Vrou voor familie doodgeskiet

Amanda Vermeulen. Foto: Verskaf

Amanda Vermeulen. Foto: Verskaf

Amanda Vermeulen, wat vir jare lank as ʼn ontvangsdame by ʼn dokterspraktyk in Lichtenburg in Noordwes gewerk het, is Sondagaand tydens ʼn huisbraak voor haar man, skoonsuster en swaer doodgeskiet.

Melissa van den Berg (28), Amanda se stiefdogter, het Maandag aan Maroela Media gesê Vermeulen en haar pa, Kobie, woon al nagenoeg 15 jaar in Lichtenburg.

“My pa se suster en haar man, Gawie en Retha Botha, het uit Nelspruit vir hulle kom kuier en het die naweek daar oorgeslaap,” het Melissa gesê.

Sy sê twee mans het omstreeks 19:40 haar pa en ander familielede in hul huis in 14de Laan oorval.

“My pa sê alles het so vinnig gebeur. Die mans het kepse gedra en een van hulle het ʼn vuurwapen gehad. Die man met die vuurwapen het in die huis in gehardloop en op my pa geskiet, maar gemis. Een van die koeëls, of ʼn stuk skrapnel, het my oom in sy toon getref,” het sy gesê.

Terwyl die gewapende man in die huis ingestorm het, het die ander man die twee vroue met ʼn besemstok aangehou en gekeer dat hulle vlug.

“Die man met die vuurwapen het ʼn selfoon gegryp en weer uit die huis uit gehardloop terwyl hy wild en wakker begin skiet het.”

Amanda is tydens die skietery noodlottig in die bors gewond. Sy is op die toneel dood. Retha is ook in haar bors, en arm geskiet. Kobie het hulp ontbied en die polisie gebel.

ʼn Plaaslike dokter het Retha behandel, waarna sy in ʼn kritieke toestand na die Life Anncron-kliniek in Klerksdorp oorgeplaas is. Retha was Maandagmiddag in ʼn stabiele toestand.

Amanda het die afgelope 14 jaar as ontvangsdame by dr. Gerrie van den Berg se spreekkamers gewerk. Dr. Van den Berg het aan Maroela Media gesê Amanda was ʼn dierbare en liefdevolle mens.

“Sy was ʼn groot Christen en baie lief vir mense. Sy sou regtig uit haar pad uit gaan vir haar medemens en die pasiënte het net met lof van haar gepraat,” het hy gesê. Hy sê dit is ‘n groot skok vir almal in die dorp.

Sers. Kealeboga Molale, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

  • Amanda se roudiens vind Woensdag om 11:00 by die NG Kerk (Klipkerk) plaas. Almal is welkom om die diens by te woon.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

willie ·

Ek wil kommentaar lewer maar miskien sal dit beter wees as ek hou by die volgende naamlik: Kobie en Melisa en die ander lede van die gesin, mag God julle omvou en beskerm, mag Sy liefde die haat wat in my opvlam blus, mag God ons help om te bly vergewe. Mag Retha deur Sy groot genade spoedig en volkome herstel. Mag almal van julle die krag ervaar om uit hierdie greep van seer en pyn heelhuids te ontsnap
Hoe swaar ookal, hoe moeilik ookal, ek glo eendag sal ons beter verstaan as nou.

"Huh!" ·

Vergewe Willie? Vir wie? Dink jy om te vergewe gaan die toestand in die land verander? Dink jy om te vergewe gaan ‘n end maak aan die barbaarse optredes? Ek kan nie saamstem nie.

