Vrou voor kinders doodgeskiet

(Argieffoto: Kent Williamson)

’n Vrou is Woensdag oënskynlik koelbloedig voor haar kinders in haar motor in Heidelberg in Gauteng doodgeskiet.

“Hulle het absoluut vir haar gemik,” sê Elzona Meyer, paramedikus van Heidelberg Volunteer Medics, wat kort ná die voorval na die toneel ontbied is.

Meyer is teen 12:53 na die moordtoneel in AG Visserstraat in Rensburg waar die vrou dood in haar motor aangetref is. Haar twee jong kinders was ongedeerd en het aanvanklik huilend op die toneel gestaan totdat weldoeners hulle weggelei het.

Twee mans in ’n motor het vermoedelik minute tevore verby die slagoffer se motor gejaag, voor die vrou ingery en haar pad versper.

Die verdagte of verdagtes het uit die motor gespring en agt skote op die vrou se motor afgevuur voordat hulle gevlug het. Dié skote het die voorruit en deur aan die bestuurderskant van die motor getref.

Die vrou is op die toneel dood verklaar.

Die toepaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media het Donderdag ’n navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Goeie hel wat gaan aan met die mense? Ons is absoluut nêrens veilig nie en dit maak vir my kwaad verby om die minste te sê! Sitting ducks mense ons almal nee so kan dit nie aangaan nie maggies man

Alta Alleman ·

Suid Afrika het nou in die wilde weste verander. Nêrens is ons meer veilig nie.

Einstein ·

Dis erger as die “wilde weste”. Hierdie is algehele anargie

gehasie ·

ANC het of beheer verloor of stel eenvoudig nie belang om wet en orde te handhaaf nie. Dit ANC beleid in vele opsigte laat veel te wense na.

Maggies ·

Ek stem saam. Nêrens is mens meer veilig nie. Nie op jou stoep nie. Nie in jou slaapkamer nie. Nie eens wanneer jy met jou kinders ry nie. Dit raak nou té erg.

Sarel ·

” Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand”
Nog ‘n familie of gesinsmoord?

Termiet ·

Free for all in sa. “I don’t like you or what you do…. I kill you”. Geen wet en Orde nie.

Tanniepetoors ·

Nee! Watse siek wesens is hier tussen ons? Die arme kinders! My innige simpatie vir familie. Ek hoop van harte die kinders ontvang dadelik die nodige trauma berading en opvolg sielkundige hulp. Absoluut skokkend.

Regverdigheid ·

Waar gaan ons land heen MOORD, MOORD EN DIT VOOR HAAR KINDERS BRING DOODSTRAF TERUG !!!!!!!!!!

Swerkater ·

10 uit 10 mnr Cele!! Jy en jou kaders het ons land mooi verander sodat elke landsburger elke dag reg in eie hande neem want hulle weet daar gaan zero gevolge wees. Great work.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.