Vrou voor trok ingestoot

Argieffoto: ER24

ʼn Vrou, vermoedelik 23 jaar oud, is Dinsdagmiddag voor ʼn vragmotor ingestoot nadat sy glo beroof is.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 15:30 in Khandarlaan in Ladysmith in KwaZulu-Natal plaasgevind.

“Die vrou is vermoedelik deur iemand beroof, waarna sy voor die vragmotor ingestoot is en dit haar getref het,” het Siddall gesê. “Met paramedici se aankoms op die toneel is die vrou tussen ʼn groep mense aangetref wat haar vasgehou het.”

Die vrou is ondersoek en vir matige beserings op die toneel behandel. Sy is met ʼn ambulans na die Ladysmith- provinsiale hospitaal vir verdere behandeling.

Dit is nie dadelik bekend wat presies geroof is nie. Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa B ·

Dit is darem vreeslik. En alles is SO onnodig. Ek hoop die vrou herstel gou en die skuldige/s word vasgetrek en boet vir wat gedoen is. Dis poging tot moord.

Skandelik ·

Wetteloosheid in SA vier hoogty. Die President en die Ministers is glad nie bekommerd daaroor nie. Solank dit hulle nie raak nie, gee hulle nie ‘n duit om vir enige Suid Afrikaner wat beseer word, aangeval word of doodgemaak word nie. Dit is darem ‘n SWAK CV vir’n President en ‘n regerende party om te hê!! Skandelik. Hulle leef in weelde van ons belastinggeld maar het nie die vermoe of die wil om misdaad hok te slaan in SA nie.

Kannaland ·

Die skuldiges moet opgesoek en ten volle verantwoordelik gehou word vir hierdie onmenslike daad. Laat kriminele regte val!!!

Leahim ·

Dit sal die kriminele wees maar ons moet ook vra hoekom die polisie so versleg het dat die kriminele maak wat hulle wil

Van ·

Dan wonder ons hoekom ons nie die 2023 wereldbeker bod gewen het nie……….? # Crime MUST fall !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.