Nadia ·

Vergifnis sal moeilik wees. In ons land moet die dood straf terug. Moordenaars moet stadig vir lank grmartel word tot hul vrek! Die soort ding sal nooit einde kry nie want die regering is te pateties om enige iets daaraan te doen. Hul worry net oor meer en meer wat hul wil he!!! Alle kriminele moet vrek!

willie ·

My vriend/vriendin, watter gesag anders as juis die gesag van God kan omstandighede in ons land herstel ? Hy leer ons om te vergewe en dan sal ons ons oortredinge vergewe word.
Die totale bestel in ons land is verrot, elke dag word mens net verder ontnugter deur persberigte en ander vorme van die nuusmedia.Waarheen anders kan ons gaan, SAPD ? ANC ? DA ?, Mal ema en sy vennote ? U sien selfs ‘n onskuldige verandering van velkleur land by die oppergesag vir ondersoek omdat die 2 dames blank is.Wil u geweer opneem en begin skiet ? Met wie se ondersteuning ? Die blankes s’n ? Ag sies tog, jy kan nie met jellie babies oorlog toe gaan nie.

Oubasie ·

Dis van al die vergewe wat dit reeds gaan soos dit gaan. Die moordenaars kom letterlik weg met moord. Ek skaar my by jou stelling. Laat diegene wat so gedienstig en bereid is om dadelik te vergewe dit aan eie bloed voel, dan word daar dalk baie vinnig ‘n ander deuntjie gesing.

Alex ·

Ek stem met jou saam, daar is nou genoeg vergewe…..gaan vergewe al ons geliefdes terug bring?

Loretta ·

Verfgifnis se nie dat die barbaarse optrede reg is nie, dit maak ons gebroke en seer harte weer heel om aan te gaan met die lewe en ons verhouding met die Here bly behoue. HERE VERGEWE MY SONDES SOOS EK MY SKULDENAARS VERGEWE ASB. As jy nie vergewe nie stel jy jou verhouding met die Here ingevaar want as God nie jou sondes vergewe nie is die ewige hel jou voorland as jy sterf…om te vergewe is nie ‘n opsie vir ‘n kind van God nie…dis ‘n moet, 70 x 7 as dit moet!

"Huh!" ·

Ek stem heelhartig met jou saam dat ons Vader alleen ons kan red uit die gemors, maar ek verskil van jou stelling van wanneer ons hierdie uitkoms kan verwag. Ons Vader sê ons moet terugkeer na Sy insettinge en gebooie, dan sal Hy ons verlos. Hierdie aanvalle en verdrukking is die strafgerig waaronder die volk tans gebukkend gaan. Jy kan hulle vergewe tot jy blou is, dit gaan jou niks help nie. Jou predikant het die Waarheid van jou weggehou. Miskien is dit omdat hy ook maar blind is.

Nee, ek het geensins skiet voorgestel nie. In teendeel, alles behalwe.

Skepties ·

Ek stem saam bring die doodstraf terug. Hoekom is hul grondwetlike reg op lewe belangriker as die persoon wat hulle gedood het. Kriminele en moordenaars het meer regte as die wets gehoorsame burgers

juliana Homan ·

Sooo jammer,vir die familie,Mag God julle styf vashou in die tyd.Baie sterkte.Ons almal bid vir julle,vir krag

Johann Roux ·

Kan daar bemoedigende woorde gespreek word vir ‘n diep bedroefde familie?
Al wat gese kan word, is dat julle, die familie nooit alleen gelaat sal word, om hierdie uiters moeilike pad na geestelike herstel op jul eie krag hoef te loop nie.

Julle is in ons gebede.

Vader, spreek U en hou die naasbestaandes, familie en vriende van Amanda styf vas asseblief.

Amen.

Mara Van Staden ·

Na aanleiding van die sensuur op die advertensie .. belaglik.! Pleks hulle sensureer die geweld
wat sommer soos peanutbutter en stroop toebroobjies aan ons opgedis word. Die Godslaster in
meeste van die programme… ( The Leftovers waar hulle op die Jesuspop piepie ens… walglik)
en die vloekery op elke liewe kanaal… dis ‘n wonder die diertjies op Animal planet vloek nog nie… en wat my bekommerd maak is dat ons ouers saam met ons kinders hierdie peanutbotter en stroop kyk!

