bekendgemaak en sy het sedertdien met die kinders verdwyn,” het Van Wyk gesê.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die ma op 18 Desember met haar kinders na Durban gereis het. Volgens Van Wyk word verskeie aanklagte met betrekking tot die Kinderwet ondersoek.

Maroela Media weerhou die ma se naam om die identiteit van die kinders te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Yolande ·

Eerlik: As ek moet uitvind my man mors met my kind sal die hel na n gawe plek lyk vir hom en ek sal ook nes die vrou na die uithoeke van die aarde gaan om my kind te beskerm. Maan toe as ek moet.

magdas ·

Ek hoop hulle kry haar baie gou. Ek oordeel nie ma hoekom sal sy weg hardloop as hulle haar wou help. Ek hoop ons word op hoogte gehou. en wys haar foto.

E.K. ·

Die EERSTE keer wat dit met een van my kinders sou gebeur het, het ek padgegee. Daar is ALTYD hulp/skuilings. Moenie wag nie – DOEN! Ek hoop elke vrou lees hier.

Elbie ·

Ek hoop nie die vrou is soos een van vele ma’s wat ‘anderpad’ kyk nie, want hoekom vlug, hoekom nie dadelik hulp kry nie? Dis geweldig ontstellend om te moet lees hoe onskuldige kinders so uitgebuit word. Hoe siek is party mense nie, dis om van naar te word!

Dee ·

Ek hoop nie daar was ‘n pa wat soos vele pa’s bloot anderpad gekyk het, nie.

Nic Grobler ·

Ek sien niks in die berig wat laat blyk dat dit nie die ma is wat vir die misdade gesoek word nie.

Voorlaaier ·

Dit is die ma wat die misdade gepleeg het. Lees News24

Frans ·

Die vrou word gesoek deur die polisie na klagtes van beweerde seksuele misbruik van kinders teen haar gelê is

Lorna ·

By n gastehuis Iets vertel my die Ma word gesoek en nie die Pa nie Het sy hul Dalk uitverhuur Daar is baie siek ouers daar buite en in daai geval sal ek sê plaas n foto van die Ma want daai kids is in Groot gevaar

Gerhardt ·

Ek glo regtig dat die reg om kinders te hê dalk eendag onderworpe aan toetse soortgelyk aan die aannemingsproses gaan wees. Ek is bitter jammer vir kinders wat so weerloos is.

Shere*** ·

Moenie altyd eerste vinger wys na die man toe nie! Waarvoor vlug sy dan!

Chris ·

Die kommentaar op die berig is meer interessant as die nikseggende berig.

Ina potgieter ·

Daar word so vinnig die vinger na of die ma of die pa gewys.Gee die gereg die kans om sy gang te gaan.Die warheid sal wel uitkom nadat die ma opgespoor is en die saak in die hof voorkom.

CHRISTA ·

Vir sulke misdade glo ek ons Bybelse straf – STENIGING – moet teruggebring word!! Wanneer misdadigers SIEN wat met hulle sal gebeur, sal hulle in hulle spore omdraai!!!

Nics ·

Uit die berig self is dit nie duidelik wie die skuldige is nie – sekerlik kan jul beter doen Maroela. As ek die man geken het dit die laaste keer wees wat hy dit doen; as die vroud ie skuldige is sou dit deielfde wees. Mense hou op om mense heir aan te val dis NIE duidleik uit dfie berig wie skuldig is en almal lees nie News24 nie. So as mense aanneem die man is skuldig en dis hoekom die vrou vlug, in plaas van om sarkasties te wees, vertel net dan die feite. Dankie Shannon en Dee vir jul “bydrae” – my vorige sin is op julle gemik (dink jul is in elkgeval een en dieselfde persoon)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.