Vir hulle is dit dus aanvaarbaar dat vrouens en mans mekaar slaan dat die tande waai, dat die “good guys” tien skote op ‘n rower skiet nadat hy reeds dood is en omgekeerd. Dat ouers vir hulle kinders verskoning vra en hulself voordoen dat hulle, die ouers, slegte ouers is omdat hulle nie vir die kinders kan gee wat hulle “verdien” nie.. en so kan ek aangaan. En ja.. my brief sal gelees word.. en daar sal dit bly .. Mag die ware God by ons wees die dag as dit te laat is.

Henk du Plooy ·

My hart gaan uit na die naasbestaandes, ons is hartseer saam met julle. Mag die Heilige Gees julle vertroos en dra in die tyd. GOD Seen van ons Lichtenburgers.

Arno ·

My suster-hulle was 7 jaar terug net ‘n paar strate af aangeval. Hulle het ongedeerd daarvan afgekom. Maar hier gebeur dit weer. Wat gaan aan in hierdie land? Ek sal wragtig my tassies pak en loop. Sterkte aan die familie.

edna ·

Reg en geregtig moet geskied. Amanda ons gaan jou baie mis. Baie sterkte aan die familie. Dit was so onnodig, hoekom is al wat ek kan vrae, hoekom?????
En wat gaan ons regering hieraan doen

Lenie Botes ·

Dit was nou n skok om te lees! Ek is n oud Lichtenburger, en het Amanda se vriendelikheid maar dog proffesionaliteit altyd waardeer as ontvangsdame tydens doktersbesoeke! Ek is opreg jammer vir die traumatiese tyd waardeur die familie nou gaan, dra jul op aan ons Hemelse Vader vir troos.

Helene Uys ·

Dis so bitter jammer vir al die seer wat julle getref het. In Nov 1998 is my man ook geskiet in ñ rooftog by my werk. Hy was net gewond, maar dit was traumaties. Ek was baie kwaad vir God want dit het my hele lewe verander so dat ek amper my eie lewe wou neem. Moet nie kwaad wees vir God nie. Julle sal deur Hom vasgehou word en Hy sal julle deur al hierdie dae en maande se seer dra. Julle sal nie nou verstaan nie, maar onse God hou ons vas met ñ liefde wat net ons kan verstaan as ons God in ons hart dra. Ek bid dat julle God in julle harte sal vashou. Amen

Petro Greyling ·

Was baie geskok gewees toe ek van die hartseer tyding hoor. Haar vriendelikke gesiggie en glimlag sal baie gemis word. Sterkte aan die familie in hierdie hartseer tyd.

GIdeon de Beer en gesin ·

Manda jy of jou gesin verdien dit nie,jy wat altyd net wou help,Ons harte is seer, mag jou naasbestaandes omvou en beskerm word in die liefde van ons hemelse Vader.

Joey Coetzer ·

Sterkte aan die familie. Die skok en hartseer moet onuithoudbaar wees, Amanda was ‘n lieflike mens ons gaan haar oneindig mis, haar deernis en begrip het van haar christenskap getuig.

Anita van Niekerk ·

Innige Meegevoel aan die Vermeulen Gesin en mag die ander Vrou vinnig herstel. Al die Misdaad in ons Land so Onnodig en Hartseer. Ons weet nooit wie is Volgende

Be ·

“ENGEL”Dis hoe ek haar onthou vir altyd
Die laaste keer wat ek haar gesien het, het sy ons met my susters se 2 jarige seuntjie gehelp o. Sy lewetjie te red, swael in te gee. Nadat hy besluit het pilletjies is lekkerder as sweeties..Sy self was ‘n lewensredder…hartseer dat ons haar nie kon red.. RIV Amandaq jy sal gemis word.

Maria Pottas ·

Ons innige meegevoel aan die familie Amanda was ‘n liewe mens Na soveel jare, gaan ons haar baie mis Julle is in ons gebede

Mariette du Preez ·

Hoe vergewe mens sulke gevoellose “diere”!!! Hoe kan jy hulle as jou naaste wil sien en dan nog moet “lief he” . Hulle het nie daaraan gedink toe hulle ons geliefde Amanda koeëlbloedig doodgeskiet het!!!! Sy was n persoon wat nie eens n flieg sou skade doen….sy wou net altyd almal help. Ons gaan jou oneindig baie mis!!!

Mariane ·

Hoe lank gaan hierdie moorde en misdaad aangaan??????? Net nooit word die skuldiges gevang nie!!!!!!! Dis sinneloos, n vrou in die fleur van haar jare, mooi en het haar christenskap uitgeleef……..hoekom…….hoekom??? Amanda ons harte is seer en ons gaan jou baie mis!!!!!!! Kobie en agterblywende familie, ons bid dat God jul sal dra en vertroos op hierdie ontsettende moeilike pad wat voorle.

Ian de Villiers ·

Daar is ongelukkig geen slim woorde om vir mense in julle omstandighede te sê nie, maar weet dat daar baie mense is wat vir julle bid.
Ek bid enersyds vir julle as familie – dat ons Hemelse Vader julle mag verstroos, want ek sal Amanda se vriendelike gesig by die praktyk ook ban nou af elke keer mis wanneer ek daar in stap.
Maar ek SMEEK God om hierdie VERVLOEKTE MOORDENAARS te TREF met die wraak van die LEWENDE God.

En CHRISTENVOLK (INKLUSIEF), kom ons laat STAAN ons sondes en die leuens en die politieke “helde” waarop ons ons hoop vestig en keer terug na die God van Jesaja 60 – 64 en dieselfde God wat vir Hiskia 185,000 van die vyand verdelg en Josia die vyf konings mekaar laat uitwis – ‘n totale oormag.
Dien jy en jou huis ook die Here? Leer jy jou kinders om stiltetyd te hou en hulle heil en krag by God te soek? Jy sal jou kind geen groter guns bewys nie.

En bid dan saam met ons vir God se verlossing van hulle wat Hom haat – want hulle werke wys dit…

Mariaan Booysen ·

Baie sterkte aan die vermeulen gesin. Amanda was n pragtige mens met n hart van goud. Haar vriendelikheid, hulp, omgee vir haar medemens het haar spesiaal gemaak. Gaan jou baie mis…..

Hendrien van zyl ·

Dit is wreed! Hoekom moet mense sterf as jy wil steel? Wanneer gaan dit stop ?? Hoe kan ek vergeef as my geliefdes op so wrede manier van my weg geskeur word. Hoe kan ek vir ander bid as hul nooit verander nie? Of sal ek vra , nie wil verander nie. Hou op, asb hou op!!!!!!!!!!! Ons word moeg vir hierdie stil oorlog!

Ansie ·

Aan die familie wens ek sterkte toe. Mag God julle die krag en bystand gee in die hartseer tyd. Innige meegevoel.

Francis ·

Sterkte aan die gesin. Hul is net uit om ons wittes te temoor. En aan wie het ons dit te danke! Kan doodstraf nie maar weer terugkom nie.

Marley ·

‘n Boodskap van medelye sou gepas wees. Ateiste blyk baie ongevoelig te wees.

Theresa ·

En die sinnelose moorde duur voort. Die wetteloosheid word net meer en meer. Waar gaan alles eindig? Ek hoop die liewe Vader gryp gou in want in hierdie land word niks gedoen nie. Daar is nie eers ‘n eerlike mens in die parlement nie. Almal lieg en bedrieg. Die belangrikste sake van die land word op sy geskuif.
Baie sterkte aan die familie met julle groot verlies. Ek weet dis leë woorde. Mens weet nie meer wat om te sê of wat om te doen nie.

natasha ·

Sterkte aan die famielie in die swaar tyd ons gebede is met julle

ladida ·

verdrukking sal erger word, moorde sal vermeerder, verraaiers sal oorheers… ons is nie meer in bewind nie. Al die leuns oor wat apartheid kammastag aan hulle gedoen het en volgens hulle nog steeds doen, sal hulle nou x10 keer erger terug doen aan ons… ons sal soos varke van ons gronde en huise verjaag en uit gemoor word. ons sal valslik beskuldig word en daarvoor skulkdig bevind word. ons sal uit ons dorpe; skole; vakansie plekke; huise ens. verjaag word soos sleg honde… bloedrivier is wat voorle…. die vraag is gaan ons saam staan of gaan ons gaan le en vertrap word?

Magda ·

Mense iet sal gedoen moet word aan die feit dat ons wit mense so uitgemoor word!!!! Dit kan enige tyd met jou gebeur…. In die land is ons net nie meer veilig nie….. Wat gaan van ons kinders word? n Pragtige land met n groot donker swart skaduwee wat nie gou weer die son gaan sien nie!!!! Waarna toe dan? Oorsee? Nee dit help ook nie ons almal vlug land uit nie. die probleem bly staan.

BRING TERUG die doodstraf Suid Afrika!!!! Maar dit sal ook nie gebeur nie, want niemand kan eers die moordenaars opspoor of vang nie

Bernard ·

Ek dink nie “hulle” (die Polisie & Regering & kwansuise wetstoepassers) “wil” hulle vang of opspoor nie!!!!!! En as hulle wel gevang word – dan is die straf absoluut lagwekkend!!!!

Die Straf vir wetteloosheid en wreedheid moet ooreenstem met die oortreding wat begaan/gepleeg is.
As jy steel – moet wat jy het ook van jou weggeneem word.
As jy moor – moet jy jou lewe verloor (op dieselfde manier en met dieselfde hoeveelheid wreedheid as waarmee jy vermoor het), ens ens ens…

Ek dink die regering is kop-in-een-mus met hierdie stelselmatige “uitwissing” van blankes in Suid Afrika en die wêreld is te gevrek om dit raak te sien!!!

Almal hoes en proes oor wat in die midde ooste gebeur waar Israel hulle self verdedig teen sinnelose vuurpyl aanvalle deur fanatieke moslem terroriste … maar niemand sê ENIGIETS oor die sinnelose moorde en verkragtings en (soos ek gesê het) stelselmatige “uitwissing” van die blankes van Suid Afrika nie!!!

Essie cronje ·

Net een woord want ek het nie meer te se nie AFGRYSLIK en dit moet STOP.DADELIK EN MENSE WEES VERSIGTIG

Chris ·

Dis goed soos hierdie wat die haat in my opstoot. Dag na dag moet ons lees hoe mense vermoor word vir absoluut NIKS. Mense se lewens word niks meer ge-ag as ‘n wurm wat jy op die grond vertrap nie. In ons lokale koerante lees van allerhande opgewonde gebeurtenisse op die voorblad, maar die moorde en rowe haal miskien die laaste 2 of 3-bladsye, indien dit die koerant haal.

Mense moet begin wakker word. Elke dag wat jy jou oë oopmaak, trotseer jy die Amazone daar buite. Ons strate en publieke plekke is vuil van moordenaars, diewe, diere van mense wat geen waarde heg aan enige lewe nie. Elke liewe persoon daar buite, wit of swart, (en ons weet wat bewys die statistiek) is ‘n potensiële verdagte.

Die feit dat jy agter jou geslote deure, elektriese heining en sekuriteits “estate” sit, is a valse gevoel van veiligheid, want een of ander tyd moet jy jou neus by die deur uitsteek…

Dit slegte nuus is, dat dit nie gaan beter word nie. Inteendeel, dit word net erger. Die polisie kommesaris wil vir jou en my die idee gee dat misdaad elke jaar al hoe beter gekamp word, maar die feit dat baie insidente nie eers meer geraporteer word nie, word glad nie eers in ag geneem nie.

Alles hierdie is tekens van die eindtyd wat ons nader bekruip. Ek ervaar gemengde gevoelens oor wat ek in die land en in die wêreld sien aangaan. Mens borrel van woede en haat as mens hierdie goed sien en lees, maar terselfde tyd is daar ‘n vlam van hoop wat binne my opskiet oor ons Vader se belofte dat Hy weer terugkom om eens en vir altyd met hierdie goed af te reken en ‘n nuwe wêreld vir ons te vorm, en Hyself sal dan by ons kom bly.

Intussen, die enigste oplossing wat ek betoog is om groener weivelde te gaan soek om my mede-Suid Afrikaner te ontmoet langs die “Gold Coast” of waar ookal. Geweld is orals ja, maar as jy in die land woon waar dit buiten vir lande soos Mexico se dwelm oorloë, die ergste gelys is TER WERELD vir geweldadige misdaad, moet jy ook jou eie verstand toe pas wat die liewe Vader jou gegee het. As jy in die bevoorregte posisie is om iets daar aan te kan doen….DOEN DIT!!!

Ek vir een, weier om my kinders in hierdie land groot te maak, waar daar ‘n baie goeie kans is dat hulle of gemoor, of verkrag of geskiet of ontvoer of besteel word.

Mag God sy genade nogsteeds laat deurskyn in hierdie laaste dae…

pet ·

Hier in kuruman word daar amper maandeliks iemand geskiet of geroof in hul huis of werkplek. Ek is stomgeslaan. Geen woorde meer. Moeilik om ni te dink hul is diere. Hul gedra hulle so. In elke opsig. Barbare. Onkundig en lewe op instink. Ek het al baie hulle as mense probeer ag en respekteer maar ek sukkel om die mens raak te sien soos wat hulle aangaan. Het geen respek vir ander mens of dier of die natuur nie.

liena kamfer ·

My innige simpatie aan Amanda se gesin en familie. Dit is so ‘n sinnelose en aaklige daad! Mag geregtigheid geskied. Sy was ‘n pragtige sonstraal mens en altyd vriendelik, hulpvaardig en sy het almal met liefde gedien en versorg. Mag die Here haar gelefdes styf vashou en vertroos…

Steven ·

Ons voorvaders was ook gods vreesend maar hulle het wapen opgevat. Hulle het die Britse, die Zulus ensovoort aangevat. Nee wat moenie agter die Here staan en wegkruip nie. God gaan nie help hier nie !!!!!

Nina ·

Innige simpatie aan die geliefdes, familie, vriende en kennisse.

Ria Esterhuizen ·

Sterkte aan die familie..dit bly maar hartseer en erg.

Plaasjapie ·

Ek wil nou bietjie iets na die aanvallers toe gooi….. Mag daardie moordenaar in die hel vrot en herhaaldelik in die hel “ervaar” hoe elkeen van sy eie familielede doodgemaak word. Mag daardie ou ook fisiese pyn ervaar wat ‘n duisend nierstene na ‘n vulletjie sal laat klink…..vir ewig.

Marieta Compion ·

Gawie is my broer en Retha my skoonsuster.Kobie weer haar broer en wyle Amanda haar skoonsuster.Wat kan ek sê…..verstom en verslae!!!!Barbaars is nie ‘n woord om sulke “mense” te beskryf nie.Kobie baie Sterkte vir jou en jou gesin,Ons dien ‘n God van Wonders wat julle nooit sal vergeet Of alleen laat ni.Gawie en Retha alle voorspoed op julle herstelpad~God is in beheer bly hoopvol en vertrou.*

albert basson ·

ek is uiters geskok oor hierdie lafhartige daad, het julle maar kans gehad om ook n skoot af tetrek glo ek sou die uitkoms baie anders gewees het!!!

fred kolbe ·

Lafards, skiet ongewapende vrouens, mans in hulle bedens sonder dat hulle bedreig word.Voorsrel wat gedoem kan word? Op die oomblik is ons soos n “sitting duck”.

D.D Rosslee ·

Mense mense dink julle vir een oomblik die volk se geloof is sterk genoeg om te wil vergewe en Sondae met vrome gesigte in die Kerk te staan maar die res van die week is ons juis die selfde mense wat oordeel en vervloek, die dag wat die Afrikaner volk gaan wil saamstaan is die dag wat die materiële van ons weggeneem gaan word en dan gaan ons wil veg in SY Naam dit klink miskien soos ‘n vee verhaal maar huidiglik is wit besig om wit in die werksplek te vervolg en te vertrap want alle hoë bestuursposte behoort aan ruggraat lose witmens wat sy eie belange bo die van sy mede wit werkers plaas want solank hy op pensioen kan gaan met ‘n helse som geld basta met die res. Ons kan een les leer by ons mede landsburgers as daar saam gestaan word kan o s hulle niks leer nie. Die regering lag ons af weet ons is lankal nie meer ‘n bedreiging nie want selfs hulle weet die Afrikaner nasie kon op net een gedeelte van ons geskiedenis saam staan en dit was op die skepe St. Helena toe want daar was nie genoeg sitplek nie. Wens dit was anders maar sien dit daagliks gebeur.

René ·

So jammer …. baie sterkte aan die familie … weet iemand hoe dit met Retha gaan?

Pieter ·

Hallo julle.Julle ken my nie,maar ek is jammer om van jul verlies te hoor op so n manier.Ek wil net se wees sterk en vra vir God vir die krag om dit deur te kom.In hom moet ons glo want dit is hy wat ons sal beskerm en vir ons die krag en vermoe sal gee om die boose te verslaan en uit te wis!!

sanet du toit ·

Woorde is min…
Sy was so n wonderlike pragtige mens. Altyd omgegee, altyd bemoedig en altyd ondersteun. Sy het werklik meer as uit haar pad gegaan om n mens beter te laat voel. En wanneer dr Gerrie gou ‘n gebedjie daar in die spreek kamer gebid het, het sy altyd my hand so styf vas gehou. En daardie skelm glimlag as my seun alweer moes steke kry. Ons gaan haar onthou v wie en wat sy was. En ek hoop dat sy vir almal wat haar geken het ‘n bron van inspirasie sal wees in die toekoms. Ons gaan haar so baie mis. Sy is net onvervangbaar. Mag God julle deur hierdie moeilike dra en mooi gedagtes die seer beter maak.

olienboom ·

Piet Retief en sy mede volk het n verbond met Die Here aangegaan in hul tyd van nood teen n oormag van mense wie hulle skade wou berokken, dit is tyd vir die blanke afrikaner volk om n verbond met Die Here aantegaan rakend die huidige dreigement op ons volk, dan sal dit weer goed gaan met die blanke afrikaners onder Sy Berskermende hand.

"Huh!" ·

Nee Olienboom. Ons betaal dan nie eens ons ander geloftes nie. Nog ‘n gelofte gaan ons net dieper in ‘n toestand druk.

Kobie van Niekerik ·

Amanda se plekkie gaan leeg wees en haar vriendelike gesiggie sal ons altyd bybly. Syt my moeder
so bygestaan toe sy moes suurstof kry elke dag v.d. week. Het vir ouma aan die arm ingehelp na die
vertrek toe. Ons sal haar baie mis.

Erika ·

Dis hoekom ek so dankbaar is dat ek en my gesin al 18 terug van Koster af geimmigreer het Australie toe… Nie hemel op aarde nie, maar ten minste het ons nog hier respek vir lewe en dood!! Baie sterkte!!

Esme Borruso ·

Moord is di nuwe sport in Suid Afrika!!! Geregtigheid sal geskied.Sterkte aan di familie wat moet agterbly en deur al di smarte en hoekoms en waaroms moet wroeg.Weet hoe dit voel om n geliefde aan di dood af te staan.God sal vertroos.

Emsie Dundee ·

Ek voel baie jammer vir die gesin wat dit moes aanskou,dit moet vreeslik wees maar daar is n trooster SY naam is JESUS,HY sal die krag gee sterkte…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.